Minimalistiese mode; is dit vir my en hoe kry ek dit reg?

Het jy ook al na modebekendes gekyk en gedink ‘ek wens ek kan so eenvoudig, minimalisties en sjiek aantrek’? Ons het raad gevra oor die minimalisitese modestyl, wat dit is, hoe om dit aan te pak en reg te kry. Voorkomskonsultant wat self lief is vir minimalisties aantrek, Simone Lombard, maak ons touwys. Lees haar raad en wenke hier:

Deur Simone Lombard, saamgestel deur Justine Kroes

13/01/2023

Wat is minimalistiese mode?

Minimalistiese estetika is minimalistiese uitrustings wat meestal uit neutrale kleure, goeie gehalte materiaal en eenvoudige silhoeëtte bestaan.

 Hier is ’n paar minimalisitiese styl influencers:

Sara Crampton @harperandharley op Instagram
Savina @savinofficial op Instagram
Plaaslike modeblogger Kiara Kittner Koller @by_kiara op Instagram

Hoekom jy dit moet probeer:

1.  Dit vereenvoudig die aantrekproses. Omdat die meeste van jou kledingstukke by mekaar pas, maak dit jou keuses van uitrustings ongekompliseerd.

2.  Klere koop is vinniger en makliker. Jy sal presies weet waarna jy soek en waar om dit te kry.

3.  Minimalistiese uitrustings kan maklik van dag tot aand verander deur net ’n paar bykomstighede te verander. Bv. die regte paar denims kan bedags met tekkies gedra word en saans met netjiese skoene vervang word.

Hoekom dit dalk nie vir jou is nie:

1.  Jou natuurlike stylpersoonlikheid laat dit nie toe nie. Jy hou van uitspattige kleure, bont patrone, baie kleur en volume.

2.  Die neutrale kleure werk nie by jou unieke kleurkombinasies nie. Dit laat jou uitgewas en vaal lyk.

3.  Jy vind die gedagte daarvan vreeslik vervelig, soos om elke dag die selfde ‘uniform’ te dra.

10 wenke om die minimalistiese mode voorkoms reg te kry:

1. Kies ’n kapsule klerekas

’n Capsule wardrobe maak ’n minimalistiese styl makliker. Die items is gewoonlik neutraal in kleur en van ’n goeie gehalte. (Onthou die snit en hoe goed dié kledingstuk pas is baie belangrik.)

Meer oor ‘n kapsuleklerekas hier:

2. Wees geduldig.

Dit vat tyd en kan duur kos om jou klerekas na ʼn minimalistiese klerekas om te swaai, so wees gedudlig met die proses.

3. Trek monokromatiese uitrustings aan

Maar as dit nie vir jou werk nie, kan jy gebruik maak van kontrasterende (maar neutrale) kleure, bv. ’n eenvoudige wit hemp, gekombineer met ’n swart baadjie en bypassende broek.

4. Meng en pas teksture

In plaas daarvan om met kleure en patrone te speel, gebruik verskillende teksture om diepte en ‘n interessante gevoel by jou uitrustings te voeg.

5. Weet watter tipe minimalis is meer jy

Bepaal wat jou minimalistiese styl is, en hou daarby, hou jy van manlike uitrustings, is jy klassiek of romanties wat graag rokke dra. Loer op Pinterest en “save” al die minimalistiese uitrustings wat jy graag sal wil dra – loer dan na die tyd hierna – dit sal vir jou ’n goeie idee gee waarvan jy hou of nie hou in die minimalistiese klerekas nie.

6. Doen ’n kas-oudit

Gaan deur jou kas en verwyder items wat nie pas by jou minimalistiese styl nie.

7. Wees op die uitkyk vir inspirasie

Gebruik sosiale media of selfs Pinterest vir inspirasie. Hier is nog ‘n paar stylikone by wie jy inspirasie mag vind:

Annemiek Kessels @modedamour op Instagram

8. Lospassend en oorgroot silhoeëtte

Dra oorgroot eerder as net noupassende kledingstukke. En onthou om balans te handhaaf in jou uitrusting – wanneer jy bo iets lospassend dra, stileer dit by ’n meer noupassende (nie styfpassende) item aan jou onderlyf. Die selfde geld vir andersom.

Annemiek Kessels @modedamour op Instagram
Annemiek Kessels @modedamour op Instagram

9. Kleur in klein dossise

Jy kan altyd ’n bietjie flair byvoeg met gekleurde skoene of selfs naels. Maar dit moet subtiel wees.

10. Minder is meer met minimalisties mode

Moenie uitrustings oorkompliseer of te veel bykomstighede dra nie. Eenvoudige juwele of bykomstighede.

’n Minimalistiese mode klerekas bevat meestal die volgende:

  • Wit hemp. Dis die hoeksteen van ’n minimalistiese uitrusting.
  • Wit kraaghemp.
  • Rolnektrui/ -hemp.
  • Denim in ’n klassieke snit.
  • Netjiese langbroek.
  • Swart rok.
  • ’n Jas wat struktuur het, dink bv aan ’n soldatejas
  • Leerprodukte. ’n Leerbaadjie, jas, skoene of ’n handsak. 
  • Goue/silwer bykomstighede

Voorkomskonsultant Simoné Lombard se minimalsitiese aantrekstyl;

Kontak vir Simoné by simlombardimage@gmail.com en volg haar op sosiale media hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
“Layering”; Jou herfsklerekas,verduidelik
error: Content is protected !!