Stylvol-skoonheid-masker-vel wenke
Stylvol-skoonheid-masker-vel wenke
Foto: Engin Akyurt, Unsplash

20 Beste wenke vir masker-vel kwessies

Rooiheid, sensitiwiteit, puisies; alles deel van die probleme van masker dra; ons het top kundiges vir raad gevra en hier is die 20 beste wenke vir masker-vel kwessies. Deur Suzanne Kotzé

Dankie aan Isabel Roos, besturende direkteur van The Isa Carstens Academy en Kaapse dermatoloog Dr Suretha Kannenberg wat hulle kennis met ons deel. Nooit sou ons kon dink ons sou raad vra vir #maskne (aknee veroorsaak deur masker dra) en masker-vel kwessies nie!

Hoekom sukkel ons so met masker-vel kwessies?

As ons die heeltyd ‘n masker dra en uitasem, bou vog op wat in konstante kontak met ons vel is. Dit veroorsaak weer dat die temperatuur waaraan ons vel onder die masker blootgestel is, ook hoër is. Dit kan aanleiding gee tot irritasie, rooiheid en vel- uitslag (papules), veral in gevalle waar persone geneig is tot aknee,” verduidelik Isabel Roos. 

Ons vel benodig ’n ideale vogverhouding met betrekking tot binne en buite ons vel. As die verhouding versteur word (soos meer vog buite ons vel as gevolg van asemhaling onder ons maskers), vervaardig ons vel minder natuurlike bevogtigingsfaktore en ons velle word droër. Ons gesonde mikrobioom word ook versteur wat daartoe kan lei dat atopiese ekseem ook vererger, sê dr Suretha. 

“Hierdie is ook  ’n besonder spanningsvolle tyd en ons weet dat spanning ongelukkig allerhande velkwessies kan veroorsaak.”

Dr Suretha Kannenberg

20 Beste wenke vir masker-vel kwessies

1. Spoel jou nuwe masker uit voordat jy dit dra

Nuwe materiaal kan preserveermiddels bevat wat veltoestande soos ekseem vererger. Dr Suretha

2. Kies ’n masker met ’n sagte binne-lagie

Dit sal gemakliker voel en minder wrywing veroorsaak. Isabel Roos

3. Natuurlike materiaal is ideaal

Natuurlike stowwe soos katoen bly die beste opsie aangesien sekere materiale formaldehiede  soos triklosan en sulfaat bevat wat vel-irritasie kan verhoog. Isabel Roos.  

4. Ruil gereeld jou maskers om

As jou masker klam word van dra, maak seker jy het ‘n paar wat jy kan afwissel. Isabel Roos

5. Jou masker moenie te styf sit rondom jou ken-area nie

Puisies op jou kaak is word gewoonlik deur hormone veroorsaak, maar ek sien dit nou al hoe meer en dit is heel waarskynlik van masker dra. Dr Suretha.

20 Beste wenke vir masker-vel kwessies

6. Stel die draadjie oor jou neus losser

’n Draadjie wat te styf sit en skaaf, kan ekseem vererger of sensitiwiteit veroorsaak. Dr Suretha. As jou masker nie ’n draadjie het nie, maak ook seker dat die materiaal nie te styf oor jou neus sit nie.  Isabel Roos

7. Allergiese kontak-ekseem? Kies bandjies wat agter jou kop vasmaak. 

Rekkies wat agter jou ore skaaf kan dit vererger. Dr Suretha.  

8. Gebruik ’n sper-room op die brug van jou neus 

Dit kan skawing voorkom. Wees egter versigtig om nie produkte wat petrolatumjellie bevat, te gebruik nie. Dit kan veroorsaak dat jou masker afgly en oneffektief is. Dr Suretha.

Stylvol sê probeer:

SBR Skin Barrier Repair (R165 vir 30ml) bevat geen preserveermiddels nie en werk goed vir droogheid, rooiheid en sensitiwiteit. 

 

Bioderma Cicabio Creme (R252,95 vir 40ml) is strelend en vorm ’n ligte beskermingslagie

9. Wend essensiële olie onder jou beskermingsroom aan

Dit kan dubbele beskerming en versorging bied. Isabel Roos. 

10. Moenie jou gesig deur jou masker vryf nie

Dit veroorsaak verdere meganiese trauma van jou haarwortels, wat meer puisies kan veroorsaak. Dr Suretha

11. Was jou masker na elke dra

Was jou masker in warm water na elke dra en as jy waspoeier gebruik, en maak seker jy spoel dit goed uit, want oortollige waspoeier kan allergiese kontak-ekseem vererger. Dr Suretha

12. Laat jou masker behoorlik droog word

Maak seker jou masker is goed droog nadat jy dit gewas het, voordat jy dit weer dra. Dr. Suretha.

13. Was jou gesig dadelik nadat jy jou masker afgehaal het

Kies ’n gesigwasmiddel wat sagkens werk. Isabel Roos.

Stylvol beveel aan:

La Roche-Posay Physiological Foaming Water (R225 vir 150ml) is ‘n skuimende misselêre water wat sagkens reinig en nie jou vel se pH versteur nie.
Eau Thermale Avéne Gentle Cleansing Milk
(R265 vir 200ml) is strelend en bevogtigend en verwyder boonop grimering.

Lamelle Nourish Daily Cleanse (R270) is ‘n seepvrye skuimreiniger met ‘n jeltekstuur wat diep reinig.

14. Vermy growwe afskilferaars

Kies eerder ’n ligte chemiese afskilferaar. Dr Suretha

Kalahari Enzyme Buff (R254 vir 50ml) ) is ’n meganiese afskilferaar wat fyn Jojoba- korreltjies en vrugtesure bevat.
Nimue Exfoliating Enzyme (vanaf R700 vir 60ml) die ensiem-afskilferaar kan daagliks gebruik word.

15. Kies ’n ligte dagroom 

Wag tot dit mooi intrek, so 15-30 minute, voordat jy jou masker aansit. Dr Suretha

Nivea Daily Essentials Light Moisturising Day Cream (R75 vir 50ml) sakpas bevogtiging vir kombinasie-veltipes. 
Bioderma Hydrabio Gel-Crème R377,95) hidreer goed, maar voel lig en vars.

16. Kies eerder ’n nagroom wat meer voeding gee

As jou vel ekstra voeding nodig het, kies ’n nagroom wat meer voeding gee en hou jou dagroom lig. Dr. Suretha.

17. Behandel puisies met produkte wat salisielsuur bevat

Dit sal jou vel liggies afskilfer en keer dat jou porieë verstop. Isabelle Roos. 

Eucerin DermoPurifyer Skin Renewal Treatment (vanaf R229,99) bevat 10% hidroksiesure (dit sluit salisielsuur in) wat jou vel afskilfer plus ’n bestanddeel wat streel en heel.

18. Vermy bestanddele soos kakao-botter en klapperolie.

Dit kan bydra tot verstopping van porieë asook puisies. Dr Suretha

19. Dra ’n getinte sonskerm 

Dit is ligter op jou vel as onderlaag. Dr Suretha

20. Vermy grimering onder jou masker

Beklemtoon eerder jou oë met grimering. Isabel Roos

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kopvel
Wat probeer jou kopvel vir jou sê?
error: Content is protected !!