edf

Skitterende donker naels

Tydens die kouer winter maande gebruik ek graag donker, meestal swart naellak. Hierdie skitterende donker naels pas by feitlik al my uitrustings en lyk klassiek-sjiek. Loer hier vir vyf wenke wanneer jy jou naels donker verf.

skitterende-naellak
Bio Sculpture Gemini in Cast Iron

Ek dra nie gewoonlik naellak met blinkers nie, maar hierdie Bio Scultpture Gemini naellak in die Cast Iron skakering wat net so effens skitter in die sonlig is my nuwe gunsteling! Dit is steeds lekker donker maar die bietjie blink skep ’n 3-dimensionele effek en vlei my vingerpunte. Hierdie naellak hou nou al ses dae en het nog nie afgedop nie. Dankie aan Agape de Beaute vir hierdie geskenk!

donker-naels
donker-naellak

5 wenke vir donker naels

  1. Maak jou naeloppervlak eers goed skoon, gebruik asetoon om van enige oortollige olie op jou naels ontslae te raak.
  2. Gebruik altyd ’n basislagie – dit sorg vir eweredige aanwendig van die kleur en verhoed dat die donker naellak jou naels vlek.
  3. Wanneer jy jou kleur aanwend, verf twee dun lagies eerder as een, dit sal verseker dat die kleur eweredig en netjies geverf word.
  4. Moet nie van die bopunt van jou nael vergeet nie. Verf dit om die naellak te seël sodat die kleur nie afkraak op die bopunt van jou naels nie.
  5. Onthou jou bolagie, dit rond jou manikuur mooi af en sal ook keer dat jou naellak te vinnig afdop.

Wat is jou gunsteling naellak skakering?

Lees ook: Die grimeer-oplossing vir vel wat blink

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sakpas haarbykomstighede
error: Content is protected !!