Chanel celebrity
Chanel celebrity

Wat beteken dit om bekend te wees?

Om 100 jaar van die wêreld se bekendste parfuum, Chanel No.5, te vier, het Chanel met ses bekendes gepraat oor wat dit beteken om bekend te wees. Deur Suzanne Kotzé

Wat beteken dit om bekend te wees? 6 bekendes vertel

Aktrise en gesig van Chanel No.5 Marion Cotillard

Om bekend te wees was aanvanklik vir my verwarrend. In die kuns-sfeer word ons dikwels gekonfronteer met die vraag van egtheid. Ek het besef dat ek ’n behoefte aan erkenning het en dit is wat ek bevraagteken het. Ek sien dit as dubbelsinnig en onbetroubaar. Ek dink dit gaan ook hand aan hand met die vraag oor egtheid. Om bekend te wees is ’n vorm van erkenning. Op ’n manier is dit die pad na aanvaarding. Dit het my vertroue gegee wat gehelp het dat ek groei.  

Danser en choreograaf Lil Buck

Lil Buck is wêreld-bekend vir sy Jookin danspassies. Hy het dit bekend gemaak toe hy slegs 13 jaar oud was. Hy doen choreografie saam met bekendes soos Madonna.

“Ek wou graag kinders in Memphis inspireer en wys dat straatdans eintlik kontemporêr en ’n vorm van die skone kunste is.”

Oor die geheim van hoe om bekend te wees sê hy: “Jy moet gedrewe wees en baie in jouself glo. En hierdie twee dinge moet alle ander redes oorskadu. Ek het altyd aangehou en nooit opgegee nie. 

Voormalige Vanity Fair redakteur Graydon Carter en stigter van Air Mail  

“As jy ’n goeie mens is en redelike talent het, sal jy goed doen. As jy baie talentvol is en nie ’n goeie mens is nie, mag jy dalk goed doen. As jy ’n slegte mens is en ontalentvol is, sal jy nie goed doen nie.”

Oor hoe bekendheid die afgelope dekade verander het sê hy: Dink aan name soos Davinci, Picasso en Coco Chanel. Hulle was toe name, maar is dit vandag steeds. Hulle nalatenskap het bly voortleef. Vandag is bekendheid egter meer soos popkultuur, meer vlietend. Jy kan jou klere uittrek en op ’n fiets klim en in Broadway in New York afry en die volgende dag sal jy op die koerant se voorblad wees. En dan sal jy amper al weer vergete wees. Ek dink minder as 100 mense wat vandag bekend is, sal oor vyftig jaar steeds bekend wees. 

Prima ballerina en choreograaf Marie-Agnès Gillot

Marie-Agnès Gillot was die jongste ballerina (15 jaar) wat ooit vir Parys se Opera ‘Corps de Ballet’ aanvaar is. 

Sy het dubbele skoliose gehad as kind en moes as tiener ’n lyfkorset dra. “Al die swem en fisioterapie het veroorsaak dat my liggaam anders as die van ander ballerinas was. Dit het my ook laat uitstaan bo die ander ballerinas. Dit het my charisma gegee en dit is waarvoor ek bekend geword het. 

’n ‘Etoile’ (ster) brand nooit uit nie, want sy vind haar eie lig. 

Media mode-ikoon Hung Huang 

Hung Huang vertel hoe dat daar gedurende die Han-dinastie ’n boek was met biografieë van vroue uit die geskiedenis om na te streef. Die meeste van hierdie vroue was onderdanig en voorbeeldig. Hierdie boek vol biografieë van voorbeeldige vroue is egter deur ’n man geskryf. Hierdie vroue was ons ‘bekendes’.

Ek dink dit is tyd vir moderne Chinese vroue om nuwe rolmodelle en bekendes te hê. As skrywer weet ek dit is my plig en dat ek ’n sosiale verantwoordelikheid het om hiermee te help. 

Sielkundige Laurie Santos

Die meeste mense dink die konsep van ‘celebrity’ is ’n nuwe konsep, maar dit het reeds gedurende die tyd van Antieke Griekeland begin.

As jy egter met sielkundiges hieroor gesels, is die meeste van ons dit eens dat hierdie konsep reeds vroeër as dit begin het. As ons kyk na ons nie-menslike voorgangers, die bobbejaan, sal ons sien dat die trop geobsedeerd is met die doen en late van die Alfa-bobbejaan. Daar is navorsing wat wys dat bobbejane kos sal prysgee in ruil daarvoor om na prente van ander Alfa-bobbejane te kyk.

So bekendheid is al vir miljoene jare deel van ons samelewing en dit is deel van ons. As jy byvoorbeeld ’n aktrise bewonder, voel dit vir jou asof jy haar ken. Al is dit ’n eensydige verhouding, is dit tog sielkundig belangrik. Ons voel ’n konneksie met die mense wat bekend is. Mense is van nature sosiale wesens, maar ons is nie altyd so sosiaal nie en voel dikwels alleen.

Deur bekendes voel jy ’n mate van konneksie en dit kan help om hierdie gaping te vul.  

Kyk die film hier

Baie geluk met jou 100ste verjaarsdag Chanel No.5. Voorwaar ‘n bekende om op trots te wees.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
haarscrunchie
Haarscrunchie; Dra dit so
error: Content is protected !!