pompbottel-lyfrome
pompbottel-lyfrome

Maklik om te gebruik pompbottel-lyfrome

Basta met doppies wat wegraak of botteljies of potte wat oopstaan; ons is gaande oor pompbottel-lyfrome. Die maklik om te gebruik; bottels is ’n groot gunsteling (selfs vir die van ons wat soms lui is om lyfroom aan te smeer). Deur Suzanne Kotzé

Lyfroom wenke

  • Smeer lyfroom aan terwyl jou vel nog effe klam is, dadelik nadat jy uit die bad of stort klim. 
  • Nadat jy geskeer het is daar altyd klein mikroskopiese skaafplekkies wat kan brand as jy room aansmeer met geur-en kleurmiddels. Kies rome hiersonder of wag eers ’n paar minute nadat jy geskeer het voordat jy room aanwend.
  • Smeer altyd lyfroom aan nadat jy afgeskilfer het. Noudat jy van al die dooie velle onstlae is, sal jou lyfroom beter intrek. 
  • As jy nie skeerroom byderhand het nie, gebruik jou (ongegeurde) lyfroom. 

Gunsteling pompbottel-lyfrome

Sakpas opsie: Epimax Lotion (R73,99 vir 450ml)

Hierdie is die ligter weergawe van die gewone Epimax Cream en word vir somermaande aanbeveel. As die gewone Epimax Cream vir jou te swaar is, sal jy van die Lotion hou. Dit voel beslis ligter op jou vel en bevat geen kunsmatige kleur- of -geurstowwe nie. Dit neem wel effens langer om heeltemal in te vryf as van my ander lyfrome. 

Vir sensitiewe velle: Bioderma Atoderm Ultra-soothing Balm (R340 vir 500ml)

In ’n huis vol kinders en ’n man met sensitiewe velle wat geneig is tot ekseem, is hierdie room ’n ou staatmaker. Dit is spesifiek geformuleer vir dié wat geneig is om atopiese ekseem te kry want dit verlig jeuk en streel sensitiewe vel. Dit help om jou vel se sperfunksie te versterk deur irritante uit te hou en vog binne te hou. Van die hoofbestanddele is seramiede en lipiede (wat natuurlik in ons vel se epidermis voorkom) en vitamiene E (wat help met jou vel se sperfunksie). 

Vir droë vel: Nivea Repair & Care Body Lotion Very Dry Skin (R69, 99 vir 400ml)

Ek het onlangs my lyfroom tuis vergeet terwyl ons vir ’n naweek weg was en het toe die room gekoop. Wat ’n lieflike room. Dit het ’n effense geur, baie subtiel en skoon, en ek hou veral daarvan om dit saans voordat ek gaan slaap aan te smeer. Dit trek vinnig in en voed my vel. Die Repair & Care reeks is in samewerking met ’n dermatoloog ontwikkel en help om jou vel se sperfunksie te versterk.

Psst: toe ek vir Justine vertel van my goeie vonds, kom ons agter ons het presies dieselfde room gekoop.

Lig en voedend: Gatineau Body Lotion with A.H.A (R585 vir 400ml) 

Hierdie lekker lyfroom met alfahidroksiesuur help met selvernuwing. Dit trek blitsvinnig in en is ’n staatmaker soggens as jy nie tyd het om te wag vir lyfroom wat moet intrek voordat jy aantrek nie. Die tekstuur is effens loperig en jy het nie baie nodig nie. Hierdie room is ’n ou staatmaker en ek onthou goed hoe verbaas ek was (toe ek dit jare gelede begin gebruik het) dat so ’n loperige room so voedend kan wees. 

Lees ook: Raad vir ekseem gedurende somer

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Michelle Ludek bubble skirt
Borrelrompe is ons nuwe somerstaatmakers
error: Content is protected !!