5 Haarbykomstighede wat nou trend

Hierdie jaar is haarbykomstighede (veral strikke en “kloue” knippe) ’n moet-dra tendens. Ons is dankbaar om hierdie te hoor, ons gryp gewoonlik na ons haarbykomstighede op dae wat ons “nog ’n dag” loop tussen ’n haarwas of wanneer ons uitgroeikleur bietjie erg lyk, maar ons voel nou geïnspireer om meer gereeld (ons laaie vol!) haarbykomstighede te dra. Ons hoop dit inspireer jou ook. Lees hier om die 5 grootste haarbykomstighede trends vir 2024 te sien. Deur Justine Kroes

16/02/2024

5 Haarbykomstighede wat nou trend:

1. Strikke

In lyn met die “balletcore” modetrend is strikke op klere en in jou hare vanjaar ‘n groot trend (wat selfs oorspoel na dekorelemente toe). Na ’n onlangse besoek aan Ierland was dit duidelik dat die “strik” golf nog behoorlik vir Suid-Afrika gaan tref in die komende seisoen. Byna elke dogtertjie, vrou en selfs stylvolle oumas het ’n strik in hul hare gedra.

Giambattista Valli SS 2024
Chanel Couture 2024
Chanel Couture 2024

Tydens 2024 se Couture modevertonings was strikke in die hare by ontwerpers Chanel en Giambattista Valli volop.

As jy nie graag klere vol strikke wil dra nie is ’n strik in jou hare ’n goeie klein begin. Daar is tans so baie strikke beskikbaar – ek en my dogters ruil graag strikke uit om by ons uitrustings te pas.

Lovisa Pink Bow Clip (R250)
Poetry Gia Bow (R199)
Lovisa Pink Bow Clip (R240)

Dra dit in hare wat halfpas opgesteek is, of knip dit bo jou poniestert vas, of selfs bo-op ’n lae vlegsel. Ons dink hierdie haarstrik verhef blitsvinnig enige uitrusting.

Mango Hair clip With Maxi Bow
Lovisa Cream Fabric Large Diamante Hair Bows Pack (R190)

2. Die “kloue” knip

Ja glo dit of nie, maar die “kloue” (claw) knip is steeds groot nuus en steeds hier om te bly. Hierdie 90’s trend (soos vele ander uit die era) gaan nie binnekort verdwyn nie, en ons is dankbaar. Die “kloue” knip is die perfekte oplossing vir hare wegsteek en om dit uit jou nek te hou op warm somersdae. Baie meen dat hierdie knip ook ’n beter opsie as haarrekkies is omdat dit nie hare beskadig nie. Daar is tientalle videos on Instagram beskikbaar wat eenvoudige “claw clip”-haarstyle demonstreer – klik hier en hier.

Mango Rhinestone Hairclip (R599)
Lovisa Mini Rectangular Claw Pack (R240)
Cotton On Rubi Metal Hair Claw (R149)

Sien jou knip as ’n modebykomstigheid om jou uitrusting af te rond – van goud tot silwer, selfs knippe met versierings op, die styl-opsies is eindeloos.

Poetry Lilou Acetate Bulldog Clip (R150 )
Poetry Gia Square Bulldog Clip (R129)
Lovisa Matte Black Zigzag Claw (R110)

3. Kopbande

Helder kopbande is gewoonlik ons nommer een truuk vir uitgroeihare wegsteek (of wel dit trek ten minste die aandag weg van jou uitgroeikleur). Maar vanjaar kies ons daarby metaalkleurige of helderkleurige versierde kopbande.

Mango Faceted Crystal Hairband (R599)

Het jy geweet metaalkleure, veral silwer, naby jou gesig reflekteer lig en laat jou gelaat helderer en meer “wakker” voorkom. Hierdie jaar gryp ons silwer of helder kopbande vir wakker lyk en daardie dopamiene hupstoot!

Cotton On Paris Padded Headband (R149)
Barethread Fashions Silver Knot Headband (R239)
Poetry Alis Bejewelled Aliceband (R199)

4. Haarserpies

Nog ’n truuk wat ons graag gebruik om vuil of uitgroeihare te verbloem. Die stileeropsies met jou haarserp is byna eindeloos – bind dit “bandana-styl” om jou kop, vou dit soos ’n haarband of bind jou haarserp om jou poniestert vas. Ons dink natuurlik ook dit is ’n blitsvinnige manier om ’n stylvolle element aan ’n vervelige uitrusting toe te voeg.

Trenery Silk Twill Graphic Neckerchief (R999)
Woolworths Animal Print Scarf Scrunchie Hairband (R159)
Me and B Sea Coral Scarf (R199)

5. Knippies

Haarknippies (ook hallo 90’s!) bly ’n gewilde haarbykomstigheid onder ouer en jonger vroue. Gestapelde knippies langs jou kuif af gee veral daardie 90’s gevoel. Baie kies deesdae groot gekleurde plastiekknippies wat ’n indrukwekkende stelling maak. Die perfekte oplossing om daardie slegte haredag te red, of selfs net jou kuif uit jou gesig te hou.

Poetry Phoenix Pearl and Stone Clips (R199)
Me and Be Heart Hair Clip (R145)
Poetry Scalloped Resin Hair Clips (R179)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Glansende vel
Drie vroue se geheime vir glansende vel
error: Content is protected !!