Chanel se beperkte uitgawe ‘Holiday Collection’ is jaarliks iets waarna ons uitsien en vanjaar se feestelike grimering in goud en rooi is geïnspireer deur die goue skakelkettings waarvoor Chanel so bekend is. Deur Suzanne Kotzé
So wil ek lyk vir Kersfees en sommer Nuwejaar ook! Nie dat ek vreeslike groot planne het nie, maar wow! Sulke mooi grimering sal my sommer goed laat voel.
Feestelike grimering ala Chanel styl
Soos met alles van Chanel is geen produk net nog ’n produk nie, maar daar is ’n storie of inspirasie agter. Die Holiday Collection se inspirasie is die goue skakelketting wat dekades gelede deur Madame Chanel uitgedink is, hoofsaaklik sodat vroue nie hulle handsakke hoef vas te hou nie sodat hulle hande vry is. Lucia Pica, kreatiewe kleurdirekteur vir Chanel wou die glans van hierdie goue skakels op ’n luukse glansende manier vasvang, sonder om ‘flashy’ en oppervlakkig te lyk. Die oogskadu en lipstiffies het die allerfynste koperige goue glinsterende deeltjies in; amper soos die skakels van die handsak se ketting. Jy sien ook die motief van die kettings op die blosser en oogskadu. Dit is hierdie klein detail en moeite wat Chanel so spesiaal maak.

Illuminating Blush Powder (R1230)
Kyk net hoe mooi is die skakel-detail op die blosser. Dit is altyd moeilik om die eerste veeg van so ’n mooi produk te neem. Dit gee ’n pragtige, subtiele rooskleurige glans, sonder om blink te lyk.
Ombre Premiére in 925 of Antique Gold (R655)
Wat ’n lieflike goue kleur. Jy kan dit net so op jou ooglid gebruik, maar ek hou daarvan om enige iets met ’n effense glans of glinsterende deeltjies eerder bo-oor ’n primer te gebruik sodat geen glinsterende deeltjies in my plooitjies beland nie.

Foto: Chanel
Rouge Allure in 137 (R760)
Hierdie baksteenkleur met die allerfynste goue spikkeltjies het ’n satynagtige afwerking en die goud gee net effense glans, sonder om soos goue spikkels op jou lippe te lyk.
Lees ook: Die treffende ooggrimering vir met of sonder maskers