Kitskleur vir jou vaal lyf (en gesig!)

Ons het gesmag na ’n bietjie sonskyn en warmer dae, maar nou is ons nog asvaal en glad nie gereed vir meer lyf wys nie. Hier is van ons gunsteling kits- en geleidelike kleur vir ’n meer songesoende voorkoms. Deur Suzanne Kotzé

Onthou voor jy kitskleur (selfverbruining) aanwend)

Ja, ons weet hierdie is dalk algemene selfverbruiningkennis, maar soms vergeet ons.

  • Raak ontslae van dooie velle, deur jou lyf en gesig af te skilfer. Ons is gaande oor afskilferaars wat aha’s of vrugtesure bevat. Jy hoef dit meestal nie eers af te was nie, en sommige lyfrome bevat dit selfs.
  • ’n Loofah of lyfborsel in jou stort werk ook goed om van dooie vel ontslae te raak. Onthou tog net om dit gereeld skoon te maak en in die sonlig te hang om kieme dood te maak. (Jou stort kan ’n broeiplek wees vir kieme om te groei).
  • Skeer voor kleur
  • Maak seker veral jou droë areas is goed bevogtig (knieë, elmboë, hakskene en enkels is veral geneig om streperig te lyk as gevolg van dooie velletjies wat kleur onegalig maak).
  • Haal jou ringe en armbande af voordat jy fopkleur aansmeer.

Aanwending

  • Moet dit nie oordoen nie; begin eerder deur eers te min aan te smeer en smeer die volgende dag weer aan. Jy hoef nie te lyk asof jy in een dag ’n hele Mauritius vakansie gehad het nie.
  • As jy dink jy het dit goed genoeg ingesmeer, smeer nog in. Hoe meer jy insmeer en meng, hoe minder is jou kans vir strepe.
  • Moenie vergeet om jou hande te was nie! (Ons weet dit. en hoeveel keer het ons nie behoorlik hande gewas nie en dan sit daardie ‘kyk-ek-het-selftan-aangesmeer-strepe aan die kante van jou hande!)

Na die tyd

  • Dra lospassende, donker klere. Gelukkig vlek die meeste selfverbruiningsprodukte nie meer so erg jou klere soos in die verlede nie, maar wees eerder veilig. En onthou. enige plek waar ’n rek of bandjie druk, sal die kleur dalk nie so goed ontwikkel nie.
  • ’n Niksdoen naweeksoggend is die ideale tyd hiervoor. Dan kan jy sommer net ’n lospassende rok of japon bo-oor gooi terwyl jou kleur ontwikkel.
  • As jy strepe sien, probeer ’n klein bietjie afskilferaar bo-oor dit aanwend. Jy kan ook suurlemoensap probeer. Om dit minder sigbaar te maak, kan jy afwas verbronser bo-oor aanwend.

En wat van jou gesig

Moenie bang wees om jou gesig te verbruin nie. Dit is iets wat ons nooit ooit gedink het ons sou doen nie, tot ons Clarins se Tan Drops ontdek het. Jy gooi bloot 2-3 druppels by jou gewone gesigroom, so elke tweede/derde dag en dit laat jou vel net meer egalig en songesoen lyk. Lees meer hier.

Kitskleurwenke:

Geleidelike kleur en minder sigbare foute met geleidelike selfverbruiningsprodukte

Ons verkies geleidelike selfverbruiningsprodukte. Dit is ’n selfverbruiner wat ’n minder hoeveelheid van die bestanddeel wat kleur gee bevat, en jou kleur is meer subtiel. Jy wend dit daagliks soos ’n lyfroom aan (maar hou steeds in gedagte dat dit wel ’n selfverbruiner is en dieselfde reëls vir aanwending geld hier). Hierdie kleur ontwikkel oor ’n paar dae. Jy besluit om op te hou aanwend wanneer die kleur donker genoeg is vir jou. Daarna wend jy dit elke paar dae aan.

Afwas selfverbruiningskleur vir ‘noodgevalle’ en mooi glans

Hierdie werk soos grimering (vir jou lyf) of soos ’n getinte lyfroom wat jou lyf effens meer sonbruin en glansend laat lyk, maar jy was dit in die stort/bad af. Hierdie is ’n goeie keuse wanneer jy moet uitgaan en te laat besef jou bene is dalk nog spierwit, of as jy net meer glansend wil lyk. (Dit werk ook goed op jou décolletage en arms).  Dit kan ook help om oneweredige fopkleur weg te steek of dit kan jou bestaande sonbruin kleur mooier te laat lyk.

Stylvol staatmakers

Afskilfering en rome

Ons kan nie sonder Environ Body EsensiA Derma-Lac Lotion veral gedurende somer nie. Jy smeer dit aan soos lyfroom (dit is baie dun en loperig) en dit skilfer af. Jy hoef dit nie af te was of in te vryf nie. (Onthou om dit ook sommer op jou droë hakke te gebruik, en dit help ook om ingroeihare – soos op jou bikini-area na ’n waks- te voorkom). Jy kan dit ook meng met Environ Body Oil, sodat jy ’n afskilferaar en bevogtiging in een kry.
Gatineau Body Lotion with A.H.A (R820, Orleans Cosmetics, Woolworths, Dischem) Die gerieflike pompbottel maak dit maklik om hierdie lyfroom (wat heerlik bevogtig, terwyl dit liggies afskilfer ook.)

Kitskleur

Skinny Tan Gradual Tanner (R300, Clicks)
Skinny Tan Tan & Tone Wonder Serum Gradual Tanner (Takealot)
Caribbean Tan Tan in a Can Gradual Self Tan (R112, caribbeantan.online) Hierdie wend maklik aan, veral by moeilik om by te kom dele, soos jou rug. Maak net seker jy maak ’n venster oop. Die kleur is deursigtig en neem so een tot twee ure om te ontwikkel. Hierdie vlek nie jou klere nie omdat daar nie onmiddelike kleur in die produk is nie. Jy kan gerus hiermee aan slaap (sonder om bekommerd te wees oor jou lakens).
Caribbean Tan Tinted Body Bronzer Shimmer Cream – Wash Off (R100, caribbeantan.online)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Minki van der Westhuizen se gunsteling grimeerprodukte
error: Content is protected !!