Die bob is bo in 2025

Hierdie bobstyle maak ons lus vir knip! Van die klassieke Franse bob en die mikro-bob; bobstyle was oral, van die rooi tapyt tot modeloopplanke, te sien. Hier is 20 inspirasie-foto’s van bob-style. Deur Suzanne Kotzé

Bobmodes vir nou

Haarstilis Salome de Wet (volg haar gerus op Instagram @salomedewet) van Salome the Salon in Stellenbosch, vertel meer oor die bobstyle wat nou in is.

“Dit is die jaar van die bob!”

Salome de Wet

“Bobstyle was nog altyd klassiek en ikonies, en kom nie net in ’n ‘one size fits all’ grootte nie,” vertel Salome. “Oor die jare was bobstyle in verskillende gedaantes teenwoordig en vanjaar kom almal weer sterk deur op die loopplanke en die rooi tapyt.

Modelle tydens ontwerper Jason Wu se Lente 2025 modevertoning. Foto: Instagram

Die Franse bob

Die Franse bob bly klassiek en gewild. “Dit word dikwels net bo die ken gesny en kan met tekstuur of glad gestileer word. Die bob word gewoonlik met ’n voller kuif afgerond.”

Foto: Instagram @erickinvinsible
French girl bob

Die mikro-bob

“Die meer moderne weergawe daarvan is ook bekend as ’n mikro bob,” vertel Salome. Hierdie styl is natuurlik ’n baie kort bob.

Foto Instagram @theboysdubai
Foto: Instagram Briana Cisneros @brianacisneros
Foto: Instagram @angele_vi
Foto: Instagram @angele_vi

Die mikro-kuif

Foto Intercoiffure Mondial

Die mikro-kuif, of superkort kuif, is tans ’n groot trend en selfs Pamela Anderson het by die Met Gala met ’n bob en ’n mikro-kuif gepronk. Die mikro-kuif werk ook goed saam met die mikro-bob.

Langer bob

“Natuurlik, vir die minder avontuurlustiges is die langer bob wat effe bo die skouer gesny word met sagte lae op die punte en volume regdeur, ’n gewilde keuse,” sê Salome.

Foto: Instagram@hair.by.suzi

Natuurlike tekstuur

“Vir almal wat nie hulle hare gereeld met hitte wil stileer nie, hierdie is vir jou! Natuurlike tekstuur is die groot gegons. Met die regte produkte kan die natuurlike krul en beweging in jou hare maklik verkry word. Op die manier kan jou hare gesonder en vol lewe lyk. Moeiteloos, maar nie doelloos nie,” sê Salome. 

Sagte lae

“Sagte lae om jou gesig saam met ’n langer styl bob met ’n kuif lyk afgerond en dit skep ook variasie as dit kom by stilering. Van volume met uitgeblaasde krulle tot gladder volume waar die punte na binne gekrul is. Die styl het ook die voordeel dat dit lank genoeg is om steeds ’n mooi “upstyle” te kan doen, met hare wat sag uitval rondom die gesig.”

Sypaadjie

Millennials sal opgewonde wees om te hoor dat die sypaadjie ook weer terug is die seisoen.”

Saam met die sypaadjie is hierdie tipe ’90’s flip’ ook weer hoogmode. Foto: Instagram @juleshough

Beweging

“Beweging in hare is hier om te bly, of dit nou is dat die hare blaas met bons en beweging, of natuurlike beweging wat beklemtoon word. Weg is die dae van stokkiesreguit hare.”


Foto Instagram @theboysdubai

Kleur

Glashare

Ons het reeds oor glashare geskryf en Salome beaam: “Die nuwe term wat oral in die industrie weergalm is die “glass hair” om glans aan hare te gee eerder as harde kontrasterende kleure. Natuurlike haarkleur (lig en donker) word beklemtoon met die glas-effek. Lees meer hier: 8 Groot haartrends waarvan jy moet weet

Foto Intercoiffure Mondial

Warmer blonde skakerings

“Die blonde kleur van die jaar is sagter en effe warmer, en nie eentonig nie. Beweging in kleur word verkry deur ’n “root shadow” of “low light” te inkorporeer.

Hoe meer glans, hoe beter. Hare is gesonder en meer vol lewe. Gesondheid en glans is in die kollig.

Nog bobstyle op die Stylvol-radar

Italiaanse bob

Ons het al laasjaar oor die Italiaans bob geskryf en die styl is net besig om al hoe gewilder te word. Die kenlengte Italiaanse bob met sy stomp punte en minimale lae word deur Allure beskryf as díe bobstyle om op die oomblik te dra. Die styl is natuurlik nie nuut nie, maar mense het bloot die klassieke gesofistikeerde styl herontdek. Dink aan die eenvoudige skoonheid en sagte ouwêreldse glans van Italië, dit is wat hierdie styl vasvang.

Foto: Instagram

Boks-bob

Skoon lyne en gee lae is die kenmerke van die boksbob waaroor die internet tans gons.

Foto: Instagram Kate Reid Creative

90’s bob

Hierdie styl het volume en kurwes, soos die hare van modelle in die negentigs. Dit kan met of sonder ’n kuif gedra word, en het sagte lae.

Foto: Kevin Murphy Instagram

‘Shaggy’ bob

Die woord shaggy verwys gewoonlik na sagte, ‘choppy’ lae met volume en tekstuur. En ons is mal oor hierdie bobstyl geskep deur Pascal van Loenhout (@the.aceofblades) ontwerpdirekteur vir Kev Foto: @the.aceofblades in Murphy.

Foto: @the.aceofblades

Nicole Kidmans se lob

Op die Mei uitgawe van Allure verskyn Nicole Kidman met ‘n lang rooi bob. Die aktrise is bekend daarvoor dat sy van verskillende style hou. (Maar hierdie is waarskynlik ‘n pruik). Dit bly egter baie mooi.

Victoria Beckham se nuwe bob

Tydens ‘n Insta-story oor skoonheid het Victoria Beckham haar nuwe korter bob gewys. Sy het ‘n rukke voor dit ‘n lob gehad, maar dit is die eerste keer wat mens haar korter bob kon sien. Hopelik wys sy binnekort nog foto’s hiervan. Sy is immers bekend as die konigin van die 90’s se bob. (Daardie ikoniese gegradueerde bob van haar!)

Foto: Victoria Beckham Instagram (skermgreep)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
fyngeure
Geurgeluk; nuwe vars fyngeure vir jou wenslysie
error: Content is protected !!