Mag Odelle de Wet se kalmblywenke jou help om die jaar kalm in te gaan en te bly (al word dit weer later hóé besig.) Sy deel vyf wenke oor hoe om kalm te bly die jaar en tegnieke om te gebruik as jy voel jy begin ‘spin’. Deur Suzanne Kotzé
06/01/2023
Odelle de Wet se kalmbly-wenke

1. Stel ’n oggendritueel/roetine in wat nie jou selfoon insluit nie
Dans vir vyf minute, skryf een sin neer wat beskryf hoe jy voel, lees ’n bladsy van ’n inspirerende boek, doen vinnig ’n BFF oefening: breathe, feel your body (vat aan jou lyf,) find your feet (vat jou volle aandag na jou voetsole.)
2. Kry vroegoggend sonlig
Maak seker jy kry vroeg-oggend reeds bietjie son op jou lyf en neem saans so drie tot vyf minute minute om die sonsondergang dop te hou. Hierdie is van kardinale belang vir jou slaap-wakker siklus (sirkadiese ritme.)
3. Bring struktuur in jou dag en lewe in
Ons noem dit ‘bright lines.’ Dit verg beplanning, maar wanneer jou lyne helder skyn, vertrou jy jouself, stel jy duidelike grense vir jouself en ander in jou lewe, en jou lewe kan begin vloei. ‘Effortless flow.’
4. KISS (Keep It Simple Sweetheart).
Ek noem dit: Simply Structured. My lektor op technikon het altyd gesê: Less is more. Sodra jy te veel goed begin oplaai, dra jy onnodig swaar en kom jy by die meeste daarvan nie uit nie. En as jy dit doen, is jy so moeg en gefrustreerd dat jy sukkel om dit wat jy wel doen, te vier (celebrate.)
‘Slow and steady, simply structured.’
Tegnieke om te gebruik wanneer jy voel jy begin ‘spin’
Dit is moeilik om jou gedagtes met denke te verander, maar jy kan dit met jou liggaam verander. ‘Doen’ is die ding.
1. Sug
Neurowetenskap bewys duidelik dat ’n fisiologiese sug (physiological sigh) binne sekondes tot minute jou senuweestelsel kalmeer. Twee vinnige asems in gevolg deur ’n oopmond uitasem. Asof jy sug. Die alveolus in jou longe word opgekikker (ons doen hierdie onbewus as ons snak terwyl ons huil).
2. Joga Nidra
Joga Nidra/Non sleep deep rest’. 20-30 minute ’n dag laat jou toe om diep te ontspan asook jou brein kans te gee vir neuroplastisiteit (verandering in neurale netwerk.)
3. Staar by die venster uit
Siende dat die meeste van ons vir ure aaneen in ’n rekenaar of selfoon vasstaar, staan elke uur op en gaan staan by ’n venster. Indien moontlik, ’n oop venster. Probeer ver uitkyk asof jy jou blik versag-periferale visie. Hierdie het ’n direkte uitwerking op die parasimpatiese senuweestelsel. ’n Diep, kalmerende effek.
Wat presies is, en doen, ’n integrale afrigter?

My droom is bewaarheid: Om te ontdek hoe ons as mense op volhoubare EN verlangde maniere verander, en dit dan in praktyk saam met iemand deur te stap en te sien hoe hulle die veranderinge bewerkstellig.
Odelle de Wet (of Delia Ritcher soos Binnelanders aanhangers haar ken) wat nie net ’n aktrise en integrale afrigter is nie, maar ook ’n gewalifiseerde joga-afrigter verduidelik: “’n Integrale afrigter (integral coach) help ’n kliënt deur ’n veilige hawe te bied waar die kiënt/coachee sonder oordeel sy/hy/hulle wêreld saam met ’n opgeleide professionele persoon (ek, in hierdie geval) uitspeel.
As integrale afrigter is ek opgelei om die kliënt/coachee se wêreld te beleef soos deur hul eie oë. (Ons noem dit structure of interpretation.) Elkeen van ons het ’n perspektief van die wêreld uniek aan ons. Ek speel terug wat ek hoor of sien (soos’n spieël) en ons ontdek wat agter die sogenaamde probleem lê. ’n Gesogte leuse onder integrale afrigters is ‘coach the person, not the problem.’ Die probleem is gewoonlik ’n simptoom van ’n dieper patroon. Dit is ’n ongelooflike ryk proses gevul met kreatiwiteit.
Ek stap die pad saam met die kliënt/coachee en ons stel duidelike observeerbare uitkomste wat die persoon graag aan die einde van die program wil sien en in hulself beleef.Jy ontdek jouself as ’n ‘whole’ mens: op ’n kognitiewe, emosionele, somatiese (liggaam,) ‘in- verhouding- tot’ (relasionele) en spirituele vlak.
Die program se sertifikasie- en kwalifikasie-proses is baie streng. Dit behels onderskeidelik ’n program van 6 en 12 maande, geakkrediteer deur UCT GSB, New Ventures West, en ICF (International Coaching Federation). Dit word ook deur Comensa en HPCSA erken vir diegene wat daaraan wil behoort. Hierdie is belangrik aangesien heelwat mense deesdae ‘coach.’ En alhoewel dit wettig is, word die persone nie verantwoordelik gehou om etiese grense te stel nie. Privaatheid en die welstand van die kliënt is uiters belangrik.
Lees ook: 10 Wenke om jou angs te beheer