Georganiseerde grimeersakkies

Og, ken julle ook die gevoel van ’n deurmekaar grimeersakkie? Doppies wat oopgelos is en mors, ook die krap en krap om iets raak te vat? Ons het die oplossing gevind, georganiseerde grimeersakkies, met ’n plek vir elke kwassie, lipstif en onderlaag! Hier is ’n paar gunstelinge: Deur Justine Kroes

Ek sit nie by ’n spieëltafel om my grimering te doen nie, ek sit elke oggend op my bed, en maak my deurmekaar grimeersakkie oop. Elke dag belowe ek my, ek gaan dit regpak, skoonmaak en die items wat ek nie meer gebruik nie uitgooi. Maar ek doen nie, dit is gewoonlik heel laaste op my prioriteitslysie!

Totdat ek hierdie oulike, georganiseerde grimeersakkies raakgesien het, kompleet met ’n gaatjie vir elke item. Ek het bietjie rondegeloer en toe sommer op nog ’n hele paar ander oulike ontwerpe afgekom.

Vir elke dag se oop en toe

Hierdie sakkie maak maklik oop en toe, wanneer ek dit oopvou kan ek dit netjies op my bed neerlê sonder dat iets uitval en mors. Ek vou dit eenvoudig toe en stoor dit netjies weg wanneer ek klaar grimering aangewend het.

Die deursigtige vakkies is wonderlik, maklik om skoon te hou (vee dit eenvoudig skoon) en jy kan uiteindelik sien wat lê waar sonder om vir ewig rond te krap om jou haartangetjie of gunsteling lipstiffie te vind.

My grimeerroetine is dus soggens selfs vinniger en laat my sommer rustiger voel sonder al die rondkrap, spartel en soek na kwassies en oogomlyner.

Teen (R89,95) is hierdie sakkie beslis ’n aanwins as jy soos ek ’n ekstra bietjie hulp in die organisasie-afdeling benodig.

Mr Price Scarlet Hill Make Up Bag (R89,99)

Georganiseerde grimeertassie

Hierdie tassie/sakkie is nog ’n handige opsie om al jou grimeerprodukte netjies op hul plek te hou.  

Wanneer jy die boonste gedeelte oopvou kan jy maklik sien wat lê waar, met hierdie tassie sal ons grimering pynlik netjies uitgestal word, ons weet dit sommer al!

Albei die ontwerpe is waterdig, ’n bonus veral vir ’n grimeersakkie waar iets beslis die een of ander tyd sal lek of mors.

Takealot Make Up Organiser (R261)
Olive Tree Large Waterproof Make Up Bag (R269 Zando)

Hou dié in jou handsak of kar

Hierdie kleiner grimeersakkie is die perfekte grootte om al die nodigste items vir elke dag te stoor. Daardie vyf of ses produkte wat jy graag “on the run” gebruik om jou grimering te verfris deur die loop van die dag met jou grimeerkwassies daarby. Al jou nodigste items handig op een georganiseerde plek.

Mr Price Scarlet Hill Make Up Bag (R60)

Perfek vir reis

Hierdie opvou/oprol sakkies is nog een van ons gunsteling georganiseerde grimeersakkies. Die beste deel? Die handige hakie maak dat jy hierdie sakkie enige plek kan ophang, in die badkamer aan die handoekreling of aan die hakie agter die deur, of dit eenvoudig op jou bed of grimeertafel uitrol.

Bowenal met ’n plek vir elke grimeerkwassie en die deursigtige afdelings word dit natuurlik maklik om blitsvinnig iets te vind.

Mr Price Scarlett Hill Compartment Make Up Bag (R129,99)
Poetry Estelle Cosmetic Bag (R499)
WBeauty Roll Out Make Up Bag (R399)

Lees ook: Jimmy Choo ‘I Want Choo’ fyngeur

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
bypassende rompe en bostukke
Bypassende rompe en bostukke
error: Content is protected !!