Langer dae, sonskyn, swem, vakansies en dae langs die swembad … en dan besluit jou vel skielik om ook aan die partytjie deel te neem. Ongelukkig RSVP sy nie altyd so beleefd nie. So, wat gebeur eintlik met jou vel wanneer die winter in die somer oorgaan en, nog belangriker, wat kan jy daaromtrent doen? Deur SkinFundi Sonette Donker
Van wintervel na somersvel:
Jou vel gedra hom anders wanneer die seisoene verander. In die somer kan jou vel olieriger raak as gevolg van verhoogde talgproduksie, terwyl dit terselfder-tyd probeer om homself teen omgewingsfaktore soos UV-blootstelling te beskerm.
En saam met daardie ekstra olie kom daar dikwels ’n paar ongewenste somergaste:
- Hallo, swartkoppies.
- Hallo, witkoppies.
- En natuurlik … puisies.
Niemand het julle genooi nie! So, wat doen ons daaromtrent?
1. Sit die swaar winterbevogtiger eenkant.
Daardie ryk, romerige bevogtiger wat jou vel in die winter liefhet, is dalk nou net ’n bietjie te veel. Ruil dit vir ’n ligte, hidrerende room wat jou vel gehidreer hou sonder om dit swaar te laat voel.
2. Skilfer meer af.

Meer olie kan makliker tot verstopte porieë lei. Gereelde afskilfering help om dooie velselle en oortollige olie te verwyder voordat jou porieë in ’n verkeersknoop verander.
3. Gryp ’n masker

Gebruik ’n olie-absorberende, suiwerende masker twee tot drie keer per week om oortollige olie te help beheer en jou vel in balans te hou.
4. Maak ’n afspraak vir ’n diep-reinigende velbehandeling.

Die somer is ’n uitstekende tyd vir ’n diep-reinigende velbehandeling elke vier weke. Dink daaraan as ’n goeie lenteskoonmaak … maar vir jou porieë.
Somer velsorg moet-hê’s
As ek net ’n paar dinge vir jou somer-velsorgsakkie kon kies, sou hierdie beslis die lys haal:
1. Sonskerm
Nie onderhandelbaar nie. Punt. Jou vel gaan jou later daarvoor bedank.
2. ’n Reiniger wat diep skoonmaak, maar sagkens werk
Skoon vel = gelukkige vel. Veral wanneer somer ekstra sweet, olie en sonskerm saambring.
3. ’n Vitamienryke serum of bevogtiger
Antioksidante help om jou vel teen vrye radikale te beskerm wat deur omgewingsfaktore veroorsaak kan word.
Veral as jou vel reeds geneig is om olierig te wees.Jy wil hidreer; nie olie op olie stapel nie.
4. ’n Ligte olie-abosorberende bevogtiger
Veral as jou vel reeds geneig is om olierig te wees.Jy wil hidreer; nie olie op olie stapel nie.
5. ’n Puisiebehandeling
Want soms besluit ’n puisie om op te daag presies wanneer jy dit die minste nodig het. Gewoonlik net voor ’n vakansie, troue of belangrike foto.
6. Lipbalsem met SBF
Ja, jou lippe het ook sonbeskerming nodig!
7. Aloe Vera-jel
Hou ’n goeie Aloe Vera-jel byderhand vir sonverbrande of geïrriteerde vel. Dit is ’n somer-velreddingsboei.
Die Fundi se somervelwenke

1. Dubbelreinig
As jy die hele dag gesweet het en sonskerm gedra het, is een reiniging dalk nie genoeg nie. Reinig jou vel twee keer in die stort, of gebruik ’n misellêre water voor of ná jou gewone reiniging.
Dink daaraan as die velversorgingsweergawe van:
“Is ons rêrig nou skoon?”
2. Ys my maat!
Het jy ’n ontsteekte puisie? Probeer om die area liggies te ys om inflammasie te help verminder en die vel te kalmeer. Gebruik die ys direk op jou vel vir beter resultate.
3. Hou jou Aloe Vera koel
Sit jou Aloe Vera-gel in die yskas. Wanneer jy dan ’n onverwagse dosis te veel son gekry het, is daardie koel jel op die vel ’n absolute fees! Dit kan ook help om insekbyte en hitte-uitslag te kalmeer. Basies het jou yskas nou amptelik ’n velsorgafdeling.
4. ’n Dag in die son?
Moenie net op sonskerm staatmaak nie.
Jou somer-sonbeskermingsuitrusting behoort te bestaan uit:
- ’n Breërandhoed
- Langmoue
- ’n Ligte hemp met ’n hoër nek
- Langbroek
- En natuurlik … sonskerm!
Vir makliker heraanwending onderweg kan jy ’n aërosol- of poeier-sonskerm oorweeg.
5. Smeer weer. En weer
Sonskerm is nie ’n “een keer en klaar” -situasie nie. Smeer elke twee uur weer, en selfs meer gereeld indien jy geswem, gesweet of met ’n handdoek afgedroog het. En onthou: Smeer jou sonskerm aan 30 minute voordat jy in die son uitgaan. Jou toekomstige vel gaan jou huidige self baie dankbaar wees.
Sonette se somervel moet-hê’s
As jy hierdie somer in die Fundi se badkamerkassie kon loer, sou jy waarskynlik die volgende Dermaceutic produkte daar kry:
Dit is van my persoonlike somer-gunstelinge om die vel skoon, gehidreer, beskerm en ondersteun te hou gedurende die warmer maande.
Die Skin Fundi se velredding: slaap

Het jy ’n bietjie te veel son gekry? ’n Puisie wat oorlog verklaar het?mVoel jou vel warm, geïrriteerd of sommer net asof dit wil sê: “Ek het genoeg gehad vir vandag, baie dankie.”
Aand-velreddingsritueel
Dan is dit tyd vir die Fundi se aand-velreddingsritueel:
Reinig
Reinig jou vel sagkens met Advanced Cleanser.
Ys
Gee jou vel ’n sagte ysbehandeling om inflammasie te help kalmeer.
Herstel
Wend Repair Ceutic aan op skoon, droë, koue vel en masseer dit liggies in.
Slaap
Sit jou Skin Fundi-satyn-oogslaapmasker op, maak jou oë toe en laat die genesing begin.
Laat jou vel sy werk doen
Terwyl jy slaap, kry jou vel ’n welverdiende blaaskans om te herstel en te genees.
En om eerlik te wees?
Soms is die beste ding wat jy vir jou vel kan doen om op te hou om daaraan te vat, op te hou om daarmee te peuter en net bed toe te gaan.
Somervel in ’n neutedop
Reinig. Afskilfer. Hidreer. Beskerm. Herstel. Herhaal.
En onthou … Jy het nie ’n 17-stap-velsorgroetine nodig net omdat dit somer is nie. Jy het die regte produkte, korrek gebruik en konsekwent toegepas, nodig.
En dit is waar jou Fundi inkom. Geniet die somer, geniet die sonskyn en sorg mooi vir daardie vel!
Sonette, oftewel The Skin Fundi
Stylvol aanbod
Die eerste 10 Stylvol lesers wat op skinfundi.co.za koop kry ’n gratis Advanced Cleanser 50 ml ter waarde van R320 en gratis aflewering ter waarde van R120.
Gedurende Oktober kry Stylvol-lesers gratis aflewering, sit net ‘stylvol’ by die promo code as jy betaal.














