sport ouers
sport ouers

Ouer-ondersteuning en sport

Ouer-ondersteuning en sport. Hoe kan ouers hul kinders in sport ondersteun sonder om krities of afbrekend te wees of te veel druk te plaas? Sportbekende Vanes-Mari du Toit (wat ook lank self afrigting gedoen het) gee raad. Deur Suzanne Kotzé

In haar dae as afrigter het Vanes-Mari du Toit, wat op haar dag vir Suid-Afrika netbal gespeel het, baie met ouers te doen gekry en ons het haar gevra watter raad sy aan ouers het wat hulle kinders in sport wil ondersteun. Ons is self dikwels verbaas oor die gedrag wat mens van grootmense en ouers langs kinders se sportvelde sien.

1. Daar is ’n baie fyn lyn tussen ouer-ondersteuning en ouer-dominering.

Jy kry baie ouers wat ‘overly invested’ is in hulle kind se sportloopbaan en ook gewoonlik taamlik emosioneel is oor besluite wat gemaak word. Dan kry jy weer weer ouers wat hulle kinders die geleentheid bied sonder om oorbetrokke te wees. En ook ouers wat baie onbetrokke is.

My raad sal wees om ’n balans te kry, en om jou kind toe te laat om te doen wat hulle moet doen om die beste weergawe van hulself te wees.

Vanes-Mari du Toit

En nie die weergawe wat jy wil hê hulle moet wees nie. Gee hulle die ruimte om dit te kan doen terwyl jy ’n ondersteunende rol inneem.  En weereens net te beheer wat jy kan beheer.

2. Jou afbrekende kritiek het ’n negtiewe effek op jou kind se psige

Om jou kind af te breek nadat jou kind nie gespeel het soos jy verwag het nie is baie erg. Dit het so ’n negatiewe uitwerking jou kind se psige. Nie net kry hulle dit van die afrigter af nie, maar nou hoor hulle dit ook by hulle ouers. Hoe moet ’n kind positief bly as hulle dit van alle kante af kry as hulle dalk nie ’n goeie dag op die veld gehad het nie?

Dit is belangrik dat ouers in ag neem dat daar reeds soveel goed is waarmee groeie kinders op skool moet deal. Daar is hormone, akademiese druk, verskillende sosiale groepe, body awareness. Kinders groei en moet aan hulle nuwe liggame gewoond raak.

3. Wees die stuurman van jou kind se skip

Besef jou kind het ’n talent, en in plaas daarvan om jou kind te wil beheer, help hom/haar/hulle eerder om op die regte pad te bly. Doen dit deur hulle te ondersteun en hulle nie noodwendig te wil trek na waar jy hulle wil hê nie. 

4. Gun jou kind sy/haar kans on hulle eie lesse te leer

As jy jou kind nie ‘smother’ nie, gee jy hulle die geleentheid om hulle eie lesse te leer. Hê eerder ’n oop gesprek met jou kind oor hulle sport, hoe hulle voel en hoe jy kan help en ondersteun.

5. Moenie daai ouer wees wat altyd ’n groot bohaai opskop nie

Baie ouers voel dalk, hulle betaal baie geld, of hulle verwag sekere resultate, maar kinders is nie robotte of masjiene nie. Daar is soveel meer elemente aan dit.

Jy kry daardie ekstreme ouers wat altyd ’n bohaai opskop en op die einde van die dag net ’n verleentheid is. Ek was al by baie skole, en glo my jy kry hierdie ouers oral.

’n Afrigter is ook daar om hulle talent as afrigter uit te leef, en hulle leer ook soos hulle aangaan. Neem ook eerder ’n ondersteunende rol in met die afrigter, eerder as wat jy hulle afbreek en afkraak. Net so met ’n skeidsregter. Gun almal die rol wat hulle moet speel.

6. Moenie jou kind gebruik om jou verlore drome te bewaarheid nie

Sommige ouers was dalk nie baie goed met sport nie, of het nooit hulle eie drome bewaarheid nie, en gebruik hulle kind om hierdie drome uit te leef. Dit gebeur baie.

Enige kind wil sy ouer tevrede stel en nie teleurstel nie. Daar is nie kinders wat ek ken, wat daarop uit is om hulle ouers teleur te stel nie. Inteendeel, kinders doen deurgaans net goed om hulle ouers tevrede te stel.

My advies vir ouers sal wees om na jou kind te kyk en jouself die vraag af te vra en ook ’n oop gesprek met jou kind te hê, oor wat jou kind wil hê, en waarvan hulle hou en hulle gelukkig maak.

Onthou, as jou kind geniet wat hy/sy doen is dit die grootste prys, groter as enige trofee of medalje. 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
glimmers
Maak glimmers só deel van jou lewe
error: Content is protected !!