Digitale klotter: hoe digitale geraas jou geestesgesondheid beïnvloed

Wanneer ons aan die term “klotter” dink, verwys ons gewoonlik na ’n fisiese vertrek en spasie, dink byvoorbeeld aan ’n lessenaar vol ongeorganiseerde papiere. Maar het jy geweet een van die grootste bronne van moderne oorweldiging, is onsigbaar, dit leef stilletjies op ons fone, skootrekenaars en tablette. Digitale klotter mag dalk onsigbaar wees, maar die impak op ons welstand en die toename van geestelike lading (mental load) is meer ernstig as wat ons dalk mag besef.

Navorsing wys dat hierdie konstante toenemende digitale geraas ’n direkte invloed op ons stresvlakke en ’n negatiewe uitwerking op ons fokus en geestelike welstand het.

Ons deel meer oor digitale klotter en deel 7 praktiese wenke om jou digitale lewe te ontklotter. Deur Justine Kroes

Die verband tussen Digitale Klotter en jou Geestelike Lading (mental load)

Volgens die Harvard Business Review lei konstante digitale onderbrekings tot laer konsentrasievlakke en ’n verhoogde kognitiewe moegheid. Elke kennisgewing (notification) oop bladsy/oortjie (tab) en ongeleesde boodskap skep wat sielkundiges “attention residue” noem.

Attention residue” verwys na die geestelike energie (mental energy) wat verlore gaan weens die bestuur van inligting eerder as om produktief te wees of te rus.

Produktiwiteitskenner Cal Newport, outeur en skrywer van die boek Digital Minimalism, verduidelik dat ons breine bloot nie ontwikkel is om die volume van digitale stimuli wat ons daagliks ervaar te verwerk nie. Die gevolg: jy ly aan besluitnemingsmoegheid, angs en ’n konstante gevoel dat jy agter raak, selfs wanneer jy rus.

Digitale klotter dra by tot ons geestelike lading en gesondheid, sonder dat ons dit altyd raaksien.

Wat is digitale klotter?

Digitale klotter sluit onder andere die volgende in:

  • Apps (toepassings) wat jy nie meer gebruik nie
  • WhatsApp groepe wat nie meer vir jou relevant is nie
  • Ongeleesde of onnodige e-posse
  • Ongeorganiseerde fotobiblioteke en downloads
  • Sosiale media persoonlikhede, rekeninge of persone wat jou emosioneel uitput.

Apart lyk elkeen van die bogenoemde skadeloos, maar saam skep dit ’n konstante, onderliggende gevoel van spanning en angs.

Hier is 7 praktiese wenke om jou digitale lewe te ontklotter

Jy hoef nie alles op een slag te doen nie, klein stappe binne ’n paar minute kan reeds ’n merkbare verskil maak.

1. Verwyder Apps (toepassings) wat jy nie gebruik nie

Ongebruikte apps neem nie net spasie op jou foon op nie, dit dra by tot visuele en geestelike lading en klotter.

Hou slegs die wat jou daaglikse lewe, werk en welstand ondersteun.

Jy kan een stappie verder gaan en al die apps wat jy die meeste gebruik op jou tuisskerm plaas, sodat jy vinniger daarby kan uitkom. Asook om die verskillende apps soort by soort te organiseer.

Byvoorbeeld, al jou inkopie-apps op een blad (Sixty60, Bash en Takealot almal bymekaar). Al jou sosiale-media apps op ’n volgende blad (Instagram, Facebook, Twitter en LinkedIn almal bymekaar groepeer).

Hierdie tipe organisering werk prakties goed en laat jou sommer ligter voel wanneer jy deur jou foon blaai om iets te soek.

2. Verlaat daardie WhatsApp groep

Indien ’n WhatsApp groep nie langer vir jou ’n doel dien nie nie, verlaat dit! Selfs “muted” groepe neem steeds daardie breinspasie op. As ’n groep nie meer relevant, insiggewend of ondersteunend is nie, is dit aanvaarbaar om die groep te verlaat.

Onthou, om jou vrede te beskerm is ook belangrik. Jou gemoedsrus en vrede is belangriker as sosiale verpligtinge en skuldgevoelens.

3. Unfollow “ontvolg” digitale rekeninge wat jou uitput

Navorsing vanuit The Journal of Social Psychology het bevind dat verminderde sosiale media gebruik kan bydra tot laer vlakke van angs en depressiewe simptome.

Ons sê nie jy hoort sosiale media te staak nie, eerder die sosiale rekeninge wat jy reeds volg te fynkam en jouself verwyder van persone/rekeninge wat jou nie laat goed voel nie. Ontvolg rekeninge wat:

Vergelyking aanhits

Oormatige gebruik bevorder. Dink aan daardie een persoon wie se videos jy een na die ander verslind en sonder dat jy agterkom ure op sosiale media laat deurbring.

Nie in lyn staan met jou belange of waardesisteem nie.

Streef eerder na ’n sosiale media tydlyn vol inhoud wat jou ophef, inlig en inspireer en nie emosioneel dreineer en uitput nie.

4. Organiseer jou digitale stoorspasie

’n Geklotterde digitale lessenaar (jou desktop) skep visuele stres. Neem 15 tot 20 minute om die volgende te doen:

Skep duidelike afdelings/lêers (folders)

Benoem jou lêers behoorlik, sodat jy weet waar om watter dokumente te stoor.

Verwyder (delete) duplikate van fotos, lêers en dokumente.

’n Netjiese digitale werksruimte verbeter dadelik jou fokus.

5. Gee aandag aan jou “asblik” trash en downloads afdeling

Ou skermgrepe, dokumente en vergete lêers hoop vinnig op. Deur hierdie onnodige items uit te vee, skep ’n gevoel van orde en beheer.

Psst, herhaal hierdie stap gerus ook op jou slimfoon, jy sal verbaas wees aan die hoeveelheid duplikate fotos en dokumente wat spasie opneem.

6. Teken uit (unsubscribe) van onnodige eposse

Gebruik die unsubscribe-knoppie doelbewus en sonder skuldgevoel.

Jou inbox hoort nie as ’n argief te dien vir onnodige informasie nie. Ongewenste e-posse kan veral bydra tot die gevoel van digitale oorweldiging.

Die aksie van digitale ontklottering hoef nie perfek te wees nie, die doel is om ’n gevoel van verminderde angs en ’n ligter geestelike lading (mental load) te inspireer. Wanneer jou digitale ruimtes ligter en kalmer voel, volg jou gemoed.

7. Wanneer die digitale geraas te veel raak, sit jou foon neer en skakel weer in by jou lewe.

Sit die foon neer. En tel jou lewe op, jou lewe wag.

Sien jou digitale onklottering as ’n vorm van selfsorg, maar leer ook wanneer genoeg, genoeg is, wanneer om eerder jou foon af te skakel en sonder skuldgevoelens ‘n stappie in die natuur te geniet. Of daardie koffie saam ‘n vriendin wat al weke lank wag.

Lees ook: Skermvrye Sondae, is hierdie welwees trend dalk ‘n probeerslag werd?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Herstelwenke na harde oefening
error: Content is protected !!