Helder tekkies, gunstelinge en stylinspirasie

Hou verby neutrale tekkie, kleurvolle helder tekkies is hier om te bly. ’n Gewilde trend wat ons die afgelope ruk aan internasionale smaakmakers se voete sien pronk het. Hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het met ’n paar styl-inspirasiefotos daarby. Deur Justine Kroes

15/03/2024

Helder tekkies, is dit vir my?

Vervang daardie vaal tekkies

Ons is seker daar is ’n paar wit tekkies in jou skoenekas wat dalk nie meer so vars lyk nie – dit is nou ’n goeie tyd om vir hierdie komende seisoen jou neutrale tekkie te verruil vir ’n helder een.

Dra dit as ‘n “pop of colour”

Dit mag wel soos ’n oorweldigende besluit voel om ’n tekkie in kleur te kies, want waarby gaan jy dit dra? En moet al die kleure en klere in my uitrusting met my skoene ooreenstem? Die antwoord is nee! Dit is juis die idee agter hierdie kleurtekkie tendens – dra dit as ’n “pop of colour” om ’n doodgewone uitrusting te laat uitstaan.

Kies ‘n kleur wat jy weet jy gaan dra

Maar as ons ’n wenk kan gee, kies ’n skakering wat by die meerderheid van jou klerekas gaan pas. Justine en Suzanne besit baie groen en pienk klere – dus is die groen en pienk tekkieopsies vir ons ’n natuurlike pasmaat.

Loer hier vir ’n paar stylinspirasie-idees en helder tekkies op ons wenslys:

Adidas Gazelle

@limited_resell op Instagram
@oliviatps op Instagram
@daniellejuliesp op Instagram

Die Adidas Gazelle tekkies is in byna al die skakerings van die reënboog beskikbaar. Hierdie tekkie lyk op die oomblik soos die gewildste helderkleurige tekkie-styl onder smaakmakers en ons verstaan hoekom.

Die unieke kleurkombinasies maak elke paar byna so uniek soos die volgende paar.

Adidas Gazelle Indoor Shoes Pink (R1 999)
Adidas Gazelle 85 Shoes Blue (R2 699)
Adidas Originals Women’s Gazelle Bold Pink/Green Sneaker (R2 199)
Adidas Gazelle Indoor Shoes Red (R1 799)

Puma Palermo

@francescaleslie_ op Instagram
Foto: Puma South Africa

Die Puma Palermo tekkies is vir ons so cool – die vorm en retrostyl van die skoen maak ons skoon nostalgies en laat ons terugdink aan die soortgelyke sneakers wat ons as tieners gedra het.

Die “slim” of nouer passing van die skoen is vleiend aan die meeste voete en lyk ook vir ons effens meer vroulik.

Puma Palermo Special Sneakers Unisex Pink and Green (R1 799)
Puma Palermo in Cobalt Glaze Puma White (R1 799)
Puma Palermo in Fresh Mint Fast Pink (R1 799)

Met die leersool en die sweedsleer bokant sal die skoen nog lang jare ’n gunsteling bly. Wenk: behandel die skoen met ’n “suede protectant” voordat jy dit dra om seker te maak die skoen bly so mooi soos die dag wat jy hom gekoop het.

New Balance 327’s

@francia_t op Instagram
@newbalancelifstyle op Instagram
@francia_t op Instagram

Hierdie New Balance 327 skoenstyl was aanvanklik in neutraal en ligte bruin skakerings hoog op ons wenslysie. Maar soos die helder skakerings begin bykom het – kon ons dopamiene self nie anders as om eerder ’n helder paar op ons wenslysie te sit nie. Kyk net hoe mooi:

New Balance Women’s 327 v1 Multicolour Sneaker (R2 199,95)
New Balance 327 (R2 199) Varsity Gold with Mercury Blue
New Balance 327 Unisex Gulf Red with Sun Glow (R2 399)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nimue Active Resurfacing Wipes
Nimue Active Resurfacing Wipes
error: Content is protected !!