Micellar water verduidelik: Drie van ons gunstelinge

Wat is micellar water (miselwater)? Hoe werk dit en hoe gebruik jy dit? Glo ons – jy gaan nooit weer ’n weggooi-gesiglappie gebruik nadat jy een van hierdie water-reinigers gebruik het nie.  Deur Justine Kroes

Wat is Micellar Water?

Miselwater bestaan uit gesuiwerde water met hidrerende bestandele en bestanddele wat sagkens reinig. Daar is bevind dat hierdie reiniger die beste werk om jou vel se suurmantel en sperfunskie in stand te hou. Die meeste miselwaters bevat nog ’n klompie bestanddele wat bykomende voordele vir jou vel inhou.

Die sagte water bevat mikroskopiese klein oliemolekules (bekend as ‘micelles’) wat aan vuiligheid en grimering vasklou en dit sodoende verwyder. Jy week gewoonlik ’n stukkie watte in Miselwater en dan sit hierdie klein onsigbare balletjies aan die watte vas en saam werk dit soos ‘n magneet wat vuiligheid en onsuiwerhede uit jou vel trek.

Miselwater droog ook nie die vel uit nie en steur ook nie die pH van die vel nie.

Waar pas micellar water in my roetine in?

Velreiniging is een van die belangrikste stappe van my velsorgroetine. Ek glo aan die ‘dubbel-reinig’ tegniek. Ek maak eers my vel goed skoon met ’n stukkie watte deurweek met miselwater en vee dit oor my hele gesig. Ek gebruik ’n paar stukkies watte en bly vee totdat die watte skoon bly. Daarna gebruik ek gesigwas om dubbel seker te maak my vel is nie net grimeringvry nie maar ook om enige oortollige olies te verwyder.

Bioderma Sensibio H2O Cleanser Micelle Solution (R260 vir 250ml)

Is ’n cult-skoonheidsproduk in die meeste skoonheidsliefhebbers se smuktassies. Van grimeer-kunstenaars tot dermatoloë bly hierdie waterreiniger ’n gunsteling. Een botteltjie van die Bioderma Sensibio Cleansers word elke vyf sekondes iewers in die wêreld verkoop!

Ek gebruik al jare lank die Bioderma Sensibio Micellar Water, en dit werk wonderlik op my sensitiewe vel. Ek verwyder saans my grimering moeiteloos met ’n paar druppels op ’n stukkie watte en vee my grimering daarmee skoon. Dit laat my vel vars en silwerskoon. So ’n botteltjie hou my gewoonlik twee tot drie maande, ’n mens gebruik nie baie op ’n slag nie, net ’n paar druppels.

Die Bioderma Sensibio Micellar Water is ultra-sag op die vel, verwyder nie net grimering en vuiligheid nie maar maar is strelend en bevogtigend vir ’n sensitiewe of geïrriteerde vel. Parfuumvry, alkoholvry, parabeenvry en hipo-allergenies.

Claire Hill Micellar Water with Desert Lime (R600 vir 200ml)

Hierdie Claire Hill Micellar Water ruik lieflik vars en verwyder blitsvinnig my dag se grimering sonder om my vel droog en trekkerig te laat. Die bottel is lekker groot en ek weet sommer dit gaan my nog lank hou.

Die Australiese bestanddeel Desert Lime ekstrak is ryk aan anti-oksidante, en dit beloof om kollageen te stimuleer en beskerm teen UVA/B strale. Ek gaan van nou af die produk soggens, nadat ek my gesig gewas het, as ’n tonikum gebruik. Want saans was ek eenvoudig net die anti-oksidant voordele af omdat ek sterk glo aan my dubbel-reinig roetine.

Lorinda Voges van Elvee Consultancy en Lorindas World het genoem sy gebruik dit as ’n verfrissende gesigsproei – sy gooi so bietjie van die miselwater oor in ’n sproeibotteltjie, en spuit dit aan soos nodig – wat ’n blink plan!

NUXE Micellar Water with Moringa Seed Extract (R345 vir 200ml)

Die Nuxe Bio Organic Micellar water ruik net hemels, ek verkies gewoonlik produkte wat nie te veel na iets ruik nie omdat ek ietwat van ’n sensitiewe vel het, maar hierdie vars blomgeur is 100% natuurlik en irriteer glad nie my vel nie. Boonop is dit die heel eerste miselwater wat ek gebruik in ’n pompbotteltjie, dit maak net soveel sin en is sommer ’n plesier om te gebruik.

Die moringa saad-ekstrak staan bekend as ’n natuurlike suiweraar. Die sade is oorspronklik gebruik om water te suiwer. Die Nuxe span het hierdie bestanddeel dadelik gesien as ’n 100% natuurlike reinigingsbasis – en ons is so dankbaar hulle het – beslis ’n gunsteling in ons boekies.

Lees ook: Maklik om te gebruik pompbottel lyfrome

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Em sculpt
Justine toets die BTL Emsculpt behandeling
error: Content is protected !!