Het jy ook al by jou naelafspraak gesit met geen idee watter naelskakerings of naelontwerp om te kies vir jou naels nie? Ons doen … elke keer! Lente manispirasie gids met 11 nael-idees wat tans trend. Onthou naelverf is nie vir ewig nie – probeer ’n slag iets nuuts, dit is immers net tydelik!
Psst hou hierdie artikel byderhand vir jou volgende naelafspraak! Deur Justine Kroes
1. Bottergeel bo!

Hierdie is dalk nie vir almal nie, maar bottergeel is in, nie net op modeloopplanke nie maar vir jou naels ook. Naelkunstenaars raak kreatief met hierdie skakering en ons kan self nie wag om dit te probeer nie. ’n Bottergeel franse manikuur is op ons naelverflysie.

Wenk, daar is wel baie verskillende bottergeel skakerings daar buite van ligter pastel tot helder – kies een wat die beste by jou veltoon pas.

2. Seepnaels

Word deur bekende naeltegnikus van Hollywood sterre Tom Bachik so verduidelik; “seepnaels is ’n deursigtige, pêrelagtige naellak effek, so amper asof jy nou net uit die bad of stort geklim het. Jou naels lyk skoon, vars en perfek gemanikuur met ’nblink “wet look” effek daarby”.


Die kleur palette vir seepnaels sluit melkerige wit, sagte pienke en lige nude naelverf skakerings in. Onthou, met ekstra hoë glans, jou bo-lagie moet blink!
Die idee met hierdie naeltrend is dat jou naels steeds soos jou eie naels lyk, behalwe ’n meer gepoleerde weergawe daarvan.
3. Kat-oog naels

Die trend wat bekend staan as “cat-eye nails” soortgelyk an katte se glimmerende oë, dit is presies hoe hierdie naeltrend lyk. Naellak met spesiale magnetiese deeltjies word meestal gebruik om die voorkoms te skep. Wanneer ’n magneet oor die naelverf gehou word, trek dit die magnetiese deeltjies saam om die patroon te vorm.
4. Kort naels

Goeie nuus, nael-minimaliste, kort, netjiese naels is in. “Nael-gesondheid” is een van 2025 se heel grootste nael-trends. Die fokus het verskuif van ekstra lang gemanikuurde naels, na kort naels wat sterker en gesonder is as ooit. Dink aan gehidreerde en goed gemanikuurde naelvliesies met gesonde sterk naels in subtiele skakerings.
Lees hierdie: https://stylvol.co.za/9-wenke-vir-sterker-gesonder-naels/
5. Mikro Franse manikuur

Is steeds hier om te bly. Die “barely there French” verwys na ’n Franse manikuur met ’n ekstra dun, superfyn lyntjie aan die bopunt van jou naels. Hierdie seisoen hoort hierdie dun fyn lyntjie nie net in wit te wees nie, maar enige kleur van jou keuse!


Vir ’n ekstra dramatiese effek lyk hierdie mikro Franse manikuur die heel beste op vierkantige naels.
6. Bruin naels

Jip, selfs vir somer is bruin naels steeds groot nuus. Van diep donker sjokolade skakerings tot ligter beige/bruin skakerings. Jy kan ook natuurlik ’n polkakol of negatiewe spasie naelkuns in jou gunsteling bruin probeer.
7. Glasnaels

Dink aan “chroom” naels se subtiele kleiner sussie. Glasnaels het steeds die effek van chrome naels maar met baie minder chroom en is meer glansend en deursigtig.

Naels wat so glansend lyk, dit lyk byna of jy deur glas na hulle kyk.

8. Kersierooi

Ons is darem maar lief vir rooi naels! En ’n pragtige kersie skakering sal altyd ’n gunsteling bly. Daar is maar net iets omtrent ’n rooi manikuur wat ons gelukkig laat voel. Wenk: hou die lengte kort vir ’n meer moderne rooi nael voorkoms.
9. Blomme naelkuns

Byna elke Lente is hierdie ’n gunsteling trend wat jaar na jaar terugkeer. Hierdie somerseisoen is klein, fyn blommetjies, of selfs net een groterige blom per nael die gewilde manier om die naeltrend te dra.

As jy self tuis jou naels doen is ’n blommetjie plakker dalk makliker: hier is ’n paar oulikes:
10. Doen dit self aanplaknaels
Dalk nie ’n naeltrend nie, maar die gewilde doen-dit-self naelplakkers is ’n gunsteling en verkoop gereeld uit.

Verbruikers hou van die gerieflikheid daarvan, om salonkwaliteit naels tuis aan te wend sonder om ure in ’n salon deur te bring. Boonop spaar jy heelwat op jou naels.
Wenk: onthou, jy gaan steeds jou naels ordentlik moet voorberei sodat die naelplakkers goed sit, lank hou en netjies lyk.
11. Polkakol-naels
Die modewêreld gons oor polkakolle en dit was maar net ’n tydjie totdat die polkakol gier oorgespoel het na die skoonheidswêreld toe.


Polkakolnaels is nou hier om te bly. Sjiek mikro-polkakolle in alle skakerings (nie net wit en swart nie) is beslis ’n vars lente/somer naelverftegniek met ’n verskil.


Wenk: vir ’n ekstra bietjie diepte kies polkakolle in metaalblinkskakerings.
Gebruik ‘n “nail dotting tool” om kolletjies perfek te kry:
12. Poeierige pastelle


Poeierige pastelle is in – pastelle bly altyd ’n gunsteling omdat die sagte skakerings byna by almal pas. Kies vanjaar sagte bottergeel, blou, pers, pienk of pistasiegroen.
















