Sosiale media gons oor die ‘demure’ voorkoms. Maar wat is dit nou eintlik, en is dit iets wat gewone vroue ook kan dra? Deur Suzanne Kotzé
Die ‘demure’ grimeervoorkoms
Kyk, van die ‘trends’ op sosiale media is lekker belaglik en gewoonlik nie iets wat ons sal dra nie. Grimeerkunstenaar Renée de Witt stem saam. “Van die trends raak nou al so ridiculous. Ek wil my doodlag vir van die goed op TikTok.” En ons stem saam, dit is dalk lekker of snaaks om te na kyk, maar baie van die mense wat ‘trends’ deel, of begin, het geen kennis van grimering nie, of dit lyk dalk mooi op kamera maar werk beslis nie in die regte lewe nie.
Waar het die ‘demure’ grimeervoorkoms begin?
’n Tiktokker Jools Lebron het in Augutus ’n video gedeel waar sy op pad werk toe is, en haar ‘demure’ grimering en uitrusting video wys. Die video gaan basies oor moets en moenies vir jou onderhoud of werkvoorkoms. En ja dit is vermaaklik om te kyk. In die video sê sy: “See how I do my makeup for work? Very demure, very mindful. I don’t come to work with a green cut-crease. I don’t look like a clown when I go to work. I don’t do too much. I’m very mindful while I’m at work. See how I look? Very presentable. A lot of you girls go to the interview, looking like Marge Simpson and go to the job looking like Patty and Selma, not demure.”
Vir die meeste van ons is hierdie dalk voor die hand liggend, maar sommige mense het dalk ’n herinnering nodig.
Ons het lekker gelag vir Jennifer Lopez se Instagram video waar sy tong in die kies wys hoe sy ‘very demure and elegant’ ’n groot bottel mengeldrankie drink. Kyk hier.
Ons tipe ‘demure’grimeervoorkoms
Ons verkies ons ‘demure’ voorkoms selfs nog meer ‘demure’ as wat Jools doen. Dink aan laasjaar se ‘ou geld’ en ‘quiet luxury’ modetrends; die ‘demure’ voorkoms is die grimeerweergawe hiervan. En of dit nou ’n trend is of nie, hierdie is ’n klassieke voorkoms en bly vleiend vir vroue van alle ouderdomme.
Ons is mal oor grimeerkunstenaar Renée de Wit se voorkoms hier. Sy sê: “Hierdie voorkoms van my is nogal ‘demure’. Beslis met ‘old money vibes.’
“Ek is mos maar nog altyd ‘demure’ as dit kom by my eie grimering. Minder is meer!”
Die ‘demure’ grimeervoorkoms is eintlik maar ’n natuurlike voorkoms, met glansende, vlekkelose vel met skakerings in dieselfde kleurfamilie op jou oë, wange en lippe.
‘Demure’ grimeerinspirasie
Doen jou ‘demure’ grimering só
Stap 1: Velvoorbereiding
“Velsorg is ’n baie belangrijke stap as jy hierdie tipe vlekkelose, glansende en gesofistikeerde grimering wil doen. Spandeer gerus ekstra tyd om jou vel voor te berei, want die ‘glow’ is alles,” sê Renée.
Stylvol wenke
Gereelde afskilfering is belangrik
Onthou gereeld afskilfering is ’n moet vir glansende vel. Ons is op die oomblik mal oor Paula’s Choice Exfoliate en Neostrata Peeling Pads. ’n Vinnige veeg, geen spoel, en jou vel is afgeskilfer.
Ekstra glans met ’n voorbereidingslagie
2. Onderlaag aanwending
Maak seker jy wend jou onderlaag vlekkeloos aan en meng goed sodat daar geen sigbare lyne is nie (veral rondom jou neus, kakebeen en voorkop.)
Lees Grimeerkunstenaars se beste onderlaag wenke hier
3. Monochromatiese skakerings vir jou oë, lippe en wange
Reneé sê: “Dit is belangrik om jou grimering monochromaties te hou, so nie ’n klomp kleure nie.” Kies byvoorbeeld skakerings met perske ondertone vir jou ooggrimering, wange en lippe. ’n Maklike wenk van Renée is: “Kies ’n ‘multi-purpose stick’ soos Woolworths Wbeauty All Over Face Multi Stick op jou oë wange en lippe.”
As jy verskillende skakerings natuurlike oogskadu wil gebruik, meng dit baie goed en onthou ’n tikkie ligter oogskadu in die hoek van jou oë en neus, waar dit altyd donkerder is. Kies ’n bruin oogpotlood wat jy liggies aanwend vir eksta definisie. Of as jy ’n tikkie meer glans verkies, trek ’n fyn vloeibare oogomlyner lyntjie (as jy dit kan regkry)