Alles wat jy wil weet oor twienervelsorg vir aknee en puisies. As ouers wil ons help, maar weet gewoonlik nie regtig hoe nie! Daaarom het ons die kundiges gevra vir raad en wenke. Deur Suzanne Kotzé
Twienervelsorg vir aknee en puisies: só verduidelik jy vir jou kind waarom hulle puisies of knoppies kry
Stel hulle gerus. Wys hulle daarop dat dit heeltemal normaal is, en dat dit met die meeste van ons gebeur het.
1, Deel jou eie ondervinding
As jy of jou lewensmaat hiermee gesukkel het, deel dit met jou kind.
2. Verduidelik dat dit niks met vuilheid te doen het nie
Daar is ’n wanpersepsie dat puisies of aknee deur vuilheid en bakterieë veroorsaak word. Navorsing het egter gewys dat slegs een derde van akneelyers verhoogde bakteriële vlakke het.
3. Verduidelik die rol van hormone
“Verduidelik dat meisies en seuns gedurende puberteit die manlike hormoon testosteroon begin afskei. Die hormone – ook bekend as androgene – stimuleer jou oliekliere wat die vel meer olierig maak, en dit kan wit- en swartkoppies en puisies veroorsaak,” sê dr. Webster.
4. Vertel hulle van olie en dooie velselle
Verduidelik dat daar drie faktore is wat ’n rol speel by puisies en aknee
- Ophoping van sebum (olie)
- Dooie velselle
- Bakterieë in die porieë
Merkies en puisies begin gewoonlik rondom die haartjies wat uit die vel groei. Dooie velselle en olie verstop die haarfollikel en dit lei mettertyd tot puisies.
5. Vertel hulle van die onsigbare en die sigbare
Voordat jy ’n puisie of ’n koppie sien, is daar reeds goed wat ‘onder’ jou vel gebeur wat jy nie kan sien nie. Vir elke puisie/merkie wat jy sien kan daar tot 100 onsigbare mikro-komedone onder jou vel se oppervlak wees. Mikro-komedone verwys na die proses waar selle vermenigvuldig en na ’n prop/opeenhoping van jou olie of sebum lei. Juis hierom is dit so belangrik om nie net ons gesigte te was as ons ’n puisie sien nie, maar elke dag.
’n Velsorgroetine vir twieners met puisies of aknee.
Kaapse dermatoloog dr. Suretha Kannenberg gee raad
Gesigwas vir aknee-geneigde vel
Soos wat daar hier en daar swartkoppies en puisies begin verskyn, kan ’n mens begin beweeg na gesigwasmiddels wat meer vir aknee-geneigde (acne-prone) velle ontwerp is. Wees net versigtig vir gesigwasmiddels met bestanddele soos glikoliese en salielsuur wat die gesig te veel kan uitdroog op so jong ouderdom.
Vogroom vir olierige vel
Hou vogrome eenvoudig. Aanvanklik kan jy een vir ’n meer normale vel kies en later soos die vel meer olierig word, kan ’n mens oorbeweeg na die vir meer olierige velle.
Danksy Eau Thermale Avéne se vennootskap met Dermatologie Professor J. Saurat het hulle ’n skakel tussen die aantal mikro-komedone en sigbare puisies ontdek. Eau Thèrmale Avéne Cleanance Comedomed bevat ’n spesiale gepatenteerde bestanddeel (Comedoclastin ™) wat sigbare en onsigbare puisies teiken. Dit help om sebum te reguleer en beperk die verspreiding van selle. Die room het ’n jel-room formule en voel glad nie olierig nie. Dit hidreer die vel en laat dit mat vertoon. Geskik vir ligte tot matige aknee-geneigde velle vir kinders bo 12 jaar oud.
Soos Comedomed bevat dit ook (Comedoclastin ™), maar ’n laer konsentrasie. Dit bevat ook spesiale poeiers om te help dat die vel nie blink nie.
Sonskerm
Sonskerm is soos altyd baie belangrik. Maak seker dat dit daarop aandui dat dit ‘non-comedogenic’ is – dit sal dus nie aanleiding gee tot swartkoppies nie.
Probeer
Wanneer om professionele hulp te kry
Dr. Kannenberg sê:
“Wanneer aknee nie binne twee tot drie maande verbeter met die gebruik van korrekte vel- produkte nie, is dit die beste om ’n dokter te spreek. Natuurlik kan ’n mens direk na ’n dermatoloog gaan. Algemene praktisyns kan ook ongekompliseerde aknee behandel. Indien daar egter geen beterskap na twee tot drie maande op die algemene praktisyn se behandeling is nie, is dit ’n goeie idee om ’n dermatoloog te raadpleeg.
Daar is egter sekere gevalle waar mens vroeër by die spesialis moet uitkom. Hierdie gevalle sluit in:
- ’n familiegeskiedenis van erge aknee – veral as dit lelike merke gemaak het by die familielid,
- indien die aknee vinnig vorder tot erge littekens
- en in gevalle van aknee in donker vel aangesien dit vreeslike lelike merke kan veroorsaak wat baie moeilik is om te behandel’
Aknee in mense met ekseem is ook baie kompleks om te behandel, so spesialisbehandeling is ’n goeie idee. Natuurlik in gevalle waar daar ander onderliggende siektes is of waar die persoon reeds ander medikasie gebruik is waarskynlik beter om vanuit die staanspoor by ’n spesialis behandeling te kry.”
Ouers, hierdie is baie belangrik om te onthou
Dr. Kannenberg maan: “Wat wel net krities is: onthou aknee in tienerjare is ’n ‘normale’ verskynsel. Moet net asseblief nooit dit net los omdat dit ’n normale fase is wat gaan verbygaan nie.
Tienerjare is ’n moeilike tyd vir die meeste mense. Aknee op die gesig is sigbaar vir die hele wêreld om te sien en die sielewroeging wat dit kan veroorsaak kan erge emosionele skade aanrig.
Dr. Kannenberg
Addisioneel daartoe kan dit vreeslike merke veroorsaak wat geweldig duur kan wees om te behandel. In sommige gevalle raak ’n mens nooit ontslae van die merke nie. En: aknee is behandelbaar.”
Dr. Kannenberg se praktyk is in Durbanville, Kaapstad, maar jy kan ook ‘n aanlyn konsultasie met haar doen. Klik hier: dr.derma.co.za
Die artikel is geborg deur Eau Thermale Avène. Besoek gerus hulle webwerf: www.eau-thermale-avene.co.za
PFZA/202202010