Chanel N°5 Factory 5
Chanel N°5 Factory 5

Chanel N°5 ’n 100 jaar oud!

Kan jy glo die ikoniese Chanel N°5 is 100 jaar oud! Om dit te vier het Chanel ’n beperkte uitgawe Factory 5 reeks geskep met luukse nuwe N°5 produkte in verpakking geïnspireer deur alledaagse produkte. Deur Suzanne Kotzé

’n Eeu van Chanel N°5  

Chanel N°5 is byna net so legendaries en ikonies soos Gabrielle “Coco” Chanel, die eens arm weeskind, wat nie bang was om reëls te breek nie. Sy is gekenmerk deur haar flambojante leefstyl, bo-heemse vriende en vele minnaars. In 1921 was sy ook nie bang om die parfuumreëls te breek nie.  Sy het die parfumier Ernest Beaux, wat ook die parfumier van die Russiese koninklikes was, in die Suide van Frankryk ontmoet terwyl sy saam met ’n Russiese hertog vakansie gehou het.

Sy het om hom uitgedaag om ’n parfuum te skep wat haar naam dra en wat “’n vrou soos ’n vrou en nie ’n roos” laat ruik nie. Gedurende daardie tydperk het die meeste fyngeure ’n roos-ondertoon gehad. Chanel wou graag ’n skoon vars geur hê, maar die sitrusnote wat gewoonlik die varser reuke skep het nie lank gehou op die vel nie. Aldehiedes (’n chemiese bestanddeel wat reuke langer laat hou) is slegs deur ’n handjievol parfumiers gebruik. Volgens sommige stories het Ernst of sy assistent die botteltjie aldehiede glo per ongeluk omgestamp in een van die parfuum-monsters wat vir Chanel voorberei is. Dit is die een wat sy gekies het. Volgens ander gerugte het sy dit bloot gekies omdat dit die vyfde parfuum-monster was, aangesien sy obsessief was oor die nommer vyf. Daarom is die parfuum ook op die vyfde dag van die vyfde maand bekendgestel. 

Die beperkte uitgawe Chanel N°5 Factory 5 reeks

Lyf olie in ’n oliekannetjie, badpille in ’n teeblik en lyfroom in ’n olieverfbuis.

Om 100 jaar se bekendheid te vier, het Chanel ’n FACTORY 5 reeks geskep. Luukse nuwe produkte is geïnspireer deur alledaagse produkte se verpakking. Badpille in ’n teeblik, lyfroom in ’n olieverfbuis en lyfolie in wat lyk soos ’n oliekannetjie. Die idee daaragter is om te wys hoe N°5 die alledaagse in ’n luukse ondervinding kan omskep, net soos die oorspronklike N°5 wat eens in ’n proefbuis was. Soos Popkuns (Pop art) alledaagse funksionele voorwerpe omskep het in kuns, so word dit nou omskep in luukshede. 

Chanel N°5 The Body Cream (R1435)
Chanel N°5 The Body Oil (R1435)
Chanel N°5 The Bath Tablets (R1335)

Daar is altesaam 17 produkte in die beperkte-uitgawe-reeks wat die Chanel N°5 parfuum as hoofbestanddeel bevat. Ons het die badpille, lyfolie en room ontvang. En wat ’n bederf! Die badkamer begin reeds lekker ruik terwyl die badpil nog borrel en bruis in die bad. Die lyfolie smelt behoorlik in jou vel in nadat jy dit aangesmeer het en die die room voel ryk en voedend, maar die tekstuur is lig en dit trek maklik in. Ons moet onsself keer om dit nie die heeltyd aan ons hande te smeer nie. Die geur is natuurlik hemels en tipies N°5, maar meer subtiel. 

Die beperkte uitgawe reek is nou beskikbaar vanaf 29 Julie by die CHANEL Fragrance and Beauty boetieks in Sandton, Johannesburg en V&A, Waterfront, Kaapstad.

Lees ook: Wat beteken dit om bekend te wees?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
lipstiffie Revlon Super Lustrous
Lipstiffie; glansend versus mat
error: Content is protected !!