Grimeerwenke vir vroue bo veertig

Hierdie is grimeerwenke wat ek deur die jare by vele grimeerkunstenaars geleer het en self toepas. Want kom ons wees nou maar eerlik, grimering in jou veertigs is beslis nie dieselfde as in jou dertings of twintigs nie. Deur Suzanne Kotzé

Grimeerwenke

1. Sit kleur terug

Soos ons ouer word, begin ons valer lyk. Wenkbroue en wimpers word ligter en skaarser (terwyl lip en kenhare weer die teenoorgestelde doen!). En ons lippe word nie net dunner nie, maar dit lyk ook valer.

Wenkbroue

Vul jou wenkbroue in met ’n potlood wat by jou wenkbroukleur pas. Onthou om veerligte stroke te gee, wat soos haartjies lyk. Geen soliede strepe.

Nog ’n alternatief is om jou wenkbroue te kleur. Ons doen dit gereeld sommer self met Beautylash by Refectocil Two Go Full Brow Tinting Gel.

Lees ook hier: Jou wenkbrougids, alles wat jy wil weet, van produkte tot wenkbroubehandelings.

Lippe

Kies ’n lippotlood een of twee skakerings donkerder as jou natuurlik lipkleur en omlyn jou lippe effens (baie effens) buite jou natuurlike liplyn. So lyk jou lippe effens voller. Vul jou lippe in met die potlood en wend ’n bevogtigende glansende lipstiffie of glans bo-oor. Tik ’n ekstra bietjie glans aan die middel van jou lippe om dit voller te laat lyk.

Jy kan ook ’n produk soos RVB Lab Lip Explosion probeer. Dit laat jou lippe plomper lyk (dit tintel effens terwyl en net na jy dit aansmeer) en pas aan by jou natuurlike pH om jou lippe ’n roserige tint te gee. Ideaal vir ’n natuurlike voorkoms.

Wange

Kies ’n romerige blosser, wat ook glansend lyk soos Revlon Iluminance Serum Blush

2. Verruil jou jou swart vloeibare oogomlyner vir ’n bruin potlood

En vervang dit met ’n sagte bruin potlood. Een wat jy kan smudge as jy ’n fout gemaak het of as jou lyn nie mooi eweredig is nie. (Met ooglede wat minder ferm is, is ’n reguit lyn trek nie grappies nie). Trek die lyn ligter en fyner in die binnehoeke en konsentreer op die buitehoeke, met ’n lyntjie wat uitwaarts en opwaarts lig.

3. Beklemtoon onder jou wenkbroue

Gebruik ’n beklemtoner of ligte potllod soos Revlon ColorStay Multi-Liner in 012 High Point net onder die boog van jou wenkbrou. Dit help ook om die illusie te skep van lig.

4. Ooggrimering lig (binne) na donker (buite) en opwaarts

Kyk veral na die oogskadu-plasing op hierdie skets wat deur grimeerkunstenaar Marlinette Newman gedoen is.

In my twintigs het ek die medium kleur op my ooglid, donker kleur in die vou en ligte kleur onder die wenkbroue gebruik. Nou begin ek met ’n ligter kleur in die binne V en onder my wenkbroue; gevolg deur ’n medium kleur op die ooglid en ’n donkerder kleur van die middel van die oogvou na die buitehoeke. Konsentreer om die kleur effens opwaarts op die buitehoeke aan te wend sodat dit na jou wenkbroue optrek. Meng die kleure baie goed (gebruik gerus ’n vergrootspieëltjie as dit moet!)

Geen donker oogpotlood in jou waterlyn van jou onderste ooglid nie, dit laat jou oë net kleiner lyk. Gebruik eerder ’n ligte potlood om jou oë oper te laat lyk. As jy van kleur onder jou oë hou, kan jy die medium en donkerskadu met ’n klein kwassie aanwend wend, en dit opwaarts meng om ’n subtiele katoog voorkoms te skep. En dieselfde geld vir jou oogomlyner.

5. Dink nuut oor waar jy jou blosser aanwend

Soos ons gesigte meer begin hang, wil mens alles opwaarts trek met grimering. Jy was dalk gewoond om blosser op die appels van jou wange te wend, maar jou wange is dalk ook nie meer waar dit was nie. Dit is daarom belangrik om te glimlag terwyl jy blosser aanwend. Begin by die bokant van jou wangappels en wend dit opwaarts en uitwaarts aan (sien die metode onder).

6. Oorweeg die L.O.V.E kontoermetode

Ek het hierdie maklik om te onthou metode aangeleer danksy ’n grimeervideo op Instagram. Jou blosser vorm die L (van jou slape na die bokant van jou wangappels), en jou kontoerstrepe (ons het Revlon ColorStay Multi-Liner gebruik) in ’n klein O op die punt van jou neus, die V op die kante van jou neus en die E vanaf jou slape, met die binnestreep van die E net onder jou wangbene en die onderste streep van die E rondom jou kaak. Dit help om vorm te gee aan jou gesig en dit is verbasend vinnig om te doen. Meng dit goed. Ek gebruik ’n Beauty blender of onderlaagkwas om te meng.

Revlon ColorStay Multi-Liner (R220) kan op jou oë, lippe en gesig gebruik word. Ek het die Dynamic Doer kleur gebruik om te kontoer.

7. Maak vrede met jou ‘nuwe’ voorkoms

Dis maklik om plooie en foute raak te sien as ons in die spieël kyk, maar herinner jouself watter voorreg dit is om ouer te kan word. Justine (36) en Suzanne (46)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
ekseem
Raad vir ekseem gedurende die somer
error: Content is protected !!