Jou wenkbrougids; alles wat jy moet weet, van produkte tot wenkbroubehandelings

Al ooit gewonder wat ’n wenkbroulaminering is, of wat die verskil tussen microblading en powder brows is? Of dalk het jy selfs net gewonder waarvoor ’n mens ’n wenkbrouseep gebruik? Ons het al jou wenkbrouvrae beantwoord. Hier’s dit nou, jou volledige wenkbrougids, ’n verduideliking van elke wenkbrouproduk tot al die nuutste wenkbroubehandelings wat nou beskikbaar is. Deur Justine Kroes

06/09/2024

Wenkbrouprodukte

Wenkbrouborseltjie/kammetjie

Gebruik ’n wenkbrouborseltjie, of spoolie soos dit onder grimeerkunstenaars bekend staan, en kam altyd jou wenkbrouhare opwaarts en dan na die kant toe.

Catrice Lift Up Brow Styling Brush (R62,95)

Dit leer jou haartjies om in daardie rigting netjies te val en ook te groei. Deur jou wenkbroue op te kam, laat dit hulle outomaties voller en meer lyk.

Catrice Lift Up Brow Styling Brush (R62,95)
Essence Fluffy Dreams Lash & Brow Spoolie (R57,95)

Wenkbroupotlood

’n Wenkbroupotlood word gebruik om jou wenkbroue te vorm.

Full Brow Liner by RefectoCil (R230 takealot)

Met ’n potlood is dit altyd belangrik om ligter hale aan die begin van die wenkbrou te gebruik en harder te druk namate jy meer na die middel beweeg.

Full Brow Liner by RefectoCil (R230 takealot) Beskikbaar in 3 skakerings
Catrice All In One Brow Perfector (R90,95)

Wenkbroupoeier

Gebruik jou wenkbroupoeier om gaatjies in jou wenkbroue op te vul en jou wenkbroue voller te laat lyk.

Wenkbroupoeier gee die mees natuurlike voorkoms, druk die wenkbrouborseltjie saggies in die poeier en wend met kort opwaartse bewegings oor jou wenkbrou aan, hierdie effek verseker dat die poeier (of potlood) soos haartjies lyk.

Benefit Cosmetics Goof Proof Brow Powder (R450)
Catrice Brow Powder Set Waterproof (R88,95)

Wenkbroujel

Gebruik ’n wenkbroujel om jou wenkbrouhare te tem en op hul plek te hou. Deursigtige wenkbroujel pas by almal.

RefectoCil Styling Gel (R288 Takealot)

Wenk: As jy nie ’n wenkbroujel byderhand het nie, gebruik ’n skoon maskaraborseltjie, spuit ’n klein bietjie haarsproei daaraan en kam jou wenkbroue netjies.

Refectocil Styling Gel (R288 Takealot)
Essence Fix It Like A Boss Transparent Brow Fixing Gel (R75,95)

Wenkbrouseep

Ja jy het reg gehoor – wenkbrouseep, en nee dit is nie om jou wenkbroue skoon te was nie, eerder om hulle op hul plek te hou. Jy gebruik ’n wenkbrouborseltjie, maak die seep (of wenkbrouseep-produk) effens nat, wend dit aan die borseltjie en kam dit opwaarts deur jou wenkbroue. Die resultaat? Wenkbroue wat heeldag op hul plek bly nes jy hul gekam het.

In die ou dae het vroue glisierienseep gebruik as ’n tipe jel om hul wenkbroue op hul plek te hou. Hierdie metode van netjiese wenkbroue met behulp van seep het onstaan in die “soap brow” tendens. Soveel so dat daar tans ’n verskeidenheid reeks “soap brow” produkte beskikbaar is.

Paese Cosmetics Brow Styling Soap Browstory (R250)
Catrice Brow Fix Soap Stylist (R100,95)

Wenkbroumaskaras

Dit werk so goed soos die jel maar bevat kleur wat hare netjies hou maar ook effens donkerder kleur.

Die meeste van die nuwe wenkbroumaskaras op die mark bevat superdun en fyn “fibres”/vesels wat, soos wat jy dit aanwend, jou wenkbroue voller en meer welig laat voorkom.

RefectoCil Styling Gel (R288 Takealot)
Essence Make Me Brow Eyebrow Gel Mascara (R69,95)

Wenkbroutint

’n Semi-permanente kleurskakering wat jy tuis op jou wenkbroue kan gebruik om die kleur donkerder te maak.

Kry die skakerings reg – Kies ’n wenkbroukleur so na moontlik aan jou haarkleur sodat dit natuurlik lyk. Jou wenkbroukleur behoort in dieselfde kleurfamilie as jou haarkleur te wees, maar altyd ’n ligter, valer, of koeler weergawe daarvan:

Grys of blonde hare – gebruik ’n bruingrys wenkbroupoeier.

Vir bruin of rooi hare is ’n ligbruin wenkbroupoeier die beste,

As jy donkerbruin of swart hare het, gebruik ’n mediumbruin wenkbroupoeier – nooit swart nie.

Die wenkbroue moet ’n paar skakerings ligter as jou haarkleur wees sodat jou wenkbroue jou gesig sagkens omraam. Te donker wenkbroue is onvleiend en vestig die aandag op plooie om jou oë.

Ons het onlangs hierdie BeautyLash by RefectoCil Two Go Full Brow Tinting Pen (R345 takealot.co.za) gebruik en ons kon nie glo hoe eenvoudig dit was nie.

Hier’s hoekom dit ons nuwe gunsteling wenkbroutint is:

G’n gemors, jy hoef nie meer die kleur te meng nie. Die eerste stap met die eerste pen en wend die kleur aan met die tweede pen. Elke pen is duidelik gemerk en die proses is super eenvoudig.

Hierdie wenkbroutint is in twee skakerings beskikbaar: Natural Broen en Black Brown.

Jy kan ongeveer 10 wenkbroutinte se gebruik uit hierdie pakkie kry.

Hierdie wenkbroutint hou vir weke lank op ons broue en is boonop waterdig.

Wenkbrouserum

Jou wenkbrouserum is soos ’n “conditioner” of opknapper vir jou wenkbroue. ’n Serum wat jy soggens en saans kan aanwend om die kondisie en groei-spoed van jou wenkbroue te bevorder vir voller, gesonder en welige wenkbroue. Die meeste wenkbrouserums bevat bestanddele soos peptiede, keratien en selfs hialuroonsuur om sterker en gehidreerde wenkbroue te bevorder.

RefectoCil Lash & Brow Booster (R1010 takealot.com)
RapidBrow Eyebrow Enhancing Serum (R1 130)

Wenkbroubehandelings

Wenkbrou-threading

’n Eeue oue metode van haarverwydering wat oorspronklik in Indië ontstaan het. Die tegniek behels ’n “threading” terapeut wat twee katoen draadjies (wat byna soos dun gare lyk) oor die oppervlak van die vel rol. Die wrywing van die twee draadjies teen mekaar op die vel se oppervlak trek fyn haartjies uit.

Threading word aanbeveel vir die wat met ’n sensitiewe vel sukkel, omdat daar geen harde chemikaliëe op die vel aangewend word nie, en daar word ook nie soos met waks aan die vel getrek nie.

Dit word ook bestempel as ’n baie akkurate metode van haarverwydering omdat die terapeut wat die threading beoefen totale beheer het oor die twee katoendraadjies.

Wenkbroulaminering

’n Wenkbroulaminering is ’n innoverende kosmetiese prosedure vir jou wenkbrougids waar wenkbrouhare geset en op hul plek gehou word deur ’n chemiese bestanddeel op wenkbroue aan te wend. Die resultaat is ’n semi-permanente oplossing vir wenkbroue om voller, netjies en versorgd te lyk sonder elke dag se moeite.

Enige iemand kan die wenkbroulaminering metode probeer, dit is veral geskik vir dames wat sukkel om daardie hardkoppige, moeilike wenkbrouhaartjies te tem.

Die behandeling is ook wonderlik vir dames wie se wenkbrouhaartjies in verskillende rigtings beweeg en lê.

Die behandeling hou min of meer vier tot ses weke. En jy kan daarna besluit wanneer jy weer so ’n wenkbroulaminering benodig

Lees meer daaroor en klik hier.

Wenkbrou-botoksbehandeling

Brow Botox is nie botoks vir jou wenkbroue nie, maar eerder ’n voedingsbehandeling vir jou wenkbroue wat bestaan uit bestanddele soos gehidroliseerde keratien en kollageen. Nes ’n haarsalonbehandeling vir jou hare. Die keratienmiddel word aan wenkbroue aangewend en geabsorbeer wat wenkbroue sagter, gladder en voller laat lyk. Hierdie behandelings word in die salon gedoen.

Wenkbrou-microblading

Microblading is ’n meer permanente vorm- en kleurbehandeling wat netjiese en voller wenkbroue skep metbehulp van naalde en ’n tatoeëermerkmetode. Die proses word gevolg waar ultrafyn haar-hale/bewegings deur ’n baie dun naald kleur of pigment in die vel agterlaat. Dink daaraan as ultrafyn haartatoeëermerke vir voller wenkbroue met presiese en netjiese definisie.

Hierdie wenkbroubehandeling is ideaal vir vroue wat sukkel met haargroei op hul wenkbroue, ook vir vroue met alopesie en die wat deur chemoterapie behandelings gaan en hul wenkbrouhare verloor. Hierdie is ook gewild vir vroue wat dalk voller wenkbroue wil hê of duidelike gaatjies in hul wenkbroue wil laat vul.

Selfs al klink die behandeling pynlik, word daar gewoonlik ’n verdowingsmiddel aangewend voor die proses plaasvind. Hierdie semi-permanente microblading-tegniek kan tot 18maande lank hou, waar daarna moontlike opknappings vir kleur en definisie gedoen moet word

Poeierwenkbroue

Powder Brows, soos die behandeling bekend staan, word beskryf as die “balayage” van permanente grimering; ’n meer natuurlike en sagte wenkbrouvoorkoms alternatief tot microblading. Die effek is so sag en natuurlik dat baie ook daarna verwys as “ombre brows”. Die natuurlike voller wenkbrouvoorkoms is danksy mikromineraal pigmente wat gebruik word in plaas van die ink wat gewoonlik op tatoeëermerke en microblading gebruik word.

Dit is veral ’n gewilde behandeling omdat powder brows tot en met 5 jaar lank kan hou.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Skoonheidsredders wat elke besige vrou nodig het
error: Content is protected !!