Liplekker lipkleure

Yslippe – ’n lipstiffie trend in die skoonheidswêreld – lippe wat glinster so asof jy ’n blokkie ys oor hul gevee het met subtiele kleur daarby. Die nuwe Clarins Lip Comfort Oil skep daardie effek en soveel meer as net liplekker lipkleure. Hierdie nuwe toevoeging tot die Clarins grimeerreeks bevat natuurlike bestanddele, is lieflik sensories en voed boonop jou lippe terwyl dit pragtig lyk. Lees ook meer oor die slim formule waar die kleur van die lip-olie verander – uniek tot elk se veltoon! Deur Justine Kroes

18/08/2022

Hoekom ons van die nuwe Clarins Lip Comfort Oils hou

  • Die bestanddele is natuurlik, voed ons lippe (sysagte lippe!) terwyl dit glansend en gesond lyk.
  • Ons lippe voel ure lank na aanwending steeds gehidreerd danksy die dun beskermende lagie wat soos ’n deursigtige sluier aanbly sonder dat jy dit eers besef – ‘Lip Comfort’ olies? Jip beslis!
  • Die lip-olie voel glad nie taai, olierig of ongemaklik aan nie.
  • Skakerings is subtiel en nie te helder nie – perfek vir daardie dae wat jy steeds iets op jou lippe wil dra maar nie kans sien om ’n helder lipstiffie aan te wend nie.
Justine dra skakering 01 Raspberry en Suzanne dra 03 Cherry
  • Die tekstuur van die lip-olie wend met gemak aan. Veral met die supersagte stafie wat net die regte hoeveelheid produk op jou lippe agterlaat, nie te veel nie, nie te min nie, net reg.
  • ’n Uiterse sensoriese produk – vanaf aanwending met hemelse geure tot die strelende gevoel op ons lippe, selfs die luukse houertjie het ons harte gesteel. Hierdie lip-olie is sonder twyfel ’n nuwe gunsteling in die Stylvol kantoor (hulle toer reeds in ons handsakke saam ons rond!).

Gebruik hierdie liplekker lipkleure so:

  1. Gebruik die Clarins Lip Comfort Oil op sy eie vir ’n subtiele glansende kleur op jou lippe – wat boonop jou lippe voed, hidreer en beskerm teen omgewingsfaktore.
  2. Gebruik die lip-olie bo oor jou lipstiffie vir daardie ekstra bietjie helder met glans en oemf! Onthou glansende lippe skep die voorkoms van voller en gesonde lippe.
  3. Saans kan jy die deursigtige skakering 01 honey gebruik as ’n “slaap-masker” op jou lippe – die resultaat? Jy word wakker met sysagte en gehidreerde lippe.
Gebruik “Honey” saans as ‘n “slaapmasker” vir jou lippe

Meer oor die Clarins Comfort Lip Oils

93% van die Clarins Comfort Lip Oils is afkomstig van natuurlike bestanddele; organiese Jojoba olie, haselneut en sweetbriar roosolie skep saam ’n ekstrak wat jou lippe se sperfunksie versterk. Dit beteken jou lippe behou vog soos dit moet. Boonop beskerm hierdie super bestanddele ook teen omgewings-aggressors.

Daar is 8 glinsterende skakerings en geure van die liplekker Clarins Comfort Lip Oil beskikbaar. 01 Honey, 02 Raspberry, 03 Cherry, 04 Pitaya, 05 Apricot, 08 Strawberry, 09 Chocolate, 10 Plum – beslis ’n geur en skakering vir elkeen.

Clarins Lip Comfort Oil (R380 elk)

Clarins, altyd aan die voorpunt van innovasie, het ’n intelligente pigment in die lip-olies ontwikkel. Hierdie pigment reageer op die kontak wat die olie met die lippe maak en die pH van die olie word dan aangepas om ’n unieke kleur tot elke persoon se veltoon vry te stel. Sysagte lippe uniek vir jou!

(Hierdie pigment is net beskikbaar in skakerings 03 Cherry, 04 Pitaya, 08 Strawberry en 10 Plum).


Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
dermastore gunstelinge
Nuutste Dermastore gunstelinge
error: Content is protected !!