Kyk net hoe mooi lyk Diaan Lawrenson se bob. Na drie jaar van groei was sy lus vir verandering en haar stilis deel bobwenke om in ag te neem as hierdie mooi styl jou ook lus maak vir knip. Deur Suzanne Kotzé
19/03/2023
Diaan Lawrenson se bob
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/13-5-724x1024.jpg)
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/14-4-724x1024.jpg)
![Diaan Lawrenson bob hare knip](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/12-6-724x1024.jpg)
“My hare was voor Covid (2020) laas bob,” vertel Diaan.
“Ek dink nie ’n mens moet stagneer met ’n sekere haarstyl nie. Vroue word so maklik gedefinieer deur hulle hare; lank en krullerig ens.
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/WhatsApp-Image-2023-02-20-at-06.59.47-768x1024.jpeg)
Ek hou daarvan om my hare te verander, dit laat mens sommer anders en nuut voel.
Diaan Lawrenson
En ek is nie bang om my hare te verander nie. Ek het nog net twee keer nie van my hare gehou nie, en altwee kere was nog laas gedurende my Sewende Laan jare.
Diaan het nie baie tyd om haar hare te doen nie. “As jy lang hare het, en jy dit los wil dra, het jy baie tyd nodig.”
“Ek is lus vir die verandering. Ek dink wel my seuntjie gaan baie spyt wees, hy het vanoggend vir my gesê: Please don’t cut your hair.’ Terwyl Diaan se dogter, Olivia, weer wou weet hoekom kan sy nie haar hare knip nie.
Dit is ’n groot oomblik toe die vlegsel val en daarna wik en weeg Diaan oor die soliede kuif. Stilis Megan Lakey stel toe voor dat Diaan eerder moet begin met ’n gordynkuif.
Later die dag stuur Diaan ’n boodskap om te sê dat haar familie van haar nuwe hare hou. Selfs Thomas sê dat dit mooi lyk en hy net gewoond moet raak daaraan.
Bobhaarwenke van Diaan se stilis
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/8-4-724x1024.jpg)
1. Instandhouding is baie belangrik.
Maak seker jy weet hoe om jou hare by die huis ook te stileer en dat jy die regte stileerprodukte en gereedskap het om dit te doen. Anders gaan dit nooit lyk soos wat dit gelyk het, toe jy by die salon uitstap nie. ’n Blow dry cream, hittebeskermingsproeie en afrondingsolie is van die stileerprodukte wat jy benodig. ’n Spaanborsel as jy jou hare reguit wil blaas, werk ook goed. As jou hare van nature krullerig, is sal jy dit eers moet reguit droogblaas en daarna ’n haaryster gebruik as jy ’n reguit bob verkies.
2. Gereeld knip is belangrik
Met ’n reguit bob is die belangrik om die lyne skerp te hou en’n knip elke ses tot agt weke is belangrik. Maak seker jy het die tyd en geld hiervoor.
3. ’n Kuif kan jou kleur ‘rek’
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Goldwell-724x1024.jpg)
Met ’n kuif is uitgroeikleur minder sigbaar, so jy behoort jou volgende kleur met ’n week of twee te kan rek.
4. Dit pas by die meeste haartipes
Mits jy bereid is om tyd aan jou hare te spandeer as jou hare nie van nature reguit is nie. Met dikker hare werk ’n ondersnit (undercut) goed om jou hare reguit te laat val.
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/2-7-724x1024.jpg)
5. Hou jou gesigvorm in ag
As jy ’n ovaalvormige gesigvorm soos Diaan het, sal enige lengte bob werk.
As jou gesigvorm vierkantig is, werk ’n langer bob wat onder jou kaak eindig beter.
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Authentic-Beauty-Concept-724x1024.jpg)
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Joico-2-724x1024.jpg)
Met ’n lang gesigvorm werk ’n kuif goed, enige kuif van ’n gordynkuif tot ’n reguit kuif.
![](https://stylvol.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Joico-724x1024.jpg)
As jy ’n kroon op jou voorkop het, sal ek nie ’n kuif aanbeveel nie. Anders gaan jy nie ’n kuif hê nie, maar ’n ‘veranda’.