Die 90’s het gebel en hulle soek hulle haarstyle terug. 90’s haarstyle weer groot nuus; van boyfriend bobs tot soliede kuiwe en opstyle. Deur Suzanne Kotzé
90’s haarstyle op nou te probeer
Die veelstydig ‘bowl’ cut

grimeerkunstenaar Lyuba Yunusova; model Varely Meir
Die ‘bowl cut’ het lankal reeds sy ‘my-ma-het-my-hare-geknip-en-nou-lyk-ek-so’ status verloor en is die afgelope paar jaar as sjiek, trendy en koel beskryf.
Woorde soos ‘minimalisme’ en ‘negentigs’ (alhoewel die styl natuurlik vanaf die 60’s kom, maar deur veral seuns in die 90’s gedra is) word selfs saam met dit gebruik. En ’n korter weergawe van die styl word selfs deesdae as die “French Girl Bowl Cut” beskryf. En as almal weet as Franse vroue dit doen, is dit sjiek!
Onthou hierdie styl werk die beste as jy reguit hare het.

grimeerkunstenaar Lyuba Yunusova; model Varely Meir
Die styl hoef nie net vorentoe gedra word soos ’n tipiese ‘bowl cut’ nie. Agtertoe gekam soos hier, lyk dit skaars soos ’n bowl cut. So kan jy die tipiese bowl cut voorkoms hou vir dae wanneer jy koel voel, en dit na agter dra wanneer jy sjiek voel.
Die Boyfriend bob

Hierdie bob is beslis een van die grootste haartrends op die oomblik.
Dink aan die Hansen brothers van die 90’s, dit is die tipe gevoel wat hierdie styl het. ’n Tikkie androgeen en baie ‘ons voel ’n veer.’
“Ek het ’n nuwe era gender-fluid reisiger in my geestesoog gesien wat krag en houding in ’n haarsnit weerspieël,” sê Nick Irwin, globale stileerambassadeur vir Schwarzkopf Professional.
Grunge bob

Nog ’n styl so reg uit die negentigs. Dink aan Winona Ryder as Dinky in Welcome Home, Roxy Carmichael Die styl word gekenmerk deur ’n kenlengte snit, met baie tekstuur, so amper asof jy nou net uit die bed geklim het.
Sexy na die kant toe gegooi lob

Hare wat na een kant toe gegooi is (flipped hair) à lá 1990 is ook weer groot nuus. Mens sien sommer hoe hierdie hare anderkant toe geswaai word, gevolg met ’n verleidelike glimlag. Klassiek, gesofistikeerd en so sexy! Hierdie lob (lang bob) werk besonder goed met die groot, los krulle. Ideaal as jy reeds ’n effense krul in jou hare het.
Soliede, reguit kuif


’n Soliede, reguit kuif is steeds groot nuus die jaar en daar is iets omtrent hierdie tipe kuif wat net dadelik afgerond lyk, solank jy dit nie saam met die 90’s bubble dra nie. Onthou net, so ’n tipe kuif verg baie werk en instandhouding! Die reguit lob hiermee saam is nog ’n 90’s styl wat ook nou baie gewild is.
Die 90’s matriekdans opstyl

Daardie opstyl met die stukkies hare wat so langs jou gesig afhang was menige matriekmeisie se droomstyl in die 90’s. Die nuwe weergawe hiervan is losser, groter en minder netjies.
Die ‘shag’ styl

Hierdie styl (wat eintlik uit die 70’s kom, maar in die 90’s ’n terugkeer gemaak het as “The Rachel”) word gekenmerk deur baie lae en tekstuur. In die 70’s is dit deur mans en vroue gedra, dink maar aan Joan Jett en Rod Steward.
Die kort pixie-styl
Wat sou die negentigs sonder Roxette en haar kort blonde pixie-styl wees!? En vandag maak ‘n effense donkderder basis die kleur meer modern.
Lees ook: Die koelste inspirasie vir pixie-haarstyle

Franse vlegsel kwadraat
Hoe baie van ons moes net nie in die oggend stil sit sodat ons hare gevleg moes word voor skool nie? Of mekaar se hare gevleg voor netbalwedstryde! Hou verby stywe, Franse vlegsel, die een van vandag is losser, groter en baie meer dramaties!
