Alicia Buckle: 5 moet-hê grimeerprodukte en raad

Beeldskone en bekende grimeerkunstenaar Alicia Buckle deel graag met ons 5 grimeerprodukte wat elke vrou in haar grimeertassie moet-hê. Sy wys ook van haar gunstelingprodukte en jy sal verbaas wees om te sien watter goedkoper produkte sy ook gebruik! “Met onderlaag, ’n verbronser, maskara en ’n lekker lippie, voel ek, is ek 100% reg om die dag aan te pak” sê Alicia Buckle. Lees haar raad, wenke en gunstelingprodukte hieronder: Deur Justine Kroes

1. Die regte voorbereidingslagie (primer)

Ek is rêrig baie lief vir ’n primer – en ek kan werklik die verskil aan my vel sien wanneer ek ’n primer gebruik. Onthou, wend jou primer eers aan ’n rukkie nadat jy jou SBF aangewend het. Dit gee elke produk kans om te doen wat dit moet en eers goed te sit op die vel voordat die volgende lagie aangesit word.

Maak seker jy kies die regte formule vir jou veltipe sê Alicia

Normale tot kombinasievel

As jou vel normaal of ‘normaal tot kombinasieveltipe is – kies ‘n primer met ’n waterbasis emulsie om seker te maak hy vorm ’n “borrellagie” onder jou grimering, iets soos Neutrogena se Hydro Boost Water Gel.

Neutrogena Hydro Boost Water Gel (R164,95 Foschini)

Olierige vel

As jou vel geneig is om meer olierig te wees, kies ’n primer wat ’n hoë persentasie silikoon bevat, hier is Benefit se PoreProfessional primer beslis ’n gunsteling, Smashbox se Photo Finish Primer is nog ’n gunsteling.

Benefit POREfessional Primer (R990 value size)
Smashbox Photo Finish Foundation Primer (R550)

Droë vel

As jou vel droog of “volwasse” is soos ons dit eerder noem, dan wil ’n mens graag ’n klein, bietjie radiance en glans aan die vel terugbesorg. My topwenk – gebruik dan ’n olie as jou voorbereidingslagie. ’n Paar gunstelinge – die Pomegranate Oil van Royale (100% granaatolie met ’n klein bietjie vitamien C en CBD daarby) is lieflik. As jy dalk huiwerig is om ’n olie gebruik, kies dalk ’n lekker vogtige ryk room soos Simply Bee se Propolis Balm. Albei is lekker ryk produkte wat net bietjie lewe onder jou grimering gaan gee en daardie glans aan jou vel terugbesorg.

Royale Pomegranate Vit C & CBD Face Serum (R350)
Simply Bee Propolis Balm (R273)

2. Die regte onderlaag

Die regte onderlaag is die heel belangrikste stap, jy kan Jimmy Choo skoene dra en ’n Louis Vuitton handsak, maar as jou onderlaag verkeerd is,sal selfs jou handsak en skoene nie jou voorkoms kan red nie.

My topwenk vir wanneer jy reeds die perfekte kleur van ’n spesifieke handelsmerk gebruik, maar graag ’n ander handelsmerk wil uittoets, gebruik die webstuiste  www.findnation.com. Dit gooi dan vir jou ’n hele paar ander onderlaagopsies uit wat die naaste of identies is aan jou huidige handelsmerk se kleur. Dit is vir my so waardevol om te gebruik omdat elke produk en handelsmerk se skakerings en name verskil.

Het jy geweet 70% van Suid-Afrikaners se vel het ’n effense geel ondertoon? Dus gebruik ek graag onderlaag wat ’n effense geel ondertoon het, dit laat jou natuurlik en gesond lyk.

Olierige vel

Estee Lauder se Double Wear is ’n gunsteling wat hou en hou. Wees wel versigtig, dit kan jou gelaat dalk effens wit laat lyk op fotos waar daar baie ligte flits. My raad is altyd, vermy om dit te gebruik in die aand. Wet & Wild se Photo Focus onderlaag is ’n fantastiese sakpas-opsie vir olierige velle.

Estee Lauder Double Wear Foundation (R685)
Wet n Wild Photofocus Foundation (R119,95)

Normale/kombinasie velle

RVB is ’n baie mooi produk wat goeie bestanddele bevat, ’n all-rounder produk wat goed werk vir ons Suid-Afrikaners se velle.

RVB Lab Hydra Booster Foundation (R620)

Getinte bevogtiger

As jy net effense veldekking verkies, gebruik dalk ’n getinte vogroom. Een wat regtig baie goed is vir jou vel is Heliocare se Tinted Moisturiser met ekstra beskerming teen die son.

Heliocare 360 Color Gel Oil Free SPF 50 (R455)

Droë vel

As jy ’n droë vel het en jy hou van van ’n onderlaag wat meer glansend is, kies dan LA Girl se Pro Coverage HD. Nog ’n gunsteling in my tassie is die nuwe Forever Natural Nude van Dior. Vir ouer “volwasse” velle is Chanel se Vitalumiere onderlaag altyd tops.

LA Girl HD Pro Coverage Illuminating Foundation (R145)
Dior Forever Natural Nude Foundation (R1070)
Chanel Vitalumiere Satin Finish Foundation (R1065)

3. Die regte skakering verbronser (bronzer)

Die regte verbronspoeier kan so baie vir jou gelaat doen. Dit kan dimensie skep, jouself “maerder” toor, gebruik dit om te “lig” en te kontoer. As grimeerkunstenaar is dit een van die heel belangrikste stappe, enigiiets wat pla kan jy met ’n skaduwee wegtoor of regmaak.

Die regte kleur vir die verbronser is ook baie belangrik, onthou om so min of meer 3 skakerings donkerder te gaan as jou natuurlike velskakering. Die ondertoon van jou verbronser moet liefs grys wees, bly weg van ’n geel ondertoon hier. As jy sukkel om die regte skakering verbronser te vind, gebruik dan ’n donkerder skakering onderlaag in sy plek. Ek gebruik graag roomgebaseerde produkte omdat ek dit makliker kan “blend”.

Van my heel gunsteling verbronsers om te gebruik is die beste contouring stokkie in die hele wêreld: Fenty Beauty se kleur in Mocha (beautiqueSA of Muse beauty)

Nog produkte wat ek graag gebruik is Dior se Backstage Face Glow Palette of Smashbox se Contouring Palette. En ’n lieflike sakpasopsie is Catrice se Sunkissed Bronzer in nommer 010 (pragtig en perfekte grys ondertoon).

Dior Backstage Face Glow Palette (R1025)
Smashbox Contour Kit (R780)
Catrice Sun Lover Bronzer, Sun Kissed Bronze (R125)

4. ’n Natuurlike oogskadu en ’n lekker maskara

In my werkswinkels vertel ek graag “Daar moet ’n rede wees vir elke grimeerstap, byvoorbeeld onderlaag om toe te maak wat pla, verbronser om te lig of diepte te skep. Kyk altyd eerste wat pla – dit sal bepaal waar en hoe jy elke druppel grimering aanwend. Dieselfde geld vir ooggrimering, wend dit aan waar jy ’n skaduwee wil maak om dalk ’n velletjie wat hang te verbloem, of as jy graag jou oë groter en oper wil maak.”

Deesdae gaan ooggrimering minder oor kleur en blink, die fokus is eerder op natuurlike oogskadu. Produkte wat dimensie en diepte skep rondom jou oë. Om met natuurlike skakerings te werk is regtig die heel beste vir elke dag se dra, en hou vir nou die formulering mat.

Oogskadu

Een van my gunsteling palette wat ek self in my eie grimeersakkie ronddra is Dior se Backstage 001 Warm Neutral Palette, dit bevat die mooiste natuurlike bruine.

MAC Cosmetics se oogskadu-skakerings wat ek graag ook gebruik is texture en harmony.

MAC Cosmetics Eyeshadow in Texture (R290)
Dior Backstage Eye Palette (R1070)

Jy kan selfs die Catrice Sunkissed Bronzer in die vou van jou oog gebruik om definisie en diepte te skep.

Wet & Wild se oogskadus is ’n sakpas-opsie en steeds baie goeie kwaliteit.

Oogpotlood

Een ding wat baie vroue verkeerd doen – hulle gebruik steeds swart oogpotlode – kies eerder ’n bruin potlood, vir ’n sagter en meer natuurlike oogvoorkoms.

’n Paar gunstelinge is MAC se oogpotlood in skakering Teddy en Essence se Longlasting Eyeliner in Chocolate Brown

MAC Cosmetics Eye Kohl in Teddy (R290)
Essence Long Lasting Eye Pencil (R37)

Maskara

Ons almal (ek inkluis) sukkel om daardie perfekte maskara te vind. Boonop verkies ons almal verskillende borseltjies, sommiges waterdigte formules en ander nie.

’n Paar van my gunstelinge wat ek graag aan ander dames sal voorstel, is Max Factor Masterpiece Mascara, MAC se In Extreme Dimension Mascara (R380) en L’Oreal se Paradise en Telescopic maskaras.

5. ’n Lipstiffie wat lank hou

’n Mooi lipkleur kan so baie vir jou doen. En ’n natuurlike “nude” skakering lyk goed op byna elkeen. Maak net seker dat die skakering nie ligter as jou velkleur is nie, anders sal dit jou gesig aftrek en vaal laat lyk.

In hierdie stadium, solank ons maskers dra, kyk ons meer na mat lipstiffieformules omdat ditnet soveel langer aanbly.

Gunstelinge is OFRA long lasting lipstick in Atlantic City, my gunsteling rooi skakering! MAC se kind of sexy in Nude.

OFRA Long Lasting Lipstick in Atlantic City (R370)
MAC Cosmetics Matte Lipstick in Kinda Sexy (R270)

Vir nog van Alicia se handige wenke, raad en stap vir stap video, volg vir Alicia op Instagram hier.

Lees ook: Drie vroue se geheime vir glansende vel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
onderverf
Wat is die onderverf-grimeertegniek en hoe doen jy dit?
error: Content is protected !!