rpt

Die grimeeer-oplossing vir vel wat blink

Een van die staatmaker-items in my smuktassie is ’n deursigtige gesigpoeier die grimeer-oplossing vir my vel wat blink. My redder op dae wat my T-sone se refleksie van Mars af gesien kan word. Deur Justine Kroes

Ek sukkel veral op warmer dae met ’n gesigvel wat dwarsdeur al my grimering blink. Hoewel ek baie van ’n gesonde glans hou, raak die blink partykeer net effens te erg. Ek gebruik graag die Palladio 4 Ever & Ever Mattifying Loose Setting Powder (R125 Dis-Chem) poeier.

Palladio-4-ever-loose-setting-powder
gesigpoeier-vir-vel-wat-blink

Ek verkies ’n deursigtige poeier bo ’n poeier met kleur, dit absorbeer blitsvinnig enige olie sonder dat die poeier sigbaar is en ongemaklik droog of styf voel op my vel.

Nadat ek die poeier aangewend het, is dit glad nie weer nodig om verder deur die loop van die dag my grimering op te kikker nie.

Wenk: Sodra ek die poeier op my grimeerkwas het, tik-tik ek effens met my wysvinger op die kwas sodat ek nie te veel poeier aanwend nie. Ek poeier dan net my T-sone (voorkop, neus en ken). Ek vind dat  hierdie deursigtige gesigpoeier ’n wenner grimeer-oplossing is vir vel wat blink.

Waarsonder kan jy nie klaarkom in jou smuktassie nie?

Lees ook: Skitterende donker naellak

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sothys cryo eye treatment
Porseleinlepels vir pofferige oë met die Sothys Cryo-oogbehandeling
error: Content is protected !!