Herfstrends; hierdie grimering, naels en hare is nou in

Wonder jy watter grimering, naels en hare jou mode-voorkoms kan afrond? Ooggrimering is groot nuus, blosser en ook mikro-kuiwe! Deur Suzanne Kotzé

Herfstrends: Grimering

Revlon se nasionale grimeerkunstenaar Lucoh Mhlongo vertel meer oor die seisoen se grimeertrends :

Sartoriale oogskadu– Laat jou oë praat

As jy soos ons wonder wat op dees aarde sartoriale beteken; die term word gewoonlik saam met kleremaak (tailoring) gebruik en verwys na presiesheid, detail en elegansie. En “hierdie seisoen se ooggrimering is elegant en sartoriaal,” sê Lucoh.

“Dink aan gestruktureerde skaduwees in aardse kleure met sweempies vlootblou of diep wynrooi. Mengbare oogskadu wat jy kan bou om ligter of donkerder te wees, is die geheim agter die voorkoms.”

Foto: @irisslaw Instagram

Lucoh beveel die produkte aan

Revlon ColorStay™ Day to Night Eyeshadow Quad in ‘Addictive’ (R299,95)
Revlon ColorStay™ Day to Night Eyeshadow Quad in ‘Addictive’ (R299,95)
Revlon ColorStay™ Liquid Eye Pen (R229,95)

Vleklose mat vel

Foto: Dolcé & Gabanna

Sagte mat vel was nie net op die loopplanke te sien nie, maar ook in die regte lewe. ’n Perfekte, skoon basis is ononderhandelbaar as skilderdoek vir jou voorkoms. Kies dekking wat steeds kan asemhaal en wat boubaar is, sodat jy minder of meer kan gebruik.

Revlon ColorStay™ Longwear Makeup for Combination/Oily Skin SPF 15 (R339,95, Clicks)
Revlon ColorStay™ Blot Setting Powder  (R259,95)

Pienk wange

Pienk wange laat jou jeugdig en glansend lyk.

Glansende ooglede en glansende lippe

Die net net glansende lippe wat nou groot nuus is nie, maar ook glansende ooglede. Dink aan glans en ’n vars douagtige afwerking.

Probeer

Opgeborselde wenkbroue

Wenkbroue wat opgeborsel is, en mooi beklemtoon is sonder te veel klem op die vorm, maar versorg en ingevul is nou groot nuus.

Naels in sagte, romantiese kleure

Korter, geronde naels in skakerings van dowwe pienk, taupe en aardse kleure.

Foto Pinterest

Hare

Mikro-kuif

Hierdie is so reg uit die negentigs (dink aan Mia Wallace/Uma Thurman in Pulp Fiction). Dit was nie net op die loopplanke te sien nie, maar ook op Pamela Anderson by die onlangse Met Gala.

Glad en blink, met ’n middelpaadjie

Die sognenaamde ‘glas’ hare is baie in, en daarmee saam die middelpaadjie.

Foto: Max Mara
Demi Moore bly ’n hare-ikoon wat bewys lang hare pas by alle ouderdomme. Foto: @dimitrishair)

Gevormde krulle

Krulle wat gevorm is met ’n bietjie van ’n retro gevoel.

Foto’s: Bottega Veneta
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
somer vakansie skoonheidsprodukte
Ons 10 moet-hê skoonheidsprodukte vir jou somervakansie
error: Content is protected !!