Drie heerlike mocktail-resepte

Bekende Kaapse kuierplek Café Caprice se miksoloog deel met ons drie mocktail-resepte.  Of jy nou wil terugsny op alkohol, kies om alkoholvry te leef of die bestuurder is, hierdie mocktails is heerlik. Geen rede waarom jy net aan water of koeldrank hoef te teug om die braai nie.  Saamgestel deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith

Café Caprice se mocktail-resepte

Jacob, miksoloog by Café Caprice deel hierdie drie resepte.

Pynappel en bosbessiesap

Die mooi glas is van Poetry.
  • 25ml suurmengsel (sours mix, resep onderaan artikel)
    25ml pynappelsap
  • 25 ml bosbessiesap (cranberry)
  • ’n Paar bloubessies, gehalveer en liggies gedruk
  • 12.5 ml witsuiker

Skud die bestanddele saam in ’n mengeldrankiehouer. Gooi limonade by. Bedien in ’n sjampanje coup.

(Ons het die drankie nogal soet gevind, so los gerus die suiker uit, of gebruik sodawater in plaas van limonade as jy ook van minder soet drankies hou.)

Bosbessie-en-pomelodrankie

  • 50 ml bosbessiesap
  • 25 ml suurmengsel
  • 12.5 ml agavestroop
  • 25 ml pomelosap

Geperste/sag gestampte (muddled) gemmer (liggies in ’n stamper en vysel gekneus). Skud al die bestanddele saam in ’n mengeldrankiemenger. Vergiet twee keer (double strain)

Gooi in ’n whiskeyglas en maak vol met gemmerlim (ginger ale). Plaas ’n lemmetjieskyfie bo-op.

Tropiese drankie

  • 50ml lemoensap
  • 25ml pynappelsap
  • 25ml lemmetjiesap
  • 12.5ml aarbeisap
  • 25ml grenadillapulp

Skud al die bestanddele saam in ’n mengeldrankiemenger. Vergiet twee keer (double strain). (Ons hou vand ie grenadillapulp by, en het verkies om dit nie te vergiet nie.)

Gooi in ’n wynglas en maak vol met Dry Lemon. Bedien ’n skyfie suurlemoen bo-op

Maak jou eie suurlemoenstroopmengsel

Baie mengeldrankies het ‘sours’ as bestanddeel, en al wat dit is, is suurlemoenstroop.

As jy ’n suurlemoenboom tuis het, is hierdie soveel makliker en lekkerder om self te maak, en dit kan as basis dien vir alles van gevriesde margaritas tot limonade.

  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie water
  • 1 koppie vars uitgedrukte suurlemoensap
  • ½ koppie vars uitgedrukte lemmetjiesap

Kook die stroop deur die water en suiker te meng en saam te kook todat die suiker opgelos het. Laat afkoel.

Gooi die suurlemoensap en lemmetjiesap deur ’n sif en gooi dit in ’n bottel wat kan seël. Gooi die afgekoelde stroopmengsel by en hou dit in die yskas tot jy dit nodig het.

Lees ook: Alkoholvrye drankies, die nuwe tendens?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Konflikhantering in jou huwelik
error: Content is protected !!