8 Onderlaagwenke vir foutlose vel, plus ’n onderlaag met velsorgvoordele

Ons ontvang gereeld die vraag; “Wat is die beste onderlaag?” Ons antwoord: daardie onderlaag wat jou vel steeds soos jou vel laat lyk, net beter.

Jou onderlaag behoort so natuurlik as moontlik te lyk, die doel is dat niemand eintlik behoort te kan sien dat jy onderlaag dra nie. In hierdie artikel deel ’n grimeerkenner 8 onderlaagwenke en aanwendingstruuks vir ’n foutlose velvoorkoms plus ’n nuwe gunsteling onderlaag op ons radar, met 80% velsorgeienskappe, ’n eerste van sy soort! Saamgestel deur Justine Kroes

02/05/2025

8 onderlaagwenke vir ’n foutlose vel voorkoms

Grimeerkenner Sindiswa Kwesha van Clarins Suid-Afrika deel haar top onderlaagwenke en aanwendingstruuks. Glo ons gerus, hierdie gaan jy wil probeer:

1. Velvoorbereiding velsorg

Hierdie is die belangrikste deel van jou grimeerroetine, vertel Sindiswa, sonder goeie velsorggewoontes en die gebruik van die regte produkte, sal jou onderlaag nie foutloos kan lyk nie. ’n Vel wat goed voorberei is, beteken gereelde afskilfering, hidrerende serums en vogrome – velsorgstappe wat gevolg móét word voordat jou onderlaag aangewend word. Om onderlaag aan ’n gesonde en gehidreerde vel aan te wend, sal boonop sorg dat grimering langer hou, eerder as op ’n droë gedehidreerde vel.

2. Voorbereidingslagie (primer)

Primers, oftewel ’n voorbereidingslagie, kan beskryf word as die “photoshop” van die grimeerwêreld. ’n Voorbereidingslagie word onder jou grimering aangewend om ’n gladde, foutlose velbasis te skep voor grimeringaanwending.

Sindiswa verduidelik, ’n voorbereidingslagie is ’n móét, nie net gaan jou voorbereidingslagie jou onderlaag makliker laat aanwend nie, dit  verseker jou grimering lyk teen die einde van die dag nog vars en foutloos.

Jou voorbereidingslagie kan ook gebruik word om enige velfoute te verbloem, hetsy dit donker vlekke, rooiheid of vergrote porieë is. Dink daaraan as ’n “lewendige” filter wat jy aanwend om die perfekte velvoorkoms te skep.

Lees ook: Wat is ’n grimeervoorbereidingslagie (primer) en hoe werk dit?

3. Gebruik jou vingers of ’n grimeerkwassie

“Hoe ookal jy verkies om jou onderlaag aan te wend, is ’n persoonlike voorkeur en daar is nie ’n reg of verkeerd hier nie. Jy kan jou vingers of ’n grimeerkwassie gebruik, mits jy seker maak die aanwending is deeglik en daar geen sigbare strepe is nie” vertel Sindiswa.

“Indien jy nie ’n goeie grimeerkwassie byderhand het nie, is jou hande en vingers ’n ideale manier om onderlaag aan te wend, die warmte van jou vingers laat toe dat die onderlaag goed beweeg en aanwend op jou vel, mens het ook baie beheer met jou vingers en waar jy die onderlaag kan aanwend” verduidelik Sindiswa.

Om enige strepe (streaking) te vermy, gebruik hierna ’n grimeerkwassie, ’n groot fluffy poeier of stippelende grimeerkwas om jou onderlaag te “blend en buff” of uit te poets in groot sirkelbewegings sodat daar nie enige duidelike lyne of strepe op jou gesig is nie, is nog ’n handige wenk wat Sindiswa deel.

Onthou om van jou ken af na jou nek ook te “buff” om daardie ongewenste onderlaaglyn te verhoed.

4. Metode van aanwending

Begin altyd met n baie dun lagie onderlaag, jou vel moet sigbaar wees deur die onderlaag, vertel Sindiswa. Wend dan in ’n op-en-uitwaartse beweging van jou neus af na die buitekant van jou gesig jou onderlaag aan. Begin altyd met die meeste onderlaag altyd in die middel van jou gesig (neus) en meng dit uit na buite vir ’n meer eweredige verspreiding en aanwending van jou onderlaag.

Sindiswa vertel “Ek leer ook altyd vir dames om daardie op-en-uitwaartse aksie van aanwending reg te kry omdat ons nooit die vel wil aftrek na ondertoe nie. Jy moet altyd probeer om die integriteit van jou vel te beskerm, en opwaartse vel “ligtende” bewegings stimuleer die vel meer as afwaartse bewegings. Sindiswa sê, oefen dit selfs met die aanwending van jou velsorgprodukte om ’n goeie aanwendingsgewoonte aan te leer.

5. Verbloem donker kringe en merkies so:

Jy het nie noodwendig ’n verbloemer nodig nie vertel Sindiswa, probeer eerder hierdie:

Wend eerstens ’n dun eweredige lagie van jou onderlaag bo oor jou hele vel aan. Wend hierna met ’n stippelende drukaksie nog ’n lagie van jou onderlaag bo-oor daarde gedeeltes en merkies wat pla. Verbloem so ook jou donker kringe onder die oë, pigmentasie kolletjies of puisies. Hierdie truuk verseker dat sekere gedeeltes nie meer uitstaan as ander nie, en dat daar nie sigbare verbloemer in fyn plooie gaan sit nie. Daarom is ’n verbloemer nie altyd nodig nie, verduidelik Sindiswa.

6. Gebruik ’n onderlaag met velsorgvoordele

Dit is byna ongehoord dat grimering of onderlaag velsorgvoordele bevat. Sindiswa sê, “beslis ’n topwenk, maak seker jy gebruik ’n onderlaag met velsorgvoordele en een wat velsorgbestanddele bevat. ’n Onderlaag wat jou vel voed en hidreer terwyl dit vir jou ’n foutlose voorkoms gee”.

5 Redes waarom die Clarins Skin Illusion Full Coverage Luminous Matte Finish Hydrating Foundation ’n moet-probeer is

1. Velsorgvoordele

Die nuwe Clarins Skin Illusion Full Coverage onderlaag is eie in sy soort. Hierdie onderlaag bevat 80% velsorgvoordele, en verbloem nie net jou merkies nie, dit voed en genees jou vel om merkies aan te spreek. Die ultra-ligte formulasie laat jou vel toe om steeds “asem te haal” alles terwyl dit jou vel beskerm.

2. Natuurlike bestanddele

Soos net Clarins kan;

Hialuroonsuur sorg dat jou vel vir 24uur gehidreerd, plomp en bevogtig bly.

Sink glukonaat verminder blink en bied ’n mat afwerking. Dit suiwer boonop die vel en werk om sigbare merkies en puisies te verminder

Hawermout suikers – het velverfermings-voordele. Hierdie natuurlike bestanddeel vorm boonop ’n lagie op die veloppervlak wat grimering langer laat aanbly.

Clarins Anti Pollution Complex: Lapsana ekstrak, Marrubium vulgare & furcellaria, beskerm vel teen eksterne omgewings agressors, besoedeling, vrye radikale en blou lig wat vel beskadig.

3. Formule wend foutloos aan

Die formule word beskryf as ’n “luminous matte finish”, ’n ligte mat afwerking, wat daardie ongewenste blink vel wegtoor maar terselfdertyd ’n foutlose glansende velvoorkoms bied. Hierdie onderlaag laat die vel syglad en glansend maar steeds mat.

Dit bied ’n hoër dekking (high coverage) maar is steeds ’n boubare onderlaag, verduidelik Sindiswa. Dit beteken jy kan namate hoeveel jy aanwend jou onderlaag voorkoms lig hou of meer aanwend vir meer dekking vir aand geleenthede byvoorbeeld.

Kyk net die verskil – Justine dra die Clarins Skin Illusion Full Coverage Luminous Matte Finish Hydrating Foundation (R745) aan die linkerkant van haar gesig.

5. Skin Fit tegnologie, onderlaag wat hou en hou

Die Clarins Skin Illusion Full Coverage Luminous Matte Finish Hydrating Foundation is ontwikkel om 24 uur lank op jou vel te kan hou. Die eerste onderlaagformule wat danksy organiese hawermoutsuikers ’n driedimensionele botaniese film op jou vel vorm. Hierdie (skin fit) lagie laat jou vel toe om te beweeg met al 10, 000 gesiguitdrukkings wat jy daagliks maak, en laat steeds die onderlaag op sy plek bly.

Suzanne dra die Clarins Skin Illusion Full Coverage Luminous Matte Finish Hydrating Foundation (R745) aan die regter kant van haar gesig.

Hierdie onderlaag is:

Waterbestand

Smeerbestand, (koebaai onderlaag teen jou foon)

Sweetbestand en

Emosiebestand – dit hou deur sweet, humiditeit, lag, huil en trane.

Beskikbaar in 25 velskakerings.

Die Clarins Skin Illusion Full Coverage onderlaag is plaaslik beskikbaar in 25 velskakerings – uniek verdeel in veltoonskakerings van neutraal, koel en warm om makliker jou onderlaagskakering te vind.

7. Grimeersproei (setting spray) is ’n moet

Sindiswa sê selfs jou grimeersproei kan veeldoelig wees, hier is drie gebruike waar grimeersproei jou onderlaagvoorkoms selfs nog meer foutloos kan laat lyk:

1. Gebruik dit saam met jou onderlaag;

“Sproei ’n tikkie van jou grimeer “setting” sproei op jou grimeerkwassie aan (jou kwassie moet nie sopnat wees nie!) en tik jou onderlaag met hierdie grimeerkwassie aan. Hierdie truuk sorg dat jou onderlaag foutloos aanwend, glansend lyk, asook natuurlik langer aanbly.

2. Seël jou grimeervoorkoms;

Nadat jy jou onderlaag aangewend het, eindig met ’n gesigsproei – hierdie stap seël jou grimeervoorkoms en gee dit ekstra houkrag. Jou “setting” sproei laat natuurlik nie net jou grimering set nie – dit gee ook ’n vars, jeugdige glans aan jou grimeervoorkoms.

3. Verfris jou grimering deur die loop van die dag;

Gebruik jou “setting” sproei om sommer so deur die loop van die dag jou grimeervoorkoms te verfris en af te koel en nuwe lewe aan jou grimeervoorkoms te gee.

8. Poeier net waar dit nodig is

Sindiswa sê “Poeier net daar waar dit nodig is. Hoewel ons deesdae die “luminous” glasvel, en glansende gelaat verkies, is daar steeds die wat met ’n olierige en baie blink vel sukkel verduidelik Sindiswa.  Indien jy graag ’n poeier wil gebruik, gebruik liefs ’n deursigtige (translucent) poeier net op die gedeeltes waar jy blink. Veral as jy ’n olierige vel het. Die deursigtige poeier sal nie kalkerig en krummelrig lyk soos gewone poeier nie en dit sal oortollige blink wegtoor.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Veelsydige skoonheidsprodukte; spaar tyd en spasie
error: Content is protected !!