Voorbereidingslagie 101, ons deel met jou wat presies ’n voorbereidingslagie is, hoekom jy een nodig het, truuks om dit reg aan te wend en hoe om die regte grimeervoorbereidingslagie vir jou vel te kies. Lees gerus hier om te leer hoe jy ook ’n foutlose velvoorkoms kan kry wat lyk asof ’n Instagram-filter jou in lewende lywe bedek; Deur Justine Kroes
20/10/2023
promosie
Wat is ’n gimeervoorbereidingslagie (primer)?
Primers, oftewel ’n voorbereidingslagie, kan beskryf word as die “photoshop” van die grimeerwêreld.
’n Voorbereidingslagie word onder jou grimering aangewend om ’n gladde, foutlose velbasis te skep voor grimeringaanwending.
Voorbereidingslagies word ook gebruik om enige velfoute te verbloem, hetsy dit donker vlekke, rooiheid of vergrote porieë is. Hierdie slim produk verseker ook dat jou grimering langer aanbly. Dink daaraan as ’n “lewendige” filter wat jy aanwend om die perfekte velvoorkoms te skep.

Wend jou grimeervoorbereidingslagie so aan:
Wend jou voorbereidingslagie ná jou gesigroom of sonskerm aan, voordat jy jou onderlaag, cc, bb room of getinte bevogtiger aanwend.
Ons het al deur die jare hierdie handige truuk by grimeerkunstenaars geleer – vryf jou voorbereidingslagie met jou vingerpunte in klein sirkelaksies op jou gesig in, eerder as met ’n grimeerborseltjie of sponsie. Dit hitte van jou vingerpunte sal seker maak die primer word eweredig aangewend en “smelt” saam met jou vel vir perfekte aanweding.
Wag so ’n minuut om seker te maak jou voorbereidingslagie is droog voordat jy met jou onderlaag begin.
7 Redes hoekom jy ’n voorbereidingslagie nodig het:
1. Foutlose grimeeraanwending
’n Voorbereidingslagie skep nie net ’n perfekte, foutlose vel nie maar laat ook toe dat jou grimering maklik en foutloos aanwend.
2. Jy gebruik minder grimering
Met die regte voorbereidingslagie wend jy selfs minder grimering aan omdat jy nie so baie grimering nodig het om velfoute wat pla toe te maak nie.
3. Jou grimering bly langer aan
’n Voorbereidingslagie is die truuk wat die meeste grimeerkunstenaars gebruik om seker te maak jou grimering bly heeldag lank aan, plus jou grimering lyk teen die einde van die dag nog vars en foutloos.
4. Foutlose vel en minder sigbare plooie
Om ’n voorbereidingslagie aan te wend, verhoed dat grimering tussen fyn lyne en plooie op jou vel gaan sit.
5. Voorbereidingslagie vir vel, lippe, oë, en wimpers
Daar is talle verskillende tipes voorbereidingslagies beskikbaar in die grimeerwêreld, van voorbereidingslagies vir jou vel, party net vir ooglede, en daar is selfs deesdae primers vir maskara en lippe beskikbaar.
6. Jy kan ’n voorbereidingslagie op sy eie gebruik
As jy nie graag onderlaag dra nie, kan die meeste vel voorbereidingslagies op hul eie gebruik word om daardie foutlose velvoorkoms te skep.
7. Daar is ’n velvoorbereidlingslagie vir elke veltipe
Voorbereidingslagies spesifiek ontwerp vir persoonlike voorkeur, party om rooiheid te verminder, ander om vergrote porieë te verbloem, en van die voorbereidingslagies skep ’n helderder gelaat waar ander weer donker vlekke (hiperpigmentasie) en tekens van moegheid verbloem.
Kies die regte Clarins SOS Primer vir jou vel:
Clarins het 5 nuwe vel-voorbereidingslagies bekendgestel, elk van die nuwe Clarins SOS Primers (R590 elk) werk nie net as ’n voorbereidingslagie nie maar ook as ’n velsorgproduk (propvol plantbestanddele) wat jou vel versorg, hidreer en beskerm, alles terwyl dit jou spesifieke velprobleem aanspreek.

Clarins SOS Colour Correcting Diminishes Redness
Kleurkorrigerende“colour correcting” voorbereidingslagies word gebruik om die kleur van die vel teë te werk. Byvoorbeeld, ’n groen voorbereidingslagie word gebruik om die voorkoms van ’n rooi (dalk sensitiewe) vel te verminder. As jy daaraan dink is groen aan die teenoorgestelde kant van rooi op die kleurwiel, dus maak dit sin dat die groen skakering rooiheid sal verminder.
Clarins se SOS Colour Correcting Diminshes Redness Primer bevat die velstrelende bestanddeel sclary sage wat die vel streel en die voorkoms van enige rooiheid verminder. Ons het dit getoets, kyk net hoe goed werk die voorbereidingslagie op Suzanne se vel, aangewend aan die een helfde van haar gesig (linkerkant) kyk hoe minder rooi teenoor die regterkant.

Clarins SOS Primer Minimizes Signs of Fatigue
Die pienk skakering van die voorbereidingslagie bevat “beautyberry” ekstrak wat ’n velglansende effek skep. Die SOS Primer bevorder jou vel se mikrosirkulasie wat enige dowwe vel iets van die verlede maak. Dit beveg ook enige tekens van moegheid vir ’n varser (en jonger!) velvoorkoms.
Clarins SOS Primer Boosts Radiance
Vir ’n glansende velvoorkoms, kies die pêrel SOS Primer skakering. Met organiese Edelweiss-ekstrak bevat hierdie velvoorbereidingslagie anti-oksidante wat jou vel beskerm en versorg. Die SOS Primer kan gebruik word as ’n grimeervoorbereidingslagie of selfs net as ’n grimeerverhelderaar (highlighter) op jou wangbene, neus en kupidobogie op jou bo-lip vir ekstra glans.
Clarins SOS Primers Blurs Pores, Matifies
Die “blur” SOS Primer is perfek vir die wat dalk sukkel met ’n olierige vel of groot porieë. Die wat sukkel met ’n olierige vel weet jou grimering hou bykans nooit heeldag op jou vel nie. Hierdie “mattifying” SOS Primer bevat organiese aarbei-ekstrak wat die voorkoms van ’n olierige vel verminder. Na aanwending beloof die “blur-effek” Primer om die voorkoms van vregrote porieë te verminder en jou met ’n mat, minder blink gesigvel te laat.

Ek kon nie glo hoe my vergrote porieë op my wange binne sekondes minder sigbaar was na die aanwending van hierdie voorbereidingslagie nie. My grimering wend so maklik aan en hou boonop heeldag lank!
Justine
Clarins SOS Primer Blurs Imperfections
Die “blur” primer word gebruik vir die wat dalk sukkel met donker vlekke. Clarins se SOS perske-skakering bevat organiese desert date-ekstrak wat donker kolle of vel vlekke teewerk vir ’n meer eweredige en foutlose gelaat.