wenke vir aandgrimering
wenke vir aandgrimering
Foto: Chanel Beauty

7 maklike aandgrimeringwenke

Daardie tyd van die jaar het aangebreek – sosiale uitnodigings by dosyne. So asof almal wil inhaal op die laaste twee jaar se misloop van glansgeleenthede binne die volgende twee maande en ons kan nie bybly nie. Ons het vir twee kundige grimeerkunstenaars hul top aandgrimeerwenke gevra (met ’n paar van ons eie daarby!) lees hier vir 7 maklike aandgrimeringwenke. Deur Justine Kroes

14/10/2022

1. Vergeet van swaar en donker

Grimeerkunstenaar Marlinette Newman verduidelik – “Ek dink dit is uit die mode om ’n swart of donker rokerige oogvoorkoms te doen. Deesdae is ’n gesonde glansende vel meer “in”. ’n Moderne alternatief vir donker ooggrimering is ’n glansende gelaat met foutlose vloeibare oogomlyner, maskara en ’n lipglans.

Wenk: Om die glansende veleffek reg te kry, kies ’n roomverhelderaar (highlighter) in plaas van ’n poeier weergawe. Jy kan dit selfs inmeng by jou vogroom of onderlaag verduidelik Marlinette. Gebruik ook tikkies daarvan op jou wangbene, kupidobogie en op jou neus vir daardie ekstra stralende glans.

MAC Cosmetics Strobe Cream (R620)
Revolution Liquid Highlighter (R169,95 Clicks)
Hey Gorgeous Liquid Highlighter (R350 Superbalist)

2. Skitterende oë

Grimeerkunstenaar Cheryl Parker verduidelik dat skitterende oë in die dag net nie reg lyk nie, maar perfek is vir die aand, ’n bietjie glans op die oë lyk altyd pragtig in die aandlig. Dit is ook ’n maklike manier om jou da grimering na aandgrimering te neem, net ’n vinnige swiep oor jou oë met ’n skitterende roomoogskadu. ’n Veelsydige produk – jy kan dit as verhelderaar gebruik op jou wangbene, tik eenvoudig met jou vingerpunte aan, sê Cheryl.

Foto: Chanel Les Ombre Tweed reeks

Marlinette se raad “Moet liefs nie jou glinsterende grimering oor jou hele ooglid vee nie – hou dit óf op die bal van die oog óf in die binnehoeke van jou ooglede. Om dit oor die hele oog te vee kan jou voorkoms verouder.

Wenk: Cheryl sê kies eerder ’n skitterende roomoogskadu in goue of sjampanje skakerings en vermy ysige silwer, dit lyk net onnatuurlik.

Ons hou van Sisley se nuwe Longwear Liquid eyeshadow, vee dit met jou vingerpunte aan. Vir meer effek wend nog ‘n lagie aan. ‘n Roomoogskadu wat hou en hou.
Chanel Ombre Premiere Longwear Cream Eyeshadow (R740)

3. Moet nie van jou wenkbroue vergeet nie

Jou wenkbroue dien as ’n raam vir jou oë, daarom is dit ’n uiters belangrike stap in jou grimeerroetine. Dink daaraan as ‘n afronsdingstegniek vir jou aandgrimering. Vul altyd jou wenkbroue in, dit gee jou ’n natuurlike ‘ontrimpeling’ en ook meer definisie aan jou gesig.


Wenk: Maak ook seker jou wenkbroue is reg gevorm en gevul, of jy nou ’n wenkbroupoeier, jel of potlood verkies, moet net nie van jou wenkbroue vergeet nie.

Chanel La Palette Sourcils (R1065) Hierdie wenkbrou stelletjie het als wat jy nodig het en hou werklik jare lank. Ek gebruik nou al vir die afgelope 4 jaar dieselfde palet (byna elke dag!)

4. Maklike wimpers

Marlinette sê “’n paar ekstra lagies maskara maak al die verskil om oë te beklemtoon. As jy dalk kans sien, gee natuurlike vals wimpers ’n pragtige effek – veral vir aandgrimering.”

Ons het al ’n paar keer die Eylure Lashes Pre Glued Naturals No 031 (R79,95 Dis-Chem) getoets en is werklik beïndruk daarmee, die wimpers kom gereed met ’n strokie gom op die wimper self. Al wat jy hoef te doen is die wimper van die verpakking aftrek (met ’n haartangetjie) en so naby as moontlik teen jou wimperlyn vasplak. Die wimper trek ook maklik genoeg af, en jy kan dit weer gebruik. G’n gesukkel met wimpergom nie.

Eylure Lashes Pre Glued Naturals No 031 (R79,95 Dis-Chem)

5. Probeer die gesig lig (snatching) tegniek

Die snatching tegniek is tans ’n gewilde alternatief vir kontoergrimering. Dit is ’n grimeertruuk wat met slim plasing van verbloemer die effek van ’n face lift skep. Cheryl verduidelik – gebruik ’n verbloemer (of ligter skakering onderlaag) onder die buitehoeke van jou oë – en meng dit opwaarts na jou slape. Hierdie tegniek beklemtoon die area en skep die illusie van wangbene wat “gelig is”

6. Lippe

Lipstiffie is terug (seker al vir ’n geruime tydjie, maar ons is steeds baie opgewonde daaroor!). Die reël is gewoonlik om een fokuspunt vir jou gesig te kies, óf ooggrimering óf ’n kragtige lip, maar deesdae kan albei saam gedra word.

Hier is ’n paar lipstiffiewenke:

  • Vir ’n lipstiffie wat hou en hou – kies een met ’n mat afwerking op jou lippe – dit hou natuurlik die langste.
  • ’n Nude lipstiffie lyk byna mooi by almal – onthou net, kies een wat nie ligter as jou eie velkleur is nie, dit kan jou maklik laat vaal lyk.
  • Helder lipstiffies is terug – pienk, oranje of rooi – dra jou gunsteling helder skakering met selfvertroue.
Glansende lippe – ’n Nuwe gunsteling in die Stylvolkantoor Sisley Paris Phyto Rouge Shine (R850) – ’n lipstiffie met helder skakerings, wat lyk soos ’n lipglans en voel so sag soos ’n lipsalf op jou lippe.

Lees Skoonheidsnuus; lippe is terug hier.

7. As tyd knyp, los die vloeibare oogomlyner

Hierdie een vang ons keer op keer en dit gebeur so baie met ons. Verbeel jou jy’s amper gereed om by die deur uit te loop en spook met daardie perfekte opwip katoog met vloeibare oogomlyner. Die een oog kry mens altyd reg, en die ander een is ’n ramp. Jy vee skoon en probeer weer en nogmaals weer.  Dus het ons al geleer – hou eerder die vloeibare oogomlyner vir wanneer jy tyd het en rustig kan klaarmaak.

Cheryl se wenk: Gebruik ’n sagte kohl oogpotlood teenaan jou boonste wimperlyn en blend die lyn met ’n sagte borseltjie vir ’n sagte rokerige oog voorkoms. As jy klein oë het – omlyn net die buitenste hoeke van jou oë (bo en onder) dit sal jou oë meer oop en groter laat vertoon.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die beste skeerwenke vir melkbaarde, hardebaarde en selfs volbaarde
error: Content is protected !!