Ons nuwe gunsteling staatmaker; selfverbruiningsdruppels vir jou gesig

Ja jy het reg gelees, ons het nooit gedink ons sal selfverbruining (self tan) aan ons gesigte smeer nie, maar Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops (selfverbruiningsdruppels) se goue glans en eweredige kleur het ons harte gesteel. (En dit is supermaklik om te gebruik). Deur Suzanne Kotze en Justine Kroes

08/03/2024

Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops

Die Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops (R500) word van 99% natuurlike bestanddele gemaak. Dit bevat ook vogryke Aloe Vera en gliserien wat help dat jou vel soepel, glansend en gehidreerd is.

Net twee tot drie druppels ingemeng by jou dag of nagroom omskep ’n voorheen bleek en dowwe gelaat in ’n gesonde, glansende vel.

So eenvoudig soos 1.2.3

Stap 1

Hou jou botteltjie onderstebo en druk die agterkant van die botteltjie totdat twee of drie druppels op jou handpalm gedrup het. Meng die druppels goed by jou dag of nagroom in.

Stap 2

Op ’n skoon gelaat, wend die produk eweredig oor jou gesig, voorkop en decolleté (nek) aan. Moet nie van jou ooglede en ore vergeet nie. Ons het selfs aan ons bors en skouer-area aangewend.

Stap 3

Moet nie vergeet om dadelik jou hande na aanwending te was nie.

Moets met die selfverbruiningsdruppels

Voordat jy met die selfverbruiningsdruppels begin, skilfer eers jou vel behoorlik af om seker te maak jy raak van enige dooie velletjies ontslae. Net soos wat jy sou voordat jy selfverbruining aan jou lyf gebruik.

Pasmaak die aanwending van die druppels om by jou unieke veltoon te pas. Jou aanwending (hoeveelheid druppels en hoe gereeld jy aanwend) bepaal hoe lig of donker die resultaat sal wees.

Moenies met die selfverbruiningsdruppels

Moet nooit hierdie druppels net so op jou vel gebruik nie. Die kombinasie van die druppels by die room verseker eweredige, streepvrye aanwending.

Moet jou nie bekommer nie, die druppels gee glad nie af op klere of kussingslope nie en is boonop reukvry!

Wat Suzanne sê van die Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops

Ek het nooit ooit gedink ek sal ‘self tan’ aan my gesig gebruik nie. En ek moet bieg, ek was huiwerig om die druppels te begin gebruik.

En nou is Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops my nuwe staatmakerproduk, wat ek nooit geweet het ek nodig het nie.

Ek gebruik dit so elke tweede/tot derde aand, so drie druppels ingemeng by my nagroom. Ek dra al vir die afgelope week geen onderlaag nie. En ek dra gewoonlik onderlaag of minstens ’n getinte sonskerm.

Behalwe vir die mooi songesoende kleur, voel dit ook of dit my gelaat meer eweredig maak. Ek was bekommerd dat dit dalk my sproetjies baie prominent gaan laat lyk, maar dit was glad nie die geval nie. Al wat ek soggens na my dagroom en sonskerm aanwend, is nog ’n Clarins gunsteling: SOS Primer Blurs Imperfection (lees gerus meer hier), gesigpoeier om my ooglede, maskara en ’n natuurlike lipkleur. Ek het nie eers blosser nodig nie, want my wange se natuurlike kleur word nie toegesmeer deur onderlaag nie. 

Ek verbeel my self sommer dat ek in my middelveertigs nog die ‘girl next door’ voorkoms het. (Mens mag maar droom).

Wat Justine sê van die Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops

Nadat ek en Suzanne vroeër vanjaar al onderlaag skakerings uitgeruil het (Suzanne was bruiner en ek weer ligter) was ek opgewonde om hierdie produk te toets. My sneeuwitjie gelaat was aansienlik bleker en wit as die res van my lyf se kleur.

Ek het met die eerste gebruik omtrent net ’n druppel en ’n half van die Clarins Self Tan Face Glow Booster Drops by my Clarins Multi Active gesigroom ingemeng – ek was skrikkerig dat ek die volgende oggend met ’n geel of oranje gelaat sou opstaan. Dit was immers nie die geval nie en met elke gebruik daarna het ek ’n paar ekstra druppels ingemeng en besef dit is byna onmoontlik om ’n ongewenste skakering met die produk te kry. Eweredige, foutvrye en geleidelike kleur keer op keer.  

My pigmentasievlekke (wat voorheen prominent was) lyk meer egalig en my vel het gegaan van dof en vaal na glansend en gesond.

Die bonus is natuurlik dat die donker kringe onder my oë baie minder opsigtelik is te danke aan die goue glans wat ek ingeruil het vir my bleek gelaat.

Ek dra steeds onderlaag (old habits die hard!) maar gebruik aansienlik minder en meng selfs my dagroom daarby in om net so ’n effense lagie op my vel te dra.

Die eenvoudige gebruik van die druppels is seker my gunsteling gedeelte van die produk. Geen snaakse reuke en geen kleur wat afgee nie. En natuurlik die feit dat jy jou gelaatskleur kan pasmaak tot jou unieke veltoon. Gebruik gerus hierdie slim druppels om jou songesoende somerglans heel jaar lank te behou.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Justine en Suzanne multi-funksionele oorbelle
Ons dra nou: Multi-funksionele oorbelle
error: Content is protected !!