baba
baba

Die pH van baba se vel, het jy geweet dit is belangrik?

Die pH-vlak van jou vel speel ’n groot rol in jou vel se gesondheid en beskerming teen velirritasies en juis hierom is die pH van jou baba se vel so belangrik. Veltoestande soos atopiese dermatitis of ekseem is sinoniem met ’n ongebalanseerde pH. Ons het raad gevra by top kundiges oor hoe om die pH van jou baba se vel gesond te hou en om jou baba met die regte produkte te was, is die beginpunt! Deur Justine Kroes

Wat is pH en hoekom is dit belangrik?

pH (potential Hydrogen) meet hoe suur of alkalies jou vel is op ’n skaal van 0 (0-6, is suur) tot 14 (7-14 is alkalies).

As jy nie jou vel se pH reguleer nie, of jou vel se pH is te alkalies, sal dit droog, sensitief en geïrriteerd voel wat moontlik ekseem kan laat opvlam. Dr Ian Webster, Kaapse dermatoloog en stigter van Dermastore.co.za verduidelik verder dat ’n neutrale pH op die skaal 7.0 is.

“Bo op jou vel is daar ’n dun lagie wat bekend staan as die suurmantel (acid mantle), wat gevorm word deur vetsure, aminosure en melksure wat jou liggaam daagliks afskei. Dit is baie belangrik om hierdie suurmantel (buitenste lagie) te bewaar, want dit hou kieme en gifstowwe buite en hou al die noodsaaklike vog binne” sê Dr Webster.

pH van baba se vel

’n Baba se epidermale sperfunksie (wat vog binne jou vel hou) werk nog nie behoorlik nie, boonop is baba se vel dun en delikaat.  Veltoestande soos atopiese dermatitis of ekseem is sinoniem met die vlak van ’n ongebalanseerde en meer alkaliese pH op die vel. Daarom is dit  baie belangrik om die pH te reguleer. 

Debbie Knighton-Fitt van Pure Beginnings sê “’n Baba se vel het ’n pH na-aan neutraal – pH7. Namate babas ouer word, begin die vel se pH-vlak verander na ‘n suurder vlak op die pH-skaal”.

Dit beteken volwassenes se vel is gewoonlik meer suur met ‘n pH op die skaal iewers tussen 4,75 en 5,75. ’n Baba se pH-vlak is nader aan neutraal, en neig na die alkaliese kant wat veroorsaak dat die sperfunksie nie so goed werk nie.

Fotograaf: Lorna Jane Photography

Hoekom is die regulasie van die pH van baba se vel so belangrik?

“Om jou baba se natuurlike pH-vlak van vroeg af te beskerm sal ’n gesonde vel aanmoedig en moontlik ook teen enige veltoestande beskerm,” verduidelik Stephanie-Anne Dickinson nasionale opleidings-bestuurder van Optiphi.

Die suur pH van vel dien as

  • beskerming van die vel se sperfunksie. (Onthou jou spefunksie hou vog binne en keer dat skadelike stowwe jou vel binnedring).
  • dit neutraliseer enige alkaliese agressors (soos harde seep wat sulfate en parfuum bevat)
  • en verhoed ook die groei van ongewenste bakterieë op die vel.
  • dit hou jou vel se mikrobioom (wat hoofsaaklik uit goeie bakterië bestaan) gesond en laat dit toe om te floreer,” sê Debbie.

Was jou baba reg, dit is belangrik om die pH van baba vel gesond te hou

Dr Webster verduidelik dat baba’s met ouers wat atopiese dermatitis of ekseem het, meer geneig sal wees om die veltoestande te hê. 30% van mense met bogenoemde veltoestande het ook ’n genetiese droë vel (Ichtyosis Vulgaris).

As jy ’n genetiese droë vel het, het jy ’n tekort aan filaggrin. Filaggrin is ’n spesifieke proteïen wat die epidermis (die boonste lagie van die vel) beskerm. ’n Tekort hieraan veroorsaak dat pasiënte jare lank sukkel met ’n abnormale sperfunksie.

Dr Webster verduidelik dat dit absoluut noodsaaklik is dat ma’s hul babas met die regte wasmiddel was:

“As ‘n baba wat moontlik reeds ‘n genetiese droë vel het met ’n ‘harde’ seep of wasmiddels met die verkeerde pH gewas word, kan dit hierdie reeds droë vel en swake sperfunskie van ’n baba se vel net vererger”

Dr Webster

5 maniere om die pH van baba vel optimaal te hou.

  1. Vermy borrels vir badtyd (party sepe en borrels se pH is tot 9) wat te alkalies is, en natuurlik die pH negatief kan beinvloed. Debbie
  2. Vermy anti-bakteriële produkte of ’n seep wat alkohol (etanol of etiel-alkohol) bevat, dit kan vel-irritasies veroorsaak of vererger. Stephanie-Anne
  3. Kies pH-gebalanseerde wasmiddels met natuurlike bestanddele en formulasies wat bevogtig soos seramiedes en essensiële vetsure asook anti-inflammatoriese bestanddele byvoorbeeld vitamien B5.  Stephanie- Anne
  4. Kies seepvrye produkte sonder enige parfuum, parabene, sulfate of kleursel. Stephanie-Anne
  5. Ouers wat as kind gesukkel het met asma, hooikoors of ekseem moet veral versigtig wees deur van geboorte af slegs die sagste produkte op babas se velletjies te gebruik om seker te maak die sperfunksie van die vel word nie gesteur nie.  Dr Ian Webster.

Probeer hierdie produkte:

Die volgende produkte is seepvry, pH-gebalanseerd  en spesifiek ontwikkel vir babavelletjies sodat die vel se sperfunksie optimaal kan funksioneer.

Lees ook meer oor 20 Beste wenke vir masker-vel kwessies

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
asblonde charlies Junior Louw
Asblond bo
error: Content is protected !!