Fotograaf Migneon Marais

Katryn Kruger se 5 beste grimeerwenke

Wêreldbekende model Katryn Kruger wat reeds vanaf 15 jaar oud op internasionale loopplanke en in modehuisveldtogte gesien word, se grimering lyk altyd so glansend en gesond. Ons het vir Katryn gevra om haar 5 beste grimeerwenke met ons te deel. Katryn verklap ook 3 gunsteling grimeerprodukte wat sy graag gebruik. Deur Justine Kroes

Fotograaf Migneon Marais

Katryn se 5 beste grimeerwenke

1.

Goeie velsorgprodukte is stapel-items en dit sal jou baie ver bring. ’n Gesonde vel is die beste basis vir enige grimeerroetine.

2.

Belê ook in ’n goeie vogroom – dit maak dat jou grimering beter aanbly, meer natuurlik lyk en langer hou.

3.

As jy graag wil jonger lyk, onthou net ‘less is more’. As jy te veel grimering dra, kan dit jou maklik laat ouer lyk as wat jy werklik is.

Vir my ‘less is more youthful’ grimeervoorkoms; fokus ek eerder op my vel, ek wil graag hê dit moet so gesond en vars as moontlik lyk. ’n Goeie hidrerende vogroom gee my vel daardie glansende voorkoms. Die res bestaan uit min of byna geen verbloemer, ’n klein bietjie maskara en dalk ’n effense sagte lipstiffie of lipbalsem (gebruik sommer hiervan op jou wangbene as ’n verhelderaar/highlighter).

Katryn Kruger

4.

’n Wimperkruller (eyelash curler) is ’n moet! Dit maak ’n ongelooflike groot verskil aan jou wimpers. Onthou: eers krul, dan maskara!

5.

Vir welige wenkbroue:  Gebruik sommer gewone haarsproei om jou wenkbroue op hul plek te hou. Spuit daarvan op jou wenkbroukammetjie en kam jou wenkbroue opwaarts. Dit hou hulle goed op hul plek.

Fotograaf Migneon Marais

Katryn se gunsteling grimering

Ek hou van Bobbi Brown se Instant Full Cover Concealer (R570). Ek dra nie graag onderlaag nie, so hierdie werk lekker om net my donker kringe te bedek.

Nog ’n gunsteling grimeer-item is Elizabeth Arden se Eight Hour Crème (R355). Ek gebruik dit graag op my lippe, as ’n highlighter (verhelderaar) op my wangbene en selfs op my ooglede vir ’n glansende ‘dewy look’.

Vir lieflike wimpers gebruik ek ook graag Smashbox se Superfan Maskara (R395) in swart.

katryn se beste grimeerwenke

Lees ook: Amalia Uys se nuwe lob en nog 9 mooi lob haarstyle.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grys hare
Wys jou grys hare (met trots)
error: Content is protected !!