Desember is hier, dit beteken jaarafsluitings, en familie en vriende krismiskuiers by dosyne – wat ook beteken dat jy ’n paar drankies gaan geniet. As jy dalk hierdie feesseisoen nie graag alkohol wil drink nie, of dalk selfs net minder alkohol wil inneem, het ons vir jou raad met ’n paar alkoholvrye alternatiewe daarby. Deur Justine Kroes
Die alkoholvrye tendens
Jy mag dit moontlik al in jou vriendekring raakgesien het, daar is ’n groot beweging van alkoholiese na alkohol-vrye drankiekeuses onder mense. Volgens AMPLYFI, ’n internasionale moniteringsplatform, is daar opgemerk dat daar tans ’n wêreldwye beweging is om minder of geen alkohol in te neem, dus is daar ’n groot aanvraag vir alkoholvrye alternatiewe in die drankie mark.
Die rede hiervoor word toegeskryf aan welwees- en gesondheidsredes onder verbruikers (veral tussen die ouderdomme van 18 tot 35), wat kalorie en alkoholinnames wil verminder.
5 Redes waarom ons van alkoholvrye alternatiewe hou
1. Jy kan drankies “uitruil” om jou alkoholinname te verminder
Die “uitruil” tegniek verwys na die tendens van “frictionless drinking” die metode waar jy een alkoholiese drankie geniet en daarna een sonder alkohol, en so wissel jy jou drankies af deur die loop van die aand om jou inname van alkohol te verminder. Ons dink hierdie metode op luilekker Desembervakansie somersdae kan veral goed werk – wissel jou drankies langs die swembad af met alkoholvrye alternatiewe.
2. Jy lyk of voel nie uit plek uit nie
Wat ookal jou motivering vir geen of minder alkohol inname, is ons dankbaar vir die tendens – dit bied gesonder alternatiewe wat ’n positiewe verskil kan maak wanneer jy saam met vriende kuier – jy hoef nie meer te verduidelik waarom jy nie alkohol drink nie, en bykans niemand sal dit eers agter kom nie, die alternatiewe lyk deesdae nes die gewone ou drankie.
3. Dit is gesonder
Soos enigiets is ’n goeie balans belangrik – dus bied alkoholvrye alternatiewe ’n gesonder opsie vir die wat vir gesondheidsredes minder alkohol en kalorieë wil inneem. Maak seker jy lees die etikette en wees op die uitkyk vir alkoholvrye alternatiewe wat te veel suiker bevat.
4. Dit is veiliger
In Suid-Afrika sê die wet dat jou bloedalkohol vlak minder as 0.05g moet wees per 100ml bloed. Dit beteken, al het jy selfs net een drankie (‘n 350ml bier byvoorbeeld) gedrink, mag jy oor die limiet wees om te bestuur. Die alkoholvrye alternatiewe is dus ’n veilige plaasvervanger vir wanneer jy weet jy gaan moet terug bestuur huistoe.
5. Dit is (meestal) goedkoper
Nes suikerbelasting tariewe is daar ook alkoholbelasting tariewe wat natuurlik die prys van suiker of drankprodukte opstoot. Dis die rede dat ons ekstra betaal vir drankies wat alkhohol bevat. Hoewel hierdie meestal die geval is, in Suid-Afrika is die alkoholvrye mark steeds baie nuut en produkte is in aanvraag, daarom is die pryse of goedkoper of effens goedkoper as die wat alkhohol bevat.
Probeer gerus hierdie alkoholvrye drankies:
En as jy nog opsies soek, loer gerus op www.zerodrinks.co.za en www.drinknil.co.za vir nog vele meer alkoholvrye opsies.