Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk

Jy het nie ’n fortuin nodig om goed versorg en mooi afgerond te lyk nie – hier is ’n klompie begrotingsvriendelike wenke wat jou sal help om dit reg te kry. Deur Suzanne Kotze en Justine Kroes

1. Goue oogskadu

Gebruik romerige goue of bronskleurige oogskadu pleks van neutrale, natuurlike skakerings om ekstra glansryk te lyk. Romerige oogskadu sal nie soos poeier in plooitjies beland (en dit beklemtoon nie) en jy kan dit selfs as ’n beklemtoner op jou gesig ook gebruik.

Wenk: Om romerige oogskadu langer te laat hou. Wend eers die romerige oogskadu aan, en druk (nie vee nie) bypassende goue poeierskadu op die romerige oogskadu aan.

Clarins 4 Colour Eyeshadow Palette (R650)
GOSH Forever Eyeshadow (R162 skinmiles)
Chanel Longewear Cream Eyeshadow (R740)

2. Lipvlek

As jy nie “gedoen” wil lyk nie, gebruik ’n lipvlek wat net ’n tikkie kleur gee. Jy kan dit baie natuurlik hou met een lagie, of selfs twee of drie aanwend vir meer kleur.

Ere Perez Beetroot Cheek & Lip tint (STRL.shop)
Clarins Water Lip Stain
Mineral Fusion Sheer Moisture Lip Tint

3. Steek uitgroeikleur weg

Min dinge laat ’n mens so onversorg lyk (en voel) soos wanneer gekleurde hare begin uitgroei. Hier is hulp – vir nog begrotingsvriendelike wenke lees ons 5 gunstelingplanne vir sigbare wortels en uitgroeikleur klik hier:

https://stylvol.co.za/5-gunsteling-planne-met-uitgroeikleur

4. Kleur-regstelling

Namate ons ouer word, sukkel meer van ons met ’n oneweredige velkleur weens rooi merkies, donker kringe of pigmentasievlekke. Die grootste fout is om al hoe meer en dikker onderlaag aan te smeer. Die geheim is onderlaag wat glans gee, en dan dalk kleurregstelling net waar jy dit nodig het. Gebruik jou vingerpunte of ’n kwassie, en gebruik slegs ’n klein bietjie op ’n slag en maak seker jy meng dit goed by jou onderlaag in. Tik daarna ’n ligte, deursigtige poeier op jou gesig aan – dit sal die onderlaag langer laat aanbly en eweredige afronding verseker.

Stila One Step Correct Kitten ( Skinmiles)
Catrice All Round Concealer Palette (Beskikbaar by Dis-Chem)
Catrice Prime & Fine Anti-red Primer ( Dis-Chem)

5. Wenkbroue/Goed Versorg

Slordige wenkbroue en sigbare gesighare (wat meer en dikker word namate ons ouer word) kan oversorg lyk. Pluk ongewenste hare gereeld uit.

  • Begin deur jou gesig met warm water te was of vee met ’n warm waslap oor jou gesig, want dit laat die hare makliker uitkom.
  • Skilfer af as jy dit nie onlangs gedoen het nie. Dit is makliker om hare vas te vat en uit te pluk sonder dooie velletjies rondom die haar.
  • Sit in ’n vertrek met goeie lig en gebruik ’n spieëltjie wat die beeld vergroot sodat jy die hare beter kan sien.
  • Probeer die haar so na as moontlik aan sy wortel beetkry (wees versigtig om nie jou vel raak te pluk nie) en trek dit stadig uit sodat dit nie afbreek nie. Doen dit veral met dikker hare.
  • Wend babapoeier aan fyn haartjies wat moeilik is om raak te sien, aan.
Tweezerman Tweezer ( Dis-Chem)

6. Blink hare

Blink hare lyk gesond en glansryk. Smeer/spuit ’n produk aan wat glans gee.

ghd Final Shine Spray ( ghdhair)
Wella EIMI Glam Mist (Modern Hair and Beauty)
Schwarzkopf Osis+ Sparkler (Labelle)

7. Netjiese naels

Verwyder jou naellak wanneer dit kraak of afskilfer, want dit lyk slordig. Probeer dalk aanplak naels of naelplakkers as jy haastig is om blitsvinnig netjiese naels te kry.

Dit werk jou ook heelwat goekoper uit as ’n besoek aan die salon.  

KISS Gel Fantasy press on nails (Clicks)
Essence Nails in Style Nail Stickers (Clicks & Dis-Chem)
KISS Gel Fantasy press on nails (Clicks)

8. Wimper wenke

Sommige grimeerkunstenaars meen dat maskara, naas onderlaag, die grimeerproduk is wat die grootste verskil maak.

Neem jou tyd as jy dit aanwend:

  • Gebruik ’n wimperkruller slegs op skoon wimpers. Kyk af, sit jou wimpers tussen die twee tangetjies, lig jou arm op en druk vir so 10 sekondes af.
  • Kyk af na en in die spieël wanneer jy maskara aanwend. Jy kom beter by die wortels by en krul jou wimpers ook beter.
  • Begin aan die binnekant (by jou oog) van die boonste wimpers en hou die borseltjie so na moontlik aan jou ooglid. Wikkel die borseltjie van die wortels in jou binnehoeke uitwaarts. Kyk dan af en wend maskara ook aan die bokant van jou wimpers.
  • Kies ’n waterdigte formule as jou maskara maklik smeer (weens ’n olierige vel), of as jy sukkel met allergieë soos hooikoors wat jou oë laat traan.
  • As jy slegs maskara dra, wend gesigpoeier aan jou ooglede om olierigheid te absorbeer – dit help ook dat die maskara nie smeer nie.
Essence Eyelash Curler (Skinmiles)


Tweezerman Classic Lash Curler
Tweezerman Classic Lash Curler ( Dis-Chem)
Ere Perez Almond Mascara (STRL.Shop)
Maybelline Colossal Mascara
Catrice Go Big Go Bold Volume Mascara

9. Tuisafskilfering

Chemiese afskilferaar is ’n dieper afskilfering wat meestal vrugtesure gebruik om dooie velletjies weg te vreet en kan help om jou vel stralend te laat lyk. Tuissorgprodukte kan in die plek van, of saam met, professionele behandings gedoen word.

  • Doen jou tuisafskilfering op ’n pajamadag, wanneer jy nie uit die huis hoef te gaan en grimering moet aanwend nie.
  • Vermy sonblootstelling. Sonbeskerming na jou tuisafskilfering is ’n moet.
  • Moenie die produk vir langer laat aanbly as die aanbevole tyd nie.
  • Vermy vir ’n paar dae skoonheidsprodukte met aktiewe bestanddele, en as jou vel begin afdop, los dit uit. Moenie enige velletjies aftrek of nog afskilferaars gebruik nie. Die meeste tuisafskilferings is nie so sterk dat dit sommer sal afdop nie.
Institut Esthederm Aha Peel Serum (Skinmiles
Neostrata Smooth Surface Glycolic Peel Pads ( Dermastore)
Gatineau Radiance Enhancing Gommage ( uitgesoekte Woolworths, Truworths & Dis-Chem)

10. Beklemtoon en blos

Jou vel sal glansend lyk as jy die regte dele van jou gesig beklemtoon: die C rondom jou oë, die bokant van jou wangbeen, onder jou wenkbroue, bo die kupidobogie van jou lip en ’n romerige blosser op jou wange.

Catrice Mineral Swirl Highlighter (R139 Skinmiles)
Maybelline Chrome Extreme Highlighter (R289,95)
Ere Perez Carrot Colour Pot (R500 STRL.Shop)
Stila Putty Blush Bronzer Duo (R640)

Lees ook: Grimeerkunstenaars se beste onderlaagwenke

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Haarmaskers: doen ek dit reg?
error: Content is protected !!