Die nuwe room, ons bekostigbare kettingwinkelkopies

Die Lente is hier en ons verruil ons swart winter stapelitems vir die nuwe room oftewel buttercream of baby’s breath soos dit tans bekend staan in die modewêreld. Ons het onlangs vir ’n dag se werk opgedaag en ons het albei amper dieselfde gelyk in ons nuwe roomkleurige aankope #spandrag! Hierdie pakkies is beslis nuwe gunstelinge in ons albei se klerekaste, lees gerus wat ons albei daaroor dink; Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

Hierdie nuwe roomkleurige klere het ons onlangs gekoop

Justine se room uitrusting

nuwe room Justine Kroes

Hierdie linnepak van Foschini het baie vinnig opgeskuif na die gunsteling uitrusting wat tans in my klerekas is. Ek voel nie net gemaklik in die pak nie, maar ook sommer stylvol en netjies. Hierdie kopie is so veelsydig omdat ek die broek en baadjie apart kan stileer. Die baadjie dra ek graag bo oor midirokke of by my jeans. Die wyepypbroek dra ek weer saam met ’n mooi bloes of T- hemp en ek weet sommer ek sal hierdie broek strand toe kan dra bo oor my eenstukswembroek.

Soos julle weet is linne ’n lieflike materiaal, dus weet ek sommer ek gaan koel bly op daardie warm somersdae. Die broek is lekker lospassend en gemaklik omdat die broek, wat hoog om die middel sit, ’n rek agterin het. Linne is nie juis ’n rekbare materiaal nie, maar hierdie rek maak ’n reuseverskil aan hoe die broek aan my lyf sit sodat ek gemaklik daarin kan beweeg.

Jy kan die baadjie en broek afsonderlik koop as jy dit nie graag as ’n stel sal wil dra nie.

Foschini Wide Leg Linen Pants (R499); Longer Length Linen Blazer (R699)

Suzanne se room uitrusting

Romp en baadjie (R429 elk, H&M)

Ek het onlangs by H&M ingestap om eintlik vir my kinders klere te gaan koop. Toe sien ek die winkelpop raak met hierdie romp en baadjie aan. Net daar het ek dit gaan kry, en toe ek betaal, merk die dame agter die kasregister op: “Ek sien ons winkelpop het jou geïnspireer.” Ek kon maar net lag, want dit was die reine waarheid.

Ek is mal oor die romp. Ek is lank en kry selde ’n romp wat lank genoeg is, en hierdie een is beslis. Die sagte lap laat my sommer voel asof ek sweef. Ek hou van die idee daarvan om hierdie sagte romp te kontrasteer met die harder lyne en struktuur van die baadjie. Die baadjie is deel van H&M se Concious Collection (wat van afvalstowwe gemaak word).

Dit het ’n mooi geweefde tekstuur. Ek hou van die groter snit en dat dit effens langer is.

Ek dra nie gewoonlik baie wit of ligter kleure nie, maar ek is gaande oor hierdie buttercream skakerings. Dit werk beslis beter vir my gelaat as wit of room en dit pas by my hare.

Lees ook: Bypassende rompe en bostukke

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lipstiffie wat hou en hou (en hou!)
error: Content is protected !!