Die krag van ’n kraaghemp; 20 vars en veelsydige drawenke

’n Kraaghemp is soveel meer as net ’n stapelitem vir kantoordrag. Dink nuut oor hoe jy jou kraaghemp kan meng en pas om ’n hele paar nuwe uitrustings te skep. Deur Suzanne Kotzè

Dra jou kraaghemp só

1. Klassiek, ingesteek by ’n hoë-middellyf broek

Foto: Pinterest

Hoë-middellyf wyepypbroeke bly ’n staatmaker voorkoms wat mooi lyk ongeag jou ouderdom. Ysblou en bruin bly ’n gewilde kleurkombinasie, wat meer onverwags as jou staatmaker swart broek en wit hemp is. ’n Gordel om jou broek is ’n moet.

2. Saam met ’n patroon broek

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Of dit nou strepe saam met strepe, of effekleur saam met tiervel is; gee jou oopknoophemp ’n tikkie oemf deur dit saam met ’n patroon te dra.

Lees meer oor patrone en patrone meng hier:

3. Ontspanne en oopgeknoop

Foto: Pinterest

Gee jou oopknoophemp ’n ontspanne naweekvoorkoms deur dit saam met ’n lospassend broek of denim, T-hemp, tekkies en keps te dra.

4. Saam met ’n geknoopte dun gordel

Foto: Pinterest

Ideaal as jou hemp oorgroot is, en jy steeds jou middel wil beklemtoon. Hierdie langer bermuda-styl kortbroeke is natuurlike groot nuus vir somer.

5. ’n Sjiek serpie om jou nek

Foto: Pinterest

’n Kraaghemp met ’n sjiek serpie om jou nek gebind, is nou vreeslik in, en nee jy sal nie soos ’n lugwaardin lyk nie. Bind net jou serpie onder jou hemp (en nie bo-oor jou kraag nie!).

6. ’n Driehoek gevoude serp om jou middel

Foto: Pinterest

Steek jou kraaghemp in, en bind ’n serp om jou middel. ’n Blitsige manier om jou uitrusting van vervelig na modieus te neem.

7. ’n Serp om jou skouers

Sit kleur by jou kraaghemp-uitrusting deur ’n serp (let wel ’n sy/satynserp en nie jou ‘naughties’ pashima nie!) netjies om jou skouers te bind.

8. Saam met ’n maksiromp

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Maksirompe is steeds groot nuus vir somer. ’n Noupassende maksi-romp en kraaghemp is ’n elegante keuse.

9. Oopgeknoop bo-oor ’n slooprok

Foto: Pinterest

Foto: Pinterest

Gee jou staatmaker slooprok ’n nuwe voorkoms (en steek jou arms weg, as jy selfbewys voel) deur ’n oopgeknoopte hemp bo-oor te dra. Dit werk ewe goed saam met wit as kleur.

10. Satynromp en keps

Foto: Pinterest

Foto: Pinterest

Skuins gesnyde (bias cut) satynrompe is een van ’n somertrend en ons is mal oor hiedie bottergeel kleur. Sit ’n keps by vir ’n ongeërgde koel voorkoms en dra dit saam met hierdie thong somersandale

11. In die ‘in-kleur’ akwa-blou

Foto: Pinterest

Foto: Pinterest

Akwablou is een van somer se gewildste kleure en dit gee ’n kraaghemp beslis die koelfaktor.

12. Onder ’n kant-detail slooprok

Foto: Pinterest

Hierdie is ideaal as jy nie wil arms of bra-bandjies wys nie. Dra ’n kraaghemp onder ’n kant-detail (steeds ’n reuse-trend vir somer!) slooprok. Wenk: maak seker jou hemp is meer noupassend aangesien ’n oorgroot hemp te bonkig sal wees. Jy kan dit natuurlik ook bo-oor dra.

13. Saam met ’n kant-detail kortbroek

Foto: Pinterest

Ja die kort pajama-styl kort kantbroekies is hoogmode, maar genadiglik ook die langer bermuda weergawe. Dra dit saam met ’n kraaghemp vir ’n meer styvolle, en minder ‘tienerige’ weergawe.

14. Bo-oor ’n deursigtige romp

Foto: Pinterest

Deursigtige rompe en rokke bly groot nuus. Vir die van ons wat nie gemaklik daarmee is om broekies en boude te wys nie, is ’n oorgroot kraaghemp ideaal. Wenk: dra gerus ’n gordel om jou middel as die oorgroot-voorkoms nie vir jou werk nie.

15. Gevou en met ’n borspeld vasgesteek aan die kant

Foto: Pinterest

Hierdie werk goed met oorgroot hemde.

16. Om jou lyf gebind

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Hierdie voel dalk vreemd, om een knoophemp aan te hê en nog een om jou lyf te bind (a la sweetpakbostukke wanneer ons oefen en warm kry). Maar dit is so gewild dat mens selfs hemde en hemprokke kry met ’n ekstra hemp deel by om om jou middel of skouers te knoop.

17. Geknoop in die middel

Foto: Pinterest

Hierdie werk ewe goed saam met rompe as oor rokke en by broeke. Knoop jou hemp toe tot waar jy die knoop wil maak en knoop dit soos in die stap vir stap foto’s.

18. Saam met ’n tikkie blink

Foto: Pinterest

Die kontras van ’n blinkerromp en kraaghemp lyk vars en modern.

19. Blou en rooi saam

Foto: Pinterest

Blou en tamatierooi saam is op die oomblik een van ons gunsteling kleurkombinasies.

20. Agterstevoor

Hierdie manier van jou hemp agterstevoor dra was groot nuus op die loopplanke en gaan saam met die dekonstruktiewe mode-trend wat nou weer nuus is.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kraagkopies

  • Moenie skaam wees om uit jou man se kas ’n kraaghemp te leen nie, veral as jy van plan is om dit oop te dra.
  • As jy ’n groter borsmaat het, hou ’n skuifspeld byderhand om die deel tussen die twee knopies oor jou borste vas te steek. Of werk ’n ekstra drukknopie in die binnekant aan hiervoor.
H&M Long cotton shirt – white (R329, Superbalist)
Levi’s Harlie Boyfriend Shirt – Telma Stripe Parisian Blue Poplin (R1099, Superbalist)
Mango Shirt Fontana – light/pastel blue (R899, Superbalist)
Striped Oversized Cotton Shirt (R549, Woolworths)
Striped Cotton Shirt (R699, Woolworths)
Witchery Cinched Waist Shirt (R1399, Woolworths)
Zahra Sheer Shirt with scarf (R499, Ayana)
Aria Classic Cotton Shirt (R350, Ayana)
Oversized Striped Long Sleeve Shirt (R229,95 Ackermans)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Stileerwenke om jou voorkoms af te rond
error: Content is protected !!