Sukkel jy met droë hande hierdie winter? Hier’s hulp!

Ons smeer getrou ons gesigroom aan, gebruik daagliks ons serums en spandeer ure aan ons velsorgroetine, maar waneer dit by ons hande kom, word hulle dikwels afgeskeep. Tog is dit juis ons hande wat elke dag aan koue lug, warm water, son en gereelde handewas blootgestel word.

Juis hierom dat baie van ons sukkel met droë hande, gehidreerde naelvliesies, en bros naels. Beslis een van ons grootste skoonheidsfrustrasies gedurende die wintermaande.

Ons deel graag ’n paar maklike wenke wat jou hande binne ’n paar dae weer soepelsag, gehidreerd en gesond kan laat lyk. Deur Justine Kroes

Hoekom sukkel ek met droë hande in die winter?

Die vel op ons hande is reeds dunner en meer elasties en dan word dit ook nog blootgestel aan wind en weer, skottelgoedwas en ander daaglikse aktiwiteite. Die kombinasie van koue lug en lae humiditeit tydens winter veroorsaak dat jou vel vinniger vog verloor en jou vel se sperfunksie beinvloed.  

Boonop is gereelde handewas en alkohol-gebaseerde ontsmettingsmiddels ook van die grootste oorsake van droë hande. Daarom is dit belangrik om nie net jou vel te hidreer nie maar ook jou vel se beskermende laag voortdurend te herstel.

Kies ’n handeroom met hardwerkende bestanddele

Nie alle handerome is dieselfde nie. Vir winter is ryker formules met bestanddele soos gliserien, seramides, squalane, ureum en hialuroonsuur uitstekende keuses. Hierdie bestanddele hidreer jou vel en versterk boonop die sperfunksie van jou vel.

Produk-idees:

Hou handeroom altyd naby

Hou jou ’n handeroom op plekke waar jy dit gereeld sal gebruik, langs jou bed, in jou handsak, by jou lessenaar en selfs in die motor. Dit maak dit makliker om te onthou, wanneer jy die handeroom sien, smeer dadelik aan.

Wenk: Wend handeroom aan terwyl jou hande nog effens klam is ná handewas. Dit help om hande op dieper lae van jou vel te hidreer.

Moenie van jou naelvliesies vergeet nie

Droë naelvliesies laat naels nie net onversorg lyk nie, dit kan ook lei tot seer skeurtjies en bros naels.

’n Naelvliesolie-olie voed die vel rondom die nael en help om vogvlakke te herstel. Masseer ’n druppel olie saans na bad of stort tyd in jou naelbed in.

Bestanddele soos jojoba, amandel en arganolie word maklik geabsorbeer en laat nie ’n vetterige gevoel of tekstuur na nie.

Psst…het jy geweet, gereelde massering op jou naelvliesies stimuleer bloedsirkulasie na die naelmatriks, wat gesonde naelgroei kan ondersteun.

Doen-dit-self nagmasker (vir jou hande!)

Smeer voor slaaptyd ’n dik laag handroom of ‘n ryk balsem aan jou hande en trek ’n paar sagte katoenhandskoene oor jou hande.

Hierdie eenvoudige behandeling help om die room oornag beter te laat intrek en keer dat dit aan jou beddegoed afvee.

Teen die volgende oggend voel jou hande merkbaar sagter.

Ja, jou hande het ook sonskerm nodig

Die meeste van ons onthou om sonskerm op ons gesig aan te smeer, maar vergeet heeltemal van ons hande.

Selfs gedurende die winter kan UVA en UVB-strale deur wolke en motorvensters sonskade rig. Hierdie strale veroorsaak onder andere pigmentasie, sonvlekke en vroegtydig vel veroudering en plooie.

As jy daagliks bestuur of baie tyd buite deurbring, maak dit ’n gewoonte om sonskerm sonskerm ook aan die agterkant van jou hande aan te wend. Jy kan natuurlik ook ’n handeroom kies wat ’n sonbeskermingsfaktor bevat.

Dis een van die maklikste maniere om hande langer jeugdig te laat lyk en ons wens ons het vroeer begin met daaglikse sonskerm op ons hande.

Hou jou naels sterk

Indien jou naels maklik breek, hou die lengte korter tydens wintermaande.  

As jy gereeld jel of akrielnaels dra, gee jou naels as en laat jou naels natuurlik, om vir jou naels ’n blaaskans te geen om te herstel.

Klein gewoontes, groot verskil

Soms is dit die klein veranderinge wat die grootste impak maak:

Gebruik eerder lou as baie warm water wanneer jy hande was.

Kies sagte, geurvrye seep indien jou vel sensitief is.

Dra handskoene wanneer jy skoonmaak of in die tuin werk.

Hou altyd ’n klein handeroom in jou handsak.

Smeer handeroom ná elke handewas aan. As jy geneig is om droër vel te hê, is dit ekstra belangrik om jou hande na elke was te bevogtig.

Gebruik ’n sagte handskrop (of chemiese afskilferaars) een keer per week om dooie velselle te verwyder voordat jy handeroom aanwend.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
25 Jaar van sagte afskilfering en glans
error: Content is protected !!