pixie haarstyle
pixie haarstyle

Die koelste inspirasie vir pixie-haarstyle wat jy nou moet probeer

Is jy lus vir ’n verandering en op soek na inspirasie vir ’n nuwe pixie-haarstyl? Waarskuwing: jy gaan beslis salon toe wil gaan nadat jy dié pragtige, van kort tot effens langer, pixie-haarstyle, gesien het; so hou jou haarkapper op speed dial! Deur Suzanne Kotzé

“Van kort na langer, pixie-snitte is beslis in díe jaar!,” vertel Debi Muller, Gold Key opvoeder vir Kevin.Murphy. “Die styl maak beslis ’n stelling en is ook baie veelsydig.

Die ikoniese pixiesnit het bekend geword in die sestigerjare nadat Mia Farrow haar hare kort gesny het vir die fliek Rosemary’s Baby.

By watter gesigvorms pas pixie-haarstyle?

“Die klassieke pixiesnit is tydloos, maar daar is verskillende variasies om byna enige gesigvorm te pas, sê Debi.

“Kry fokuspunte op jou gesig wat jy graag wil beklemtoon. Haarstyle moet ook by elke individu se persoonlike stylsin pas. 

Langer, sagter pixiesnitte werk goed vir vierkantige, lang, ronde en driehoekige gesigvorms.

Pixiesnitte met swaar kuiwe vlei ovaal, hartjie- en vierkantige gesigvorms.

Kies ekstra lengte rondom die kante van jou pixiesnit as jy ’n langer gesigvorm het. 

As jy ’n driehoekige gesigvorm het (smal voorkop en meer prominente kaak-area) hou jou hare sagter en langer in jou nek en by die gedeeltes rondom jou wang/oor-areas.” Dit is die raad van haarstilis Bernadette Kruger van The Mix-Co Lab in Johannesburg. 

Langer pixie-haarstyle met tekstuur

Hierdie mooi style is almal geïnspireer deur Kevin Murphy se Sleeping Water versameling. Die foto’s is geneem in Tasmanië by Lake St. Clair, naamlik ‘leeawuleen’ – en dit beteken letterlik slapende. 

Net soos die omgewing het hierdie haarstyle ’n “ongedoende” tipe gevoel. Kevin.Murphy Ever. Smooth and Session Spray Flex is gebruik vir stilering. 

“Op die oomblik is korter style met ’n amper uitgegroeide gevoel baie in. Dit het ’n sagter voorkoms en pas veral goed by vierkantige, langer, ronde en driehoekige gesigvorms,” sê Bernadette. 

Kevin Murphy Sleeping Water kort pixie-haarstyl
Foto: Kevin Murphy Sleeping Water Versameling
Kevin Murphy Sleeping Water kort pixie-haarstyl
Foto: Kevin Murphy Sleeping Water versameling
Kevin Murphy Sleeping Water kort pixie-haarstyl
Foto: Kevin Murphy Sleeping Water versameling

Kort style

Hierdie kort style skep ’n moderne androgene voorkoms en is die beste geskik vir ovaal gesigvorms. “Onthou net ’n kort snit beteken ook dat jy elke vier tot ses weke die salon moet besoek om die snit so te hou,” sê Bernadette.

Kevin Murphy Radiant Flux kort pixie haarstyle
Foto: Kevin Murphy Radiant Flux versameling

Dié styl is langer in die nek as tradisionele kort pixies. Nie almal hou daarvan om baie ‘nek’ te wys nie en die langer hare kan die illusie skep dat jou nek agter langer (en maerder) is. 

Kevin Murphy Radiant Flux kort pixie-haarstyle
Foto: Kevin Murphy Radiant Flux versameling

Spatsels neon (verkry deur appelkooskleur en goue ‘toners’ te meng) skep hierdie voorkoms wat saam met neonhaarkleur baie in is op die oomblik. Hierdie snit kan ook wonderlik lyk as jy grys hare het. Dit herinner ons aan Jackie Burger se mooi haarsnitte!

Kort grys pixie haarstyl
Foto: Intercoiffure Waste Terrine Brown versameling. Fotograaf: Chris Huzzard, haarstiliste Zedz Art Team, Zedz, grimering: Arousal and design

Die effense langer kuif maak die styl meer geskik vir langer gesigvorms en kan vierkantige gesigvorms sagter laat vertoon. 

Kort pixie haarstyl androgeen
Foto: Intercoiffure Mondial Next century – Klaus Peter Ochs versameling. Fotograaf: Axel Zajaczek. Hare: Klaus Peter Ochis, kpOchs. Kuns-span: Davide Carsidona en Vanessa Schwebel. Grimering: Isabel Peters, Hamburg.

Hierdie kort styl maak beslis ’n stelling en kan goed werk as jy graag meer modern wil lyk. Dit skep ’n minimalisties gevoel en kan goed werk vir vroue van alle ouderdomme! 

Pixie-haarstyle met langer kuiwe

kort pixie-haarstyl met kuif
Foto: Intercoiffure Frankryk Affranchi(e)s versameling: Fotograaf: Yves Kortum. Haarstiliste: François Mazeau, Pascal Thénard, David Suquet, Alima Baz, David Cognin & Vincent Moutault. Grimering: Yves Kortum. Stilis: Etienne Jeanson

Hierdie lang kantkuif lyk klassiek en is ideaal as ’n kort pixiestyl vir jou te ‘kaal’ voel. Dit is ook vleiend vir verskeie gesigvorms, maar veral vir hartvormige en vierkantige vorms.

Kort blonde pixie haarstyl met lae en kuif
Foto: Intercoiffure Spanje, Nature Bohème 2018 versameling. Fotograaf: Bernardo Bargaño, Haarstiliste José Besó, Javier Arenas, Silvia Santos, Marta Arribas, Manuel Mon, Jessica Zuazua, Graciela Argüelles, grimering María Montes, stilis Adriana Miranda

Die verskillende lae en tekstuur is ’n goeie keuse as jy fyn hare het. Dit skep volheid en beweging.

Die langer bob-pixiestyl

kort bob/lang pixie
Intercoiffure Germany / Adrian Bedoy

So hierdie is strengesproke ’n korter lang haarstyl en nie ‘n pixiesnit nie. Kom ons noem dit maar die ‘ek-is-nog-nie-reg-om-my-hare-kort-af-te-knip-nie’ styl. Bernadette sê: “hierdie styl is veral goed vir ronde gesigvorms. Die kuif wat skuis na vore val en die volume agter, laat die gesig minder rond lyk.”

Lees ook: Pastel hare

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
grimeertrends
2021 grimeer-trends waarmee ons nou wil speel
error: Content is protected !!