Die syserp beleef tans ’n groot modeoomblik en dit word vir veel meer as net ’n netjiese knoop om die nek gebruik. Van loopplanke tot by modekenners se straatstylinspirasie bied jou syserp ’n inspuiting van kleur, patrone en persoonlikheid by selfs die eenvoudigste uitrusting.
Die nederige syserp het die stileerkrag om jou hele uitrusting aanmekaar te bind, letterlik en figuurlik!
Ons deel wenke, idees en stylinspirasie om jou eie somerserpie baas te raak en te stileer. Deur Justine Kroes
Stileer jou somerserp so:
Syserp as gordel
Knoop ’n gedrukte syserp losweg oor jeans, ’n romp, swemklere of netjiese broek. Dit voeg onmiddellik vorm en definisie om jou middel en skep dadelik ’n somer of vakansiegevoel by.


Hierdie serp gee boonop daardie ekstra tikkie persoonlikheid, tekstuur en diepte aan jou uitrusting.
Bind bo oor ’n hemp en broek:

Dra jou somerserp by ’n romp:



Stileer dit bo oor jou somersrok:
Hierdie is ’n fantastiese stileertruuk om vorm en struktuur aan jou lospassende rokke of hemprokke te gee. Daarby definieer dit ook jou middel en lyk meer vleiend.



Dra dit bo oor jou blazer/baadjie:


Hierdie skep ook definisie rondom jou middel en laat jou blazer voorkoms meer somerig voel.
Dra dit bandana styl in jou hare:

Die Euro/somer modefotos het duidelik gewys dat hierdie een van die mees gewildste maniere is waarop jou syserpie tans gestileer word.



Die beste gedeelte? Jou bandana lyk nie net sjiek nie, maar steek blitsvinnig ’n slegte haardag of uitgroei kleur weg.
Steek dit eenvoudig by jou broek in

Soos gesien by Celine Spring Summer 2026 se modevertoning is serpe sommer so sonder moeite aan die sy van vele modekenners se broeke of denims ingesteek.



Dit lyk boonop so mooi soos dit wapper in die wind.
Diagonaal oor een skouer gebind

Diagonale lyne laat ’n uitrusting altyd meer vleiend lyk en daarby meer interessant ook. Kyk hoe mooi en moeiteloos lyk hierdie as ’n stileringidee:





Om jou nek gebind:
Daar is talle verskillende manière waarop jy jou syserpie om jou nek kan bind.
Eenvoudige strikkie:

Dubbel ombind met strikkie:

V-punt (western styl) aan die voorkant:


Vasgebind aan jou handsak:

Wanneer ek graag ’n serpie by ’n monokroom uitrustig wil inwerk, bind ek graag ’n serpie aan my handsak vas.
’n Blitsvinnige stileertruuk wat jou voorkoms meer intensioneel en afgerond laat lyk.



Kies ’n patroon wat ’n kleur in jou uitrusting optel, of gebruik dit as ’n helder aksent teen ’n neutrale sak en uitrusting.
Serp as sonbrilketting
Bind eenvoudig jou kleiner syserp se punte elk aan die arms van jou sonbril vas en dra dit as ’n “sonbrilketting”. Wanneer jy jou sonbril afhaal, hang jou sonbril sjiek om jou nek.


Jou syserp as ’n haarbykomstigheid:


Bind dit om ’n poniestert, vleg dit deur ’n vlegsel of draai dit om ’n lae bolla. Dit is perfek vir warm dae of wanneer jou hare tussen wasdae ’n bietjie ekstra hulp nodig het.



Probeer ’n serp top:

’n Groter vierkantige syserp kan as ’n halter, bandeau of asimmetriese top gedra word. Ideaal vir vakansies of ’n strand-tot-aandete-voorkoms.

Dra dit by hoëmiddellyf broeke, denims of ’n eenvoudige maxiromp.
Serp stilering wenke:
- Kies serpe in satyn of syerige materiale of selfs ’n sagte katoen, hierdie gaan die maklikste werk om vas te bind.
- Moenie die serp te styf vasbind nie, hou dit sag en gemaklik. Dit werk die beste wanneer jou serpstilering moeiteloos lyk.
- Laat die serp die fokus wees en hou ander bykomstighede minimaal.
- Onthou om altyd balans aan jou uitrusting te bring, indien die serp bont is, hou die res van jou uitrusting eenvoudig (indien jy nie ’n maksimalistiese stylpersoonlikheid is nie).














