skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies
skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies

Lees skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies so

Leer wat beteken skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies en hoe jy dit lees. Hier is ook ’n lysie bestanddele wat die met sensitiewe velle liefs moet vermy. Deur Suzanne Kotzé.

Jy gaan dalk ’n bril of vergrootglas nodig hê, want deesdae word die bestanddele-lysies so klein geskryf om plek en hulpbronne te bespaar. Dit help wel om ’n foto te neem sodat jy kan inzoem of by die huis rustig daardeur kan lees en van die bestanddele te ‘google’. 

Dit moet jy weet van skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies 

Die bestanddele word gewoonlik van hoogste na laagste konsentrasie (bo na onder) gelys. 

Die eerste vyf bestanddele maak gewoonlik die grootste deel van die produk uit. Water is gewoonlik die heel boonste bestanddeel gevolg deur emulsifiseerders.

“Alhoewel nie een van hierdie twee (water en emulsifiseerder) noodwendig voordele vir jou vel inhou nie, is hoë konsentrasies daarvan nodig om die bestanddele te meng en bymekaar te hou,” sê Lamelle se navorsingspan.

Party bestanddele wat voordelig vir jou vel kan wees, is kragtig en slegs in baie klein hoeveelhede nodig. “Dit is soos koekkleursel,”

Optiphi se navorsings-en-ontwikkelingswetenskaplike.

Daar behoort ook inligting op te wees van hoe jy dit moet bêre. “Dit is veral belangrik as die produk aktiewe bestanddele bevat, want dit moet weg van direkte sonlig en hitte gehou word,” sê dr. Ian Webster, Kaapse dermatoloog en eienaar van Dermastore.

Die hoofdoel van ’n bestanddele-lysie is nie om te wys hoe goed of hoe swak die produk is nie, maar sodat jy kan sien of dit enige bestanddele bevat wat jou vel kan irriteer. As jy weet jy is sensitief vir ’n sekere bestanddeel, vermy dit eerder.

Bestanddele om te vermy as jy ’n sensitiewe vel het

Soms voel ons vel jeukerig, rooi en sensitief sonder dat ons weet hoekom. Sommige bestanddele kan hiertoe bydra. Kyk veral vir die volgende op skoonheidsprodukte se bestanddele-lysies

Mentol of alkohol 

Mentol of alkohol (word ook gelys as SDAlchol, “Denatured alchohol of “alchol denat’. Alkohol op sigself is egter nie ’n irritant nie. 

Parfuum 

Parfuum en selfs plantolies soos roosmarynolie, laventelolie en pepermentolie kan irritante wees.

SLS

Sodium C14-16 olefin-sulfate; SLS (sodium lauryl sulphate) SLES sodium lauryl ether sulphate      

Parabene 

Parabene is preserveermiddels wat help dat produkte nie afgaan of verval nie en langer op winkelrakke kan hou. Dit maak mense bekommerd want dit is estrogeen-nabootsers en sommige laboratoriumstudies het gewys dat dit menslike weefsel kan binnedring. Daar is veral ’n vrees dat dit borskanker kan veroorsaak. Om parabeenvry te wees is egter ook nie altyd die antwoord nie, want bakterieë in jou skoonheidsprodukte kan ook skade aanrig. Dink dus twee keer voordat jy sommer skoonheidsprodukte wat dit bevat in die drein afgooi. 

Algemeen gebruikte parabene is: 

  • methylparaben
  • propylparaben
  • butylparaben
  • isobutylparaben
  • ethylparaben
  • isopropylparaben

Daar bestaan wel vandag meer natuurlike alternatiewe om produkte langer te laat hou soos roosmarynekstrak en hopelik sal meer maatskappye geleidelik oorbeweeg na meer natuurlike bestanddele. 

Phthalate

Enigiets met ftalaat moet heroorweeg word. Die bestanddeel mag nie meer in Europa gebruik word nie omdat dit kan lei tot veluitslag, ekseem en ander irritasies.

Methylisothiazolinone

(MIT0) moet vermy word aangesien dit ook irritasie en allergieë veroorsaak.

Triclosan (triklosaan) kom veral in anti-bakteriële produkte voor. Die Amerikaanse FDA (Food and Drug Association) het die bestanddeel reeds in 2016 verbied vir gebruik in huishoudelike (lyf- of gesig-)wasprodukte wat aan verbruikers oor die toonbank verkoop kan word. Volgens die FDB is daar nie klinkklare bewyse dat dit nie skadelik is vir menslike gesondheid nie. 

Lees meer hier: 

Should I avoid products that contain triclosan?

en hier: What is Triclosan and Why is it Banned?

Sodium Laurul Sulfate

(SLS) word grootliks gebruik om produkte te laat skuim en is een van die bestanddele wat sensitiewe velle die meeste irriteer. Volgens bekende skoonheidskrywer Paula Begoun (wat al meer as 20 boeke gepubliseer het) is die bestanddeel so bekend as irritant dat dit gebruik word as ’n maatstaf vir hoe irritererend ander bestanddele in vergelyking daarmee is. 

Hierdie lysie van Paula is baie handig as jy ’n bestanddele-fanatikus is. Lees dit hier

Onthou irritante verskil in vorm, tipe, grootte en konsentrasie. Alle chemiese stowwe is toksies, maar dit is die konsentrasie wat veroorsaak dat dit nadelig is of nie. Dit is waarom dit beter is om betroubare wetenskaplike handelsname te gebruik wat fokus op wat reg is, en nie noodwendig goedkoop is nie.

Lees ook: Ag nee, aknee! 5 redes vir volwasse aknee en 5 moenies

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Donker kringe, pofferige oë of ooglede wat hang? Hier’s hulp!
error: Content is protected !!