Aangesien dit vrouemaand is, vier ons die maand met ’n klem op veerkragtige vroue. Ons gesels met Dr Xandra van Heerden wat op 32 die besturende direkteur van die Skin Rejuvenation Technologies groep is. Sy deel haar raad en wenke met ons. Deur Suzanne Kotzé
Al het vroue gelyke toegang tot opvoeding en werksgeleenthede, is daar in Suid-Afrika nog verskeie industrieë wat grootliks deur mans oorheers word. Van hierdie is veral in die wetenskaplike en tegnologiese rigtings.
Hierdie is egter nie die geval by Skin Rejuvenation Technologies (die maatskappy agter onder ander die velsorgreeks optiphi® ) nie. Behalwe dat dr. Xandra van Heerden die besturende direkteur van die maatskappy is, bestaan die span uit meer as 80% vroue, en vele van die vroue is in senior en bestuursposisies.
Ontmoet van die veerkragtige vroue van Skin Rejuvenation Technologies
Dr Xandra van Heerden, besturende direkteur

Dit is nie dikwels dat ’n gerekende bio-tegnologie maatskappy deur ’n vrou gelei word nie, wat nog ’n jong vrou. Op slegs 32 lyk die inspirerende Xandra se resumé egter asof sy dubbeld so oud behoort te wees. Sy het ’n PhD in Chemiese Ingenieurswese, sy is ’n voormalige deeltydse senior lektor by die Universiteit van Pretoria en ’n navorsings-en ontwikkelings-ingenieur. Behalwe dat Xandra se pligte insluit om al die spanne te bestuur en seker te maak alles verloop glad, is sy steeds betrokke by al die verskillende departemente in die maatskappy ook.
Xandra se top drie wenke oor hoe ouderdom en geslag jou nie behoort terug te hou nie:
“Ek glo in gelykheid en om gekies en beloon te word vir jou prestasies, en nie jou ouderdom of geslag nie.”
Xandra se advies is:
- Werk hard. Werk hard genoeg om raakgesien te word vir jou vaardighede en prestasies.
- Moenie terugstaan nie, gee jou opinie en insette as jy ’n geleentheid kry. Maak seker dat jou stem gehoor word.
- Jy is tot enige iets in staat – glo dit!
Waarvan hou jy die meeste om saam met so groot span vroue te werk?
“Ek het wonderlike ervarings om saam met my span van meer as 80% vroue te werk.
- Vroue is oor die algemeen barmhartig.
- Hulle is ongelooflik ondersteunend teenoor mekaar en bou mekaar op.
- Ek is mal oor die ander perspektief wat vroue bied.
- Ons bereik baie goeie dinge saam, ons inspireer mekaar om te strewe na hoër hoogtes.
Vroue is uitsonderlike wesens en verdien om raakgesien te word vir hulle waarde.
Dr Xandra van Heerden

Danielle de Villiers, besigheids-ontwikkelingsbestuurder van die groep
Danielle het ’n fassinasie met wetenskap en sy het haar honneursgraad in Genetika behaal en ’n meestersgraad in Mediese Immunologie. As ervare projekbestuurder werk sy vir al vyf bio-tegnologie maatskappye onder die Southern Group of Companies porteulje, waarvan Skin Rejuvenation Technologies natuurlik ook een is. Sy werk in die velde van produknavorsing, ontwerp en opleiding.
Khilona Natha, genetikus
Khilona het ’n meestersgraad in Forensiese Genetika. In haar werk fokus sy op die genetiese aspek van optiphi®’se Helix toetse. Hierdie toetse bied DNS-analises, wat verbruikers die kans gee om hulle genetiese predisposisie te verstaan en om gesonde leefstylkeuses te maak op grond van hulle resultate.
Haar werk behels die navorsing en ontleding van genetiese risiko’s en om hierdie bevindinge aan produkaanbiedinge te koppel.
Shalene Bothma, navorsings- en ontwikkelingswetenskaplike
Met ’n MSc in Chemie speel Shalene, wat tans besig is om haar PhD in Chemie te voltooi, ’n fundamentele rol in produkontwikkeling, bestanddele-navorsing en produkformulering. Sy is verantwoordelik vir die navorsing wat gebruik word vir die skep van nuwe produkte, die toetsing van die produkte se kliniese doeltreffendheid en die ontwikkeling van die produkte se formules.
Tebogo Bayi, verkrygingsbestuurder (Procurement Manager)
Tebogo het ’n BSc-graad in Mediese Wetenskappe en ’n Honneursgraad in Menslike Selbiologie. Hierdie kwalifikasies gee haar ’n baie dieper begrip vir die items waarmee sy werk. As verkrygingsbestuurder is Tebogo verantwoordelik vir die verkryging en aankoop van die grondstowwe, laboratoriumverbruiksgoedere en die verpakking wat nodig is om optiphi®-produkte te skep.
Subashni Pillay, menslike hulpbronbestuurder van die groep
Subashni is die menslike hulpbronbestuurder van al vyf maatskappye met ’n personeel van 160. Subashni het onlangs haar graad in Besigheidsadministrasie voltooi, met die grootste deel van haar studies wat gedoen is terwyl sy vir die maatskappy gewerk het. Hierdie is ’n goeie voorbeeld van die tipe personeelontwikkeling wat deur die maatskappy aangemoedig word.
Vroue wat mekaar aanmoedig en bemagtig is voorwaar die hart van hierdie maatskappy. Hierdie vroue is egter meer as net hulle opvoeding en titels, maar hulle is ook ’n inspirasie vir mekaar, en ander vroue en jong meisies, wat ook meer wil bereik of graag in die wetenskapveld wil werk.
Hierdie artikel is geborg deur optihi®