6 moet-hê produkte vir ’n natuurlike grimeervoorkoms dié somer

Warmer weer beteken dat ons nie noodwendig lae en lae grimering wil dra nie. Eerder natuurlike grimering met glansende vel sonder al die duisende stappe. Hier is ons 6 moet-hê grimeeritems vir daardie nautuurlike elkedag somer grimeervoorkoms. Deur Justine Kroes

17/11/2023

1. ’n Getinte sonroom

Minder grimering in warmer weer (of vir elke dag se dra) is nie net makliker nie maar lyk ook meer natuurlik.

Ons glo vel moet steeds soos vel lyk, en dalk net ’n paar merkies versag. 

’n Getinte bevogtiger, sonroom en dalk ’n klein bietjie verbloemer is al wat jy nodig het.

’n Getinte sonroom is ons geheime wapen om soggens ’n paar minute aan jou grimeerroetine te bespaar. In plaas daarvan om beide sonskerm en onderlaag aan te wend, probeer liefs ’n getinte sonroom – dit is basies jou onderlaag en sonroom in een! So maak ons seker ons dra daagliks sonskerm en nie laag op laag onderlaag nie.

Probeer gerus:

ISDIN Fusionwater Color (R535 Dermastore) beskikbaar in Light, Medium en Bronze skakerings) is ’n breëspektrum sonskerm wat teen UVA (ageing rays) en UVB (burning rays) beskerm met ’n SBF50
Heliocare se 360 Color Gel Oil Free Tinted Suncream (R500) beskikbaar in skakerings Pearl, Beige & Bronze.
Bioderma Photoderm Crème Tinted SPF 50+ (R360) nog ’n hoë SBF beskerming en is beskikbaar in skakerings Light & Golden

2. Roomblosser

Laat gaan jou poeierblosser in hierdie warmer weer – die idee is om daardie glansende “gloed”/glow te skep sonder die poeierige wange. Wange wat lyk asof hulle natuurlik bloos met ’n effense glans is waarna ons mik. Nie alleen lyk dit gesond en natuurlik nie, dit wend ook so maklik aan – tik eenvoudig met jou vingerpunte die blosser oor jou wange aan. Haastig? Wend sommer jou roomblosser op jou lippe ook aan as ’n natuurlike lipkleur.

Wenk: Laat só jou roomblosser langer hou – wend ’n tikkie deursigtige poeier bo-oor jou roomblosser aan om dit te set.

Hier is ‘n paar gunstelinge:

Colorscience Total Protection Color Balm SPF 50 (R795 Dermastore)
Essence Baby Got Blush (R77.95)
Gloei Skylighter Multi-Use Blush Balm Cosmo Skies (R390)

3. Getinte lip-olie

Ons is baie lief vir lipstiffie dra, hoewel vir elke dag verkies ons ’n effense getinte lip-olie wat ons sommer blitsvinnig (en sonder ’n spieël) moeiteloos kan aanwend. Getinte lip-olies vlek jou lippe so effens vir kleur wat ure lank hou en die olieformule hou boonop lippe gehidreer en sag.

’n Effense blink op jou lippe gee daardie jeugdige grimeervoorkoms en skep ook natuurlik die illusie van voller lippe.

Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

Clarins Lip Comfort Oil (R450)
Essence Hydra Kiss Lip Oil (R75,95)
Catrice Glossin’ Glow Tinted Lip Oil (R99,95)

4. Waterdigte Maskara

Om te verhoed dat jou maskara teen die einde van die dag op jou ken sit (glo ons, dit gebeur gereeld!) – probeer dalk ’n waterdigte maskara wat nie net vir swem bedoel is nie maar ook sweetweerstandig is.

Ons het al deur die jare ’n klomp waterdigte maskaras probeer, maar hierdie bly van ons gunstelinge wat regtig werk:

Essence Lash Princess False Lash Effect Marcara Waterproof (R87,95)
Clarins Wonder Perfect Mascara 4D Waterproof (R495)

5. Deursigtige poeier

’n Blink T-sone sê “ek’s warm!” sonder dat jy ’n woord hoef te sê. Ons wil steeds ’n glansende gelaat hê, maar nie so blink dat iemand jou voorkop van die maan af kan sien nie.

’n Deursigtige “translucent” poeier doen presies dit. Hierdie tipe poeier maak nie die vel heeltemal mat nie. Dit versag die ergste blink, maar lyk steeds effens glansend en natuurlik.

Essence Fix & Last 14H Make-Up Fixing Loose Powder (R113,95)
LA Girl Pro Setting Powder Translucent (R84,95 Dis-Chem)

6. “Setting” sproei

Die finale stap in ons natuurlike elkedag grimeer-voorkoms is ’n “setting” sproei. Jou “setting” sproei laat nie net jou grimering set nie – dit gee ook ’n vars, jeugdige glans aan jou grimeervoorkoms.

Ons gebruik ’n “setting” sproei sommer so deur die loop van die dag om te verfris en af te koel en nuwe lewe aan ons grimeervoorkoms te gee.

Clarins Fix’ Make-Up Summer Collection (R540)
MAC Cosmetics Prep & Prime (R570)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Vars lentegrimering
error: Content is protected !!