7 mode items wat nou jou klerekas sal verhef

Ons is alewig op die uitkyk vir wat die nuutste modes is en natuurlik die wat ons self graag sal wil dra. Soms so tussendeur die seisoene kom jy agter dat jou klerekas wel ’n paar strategiese opgraderings nodig het. Hier is sewe moet-hê mode-items wat dadelik jou voorkoms sal verhef. Deur Justine Kroes

01/08/2025

1. Barrel denims

As jy nog nie ’n paar aangepas het nie, gaan ons jou aanmoedig om ten minste te probeer! Ons was self nie oortuig hiervan nie, totdat ons dit self aangepas het. Die resultaat – aangenaam verras!

Barrel denims se fokus is dramatiese proporsies en dramatiese silhoeëtte – so onthou dit moet lyk asof jy ’n onderstebo perdeskoen aanhet!

Truuk: kies een wat lekker hoog in jou middel sit – en jou kleinste area hier aksentueer – dit sal daardie vleiende uurglas effek gee.

Stileer dit so:

Jou bloes/hemp moet meer styfpassend sit sodat proporsies gebalanseer word.

Jou skoenkeuse by jou barrel denim is ook uiters belangrik – moet nie bonkige groot skoene hier dra nie – dit sal ekstra visuele gewig byvoeg en laat lyk asof jy swaar bene het. Kies eerder gepunte, fyn skoene wat die aandag sal vestig rondom die enkel (waar jou barrel denim ingetrek word) en jou bene verleng eerder as verkort.

2. Iets bottergeels

Ons weet teen die tyd al boergonje (Burgundy) en sjokolade-mokkabruin is oral oor gunstelinge, maar vir die komende seisoen lyk bottergeel soos ’n groot skakering. Eksperimenteer solank met die kleur en kyk of dit dalk iets is wat jy graag sal wil dra.Dalk  ’n oopknooptrui of ’n paar bottergeel bykomstighede soos ’n haarband, handsak of skoene.

Jy gaan nie weet of jy daarvaan hou as jy nie ten minste probeer nie!

3. Cropped trench

’n Soldatejas bly tydloos, maar ’n “cropped” weergawe is beslis die 2025 manier om hierdie klassieke stapelitem te dra.

Hoekom ons daarvan hou: Jy kan dit minder of meer formeel dra en stileer. Dit bring skerp tekstuur na enige uitrusting en is vleiend aan vroue. Die mode-item gee dadelik ’n tydlose en gesofistikeerde gevoel aan jou uitrusting.

Die “cropped” en korter snit is ook vleiend vir baie vroue en trek aandag na jou middellyf toe eerder as ’n baadjie wat oor jou bobene/boude hang en aandag hierop vestig.

Wenk: Pas ’n klompie aan totdat jy ’n kleur, lengte en styl vind wat vir jou werk.

4. Stylvolle plat skoene

Balletskoene bly ’n tydlose gunsteling, en die winkels is tans propvol opsies, style en skakerings vir byna elke stylpersoonlikheid.

Vir tekkies is die sjiek-retrotekkie nuwe moet-hê tekkie.

Elke klerekas het daardie een paar sjiek tekkies nodig, daardie paar wat by alles pas, cool, dog klassiek is. Skuif verby wit Nike airs, hoësool New Balance en die allerbekende Adidas Samba tekkies o, en die luiperdmotief, hoe kan ons vergeet!

Hierdie nuwe sjiek tekkie gee ’n retro en luukse gevoel. Plat sole, ronde voorpunte in luukse materiale soos leer gekombineerd met sweedsleer. Ons gunstelinge op die oomblik is die room, bruin en swart weergawes.

Wees op die uitkyk vir die Adidas Tokyo en die Puma Speedcat tekkies.

5. ’n Oopknoop hemp

Die oopknoophemp bly ’n tydlose stapelitem, maar kies gerus vanjaar  een in ’n kleur eerder as plein wit (ligblou werk by byna alles) of ’n lekker streeppatroon.

Jy sal verbaas wees hoe hierdie eenvoudige aankoop jou uitrustingkombinasies kan verhef. Dra dit onder ’n sweetpaktop met ’n kraag wat uitsteek, of meer formeel by ’n romp en stewels.

Die oopknoophemp bly die ideale “aangooi” item wanneer jy nie weet wat om aan te trek nie.

Wenk, as knoophemde vir jou te formeel voel, probeer dalk ’n denim opknoophemp opsie.

6. Wit denims

Nooit (ooit) het ek gedink ek sal weer ’n witbroekfase in my lewe deurgaan nie (het jy ook die wit Sissy Boy broek era oorleef?!), maar hier is ons weer!

As mode ons een ding geleer het, is dit “never say never”. Wit denims word nou as ’n kapsule klerekas stapel-item geag en ons moet bieg, hierdie broek is super veelsydig.

Dra dit by

Wenk: kies ’n snit/styl wat vir jou lyfvorm werk. Die Curvy Wide opsie van H&M is ’n gunsteling en die cropped (effens korter pype) weergawe van die broek skep ’n gemaklike voorkoms en een wat jy maklik kan stileer met plat balletskoene en sandale in die somer.

7. ’n Syserp (vir om jou middel!)

Serpe, veral syserpe, is vanjaar ’n moet-hê modebykomstigheid. Die nederige serp het die stileerkrag om jou hele uitrusting aanmekaar te bind, letterlik en figuurlik!

Ons het onlangs meer daaroor geskryf hier:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sjiek-staatmaker; die wit kraaghemp
error: Content is protected !!