PRP, meer as net ’n bloederige gesigbehandeling en 9 redes waarom ons gaande is daaroor

Getoets en gekeur, Suzanne en Justine het die behandeling wat bekend staan as die “vampire facial”, die PRP (plaatjieryke plasma) behandeling getoets by Dr Jan Nel van CTDR Aesthetics. Ons verduidelik meer volledig wat die PRP behandeling behels, gee 9 redes hoekom ons daarvan hou asook die moets en moenies voordat  jy jou eie PRP behandeling aanpak. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

21/10/2022

Wat is PRP en wat doen dit?

PRP is ’n tipe groeifaktor-stimuleringsterapie (growth factor stimulate therapy) wat oorspronklik in die mediese veld gebruik is om heling in beserings, soos sportbeserings te bewerkstellig. Dit is meer onlangs begin gebruik vir estetiese doeleindes deurdat daar bewyse was van die herstel en sneller generering van nuwe selle vir selvernuwing.

So werk die PRP behandeling:

Na jou konsultasie word bloed uit jou arm getrek en gespin in ’n centrifuge. Hier skei die plaatjie-ryke plasma dan van jou bloed. ’n Die goue lagie (wat gebruik word) is dan vol van jou eie plaatjieryke plasma.

Dr Jan Nel hou die plaatjieryke plasma vas

Dr Jan merk dan presies waar die PRP ingespuit sal word.

Hierdie plaatjieryke plasma word dan met ’n super dun naald in jou vel, nek en decolletage area ingespuit nadat jou vel eers met ’n verdowingsmiddel voorberei word.

Die velhernuwing begin onmiddelik na die inspuitings en dit neem gewoonlik ’n paar dae tot weke voordat jy resultate sien. Jou liggaam genereer dan kollageen en herstruktureer jou velselle.

Jou dokter of estetiese terapeut sal hierna mikronaaldterapie op jou vel gebruik om seker te maak al die plaatjieryke plasma word goed deur jou vel opgeneem.

Celeste gebruik mikronaaldterapie op Suzanne

Skeduleer hierna jou opvolgbehandeling. Dit kan binne een tot twee maande vanaf jou laaste behandeling gedoen word. Hierna word ’n opvolgbehandeling elke ses tot 12 maande aanbeveel.

9 redes hoekom ons van die PRP behandeling hou:

1. Dit is natuurlik

Dit is een van die natuurlikste prosedures vir selhernuwing – jou eie groeifaktore stimuleer jou eie selle om die werk te doen met langdurige resultate daarby. Dis veral ’n goeie opsie vir vir vroue wat skrikkerig is vir byvoorbeel botoks of vullers en met iets meer natuurliks wil begin.

2. Glansende vel

Die groeifaktore in jou PRP hits nuwe velproduksie aan en stimuleer die produksie van kollageen. Kollageen is wat vir ons daardie jeugdige, glansende velvoorkoms gee. Die PRP sorg ook vir eweredige veltoon, verminder die voorkoms van donker kringe, versag fyn plooie, en verbeter ook die voorkoms van ’n sonbeskadigde vel

3. Goed vir delikate oogarea

Veral ’n goeie opsie vir die delikate onder-oogarea – die ryk proteïenplasma bevat voedingstowwe wat kollageen- en elastienproduksie bevorder. Die resultaat? ‘n Fyner en gladder veltekstuur, koebaai fyn plooie en donker kringe!

4. Ook vir sensitiewe velle

Daar is geen gevaar van allergiese reaksie nie omdat jou eie bloed gebruik word.

5. Ander innoverende gebruike

Die meeste mense gebruik PRP op die gesig-area, maar dit kan ook op ander dele van jou lyf gebruik word, veral vir haarverlies in beide mans en vroue. Ook vir sportbeserings en akneelittekens, die v-shot en die p-shot (lees meer hier).

6. Geskik vir byna enigiemand

Byna almal, behalwe pasiënte met bloedsiektes, is geskik vir PRP. Dit is veilig om te gebruik tydens swangerskap en borsvoeding, en ook vir vroue wat nie sekere chemiese behandelings mag ondergaan weens kankerbehandelings, omdat jou eie bloed gebruik word.

7. Vinnige prosedure

Die prosedure van begin tot einde neem nie langer as 45 minute tot ’n uur nie. Dus hoef jy nie baie tyd uit jou besige skedule af te staan hiervoor nie.

8. Min tot geen aftyd

Daar is min tot geen aftyd na hierdie prosedure nie. Jou vel mag dalk vir so ’n rukkie rooi wees van die inspuitings en mikronaaldterapie maar jou plaatjieryke plasma moedig vinnige genesing van jou vel aan en is ook anti-inflamatories, dus sal jou vel vinnig terugkeer na normaal. Jy mag dalk effense kneusing ervaar op gedeeltes, maar niks ernstig nie.

9. Langdurige resultate

As jy vergelyk hou botoks maar net drie tot ses (as jy gelukkig is) maande maar die PRP se resultate hou veel langer. Die beste resultate behoort so ses tot agt weke na jou behandeling gesien te word en het ’n langdurige uitwerking op jou vel soos wat die selvernuwing aanhou plaasvind. En daar word opvolgbehandelings ses tot twaalf maande na jou eerste behandeling gedoen.

Justine en Suzanne se ervaring met die PRP behandeling

Suzanne sê;

Ek het al ’n paar keer PRP-gesigbehandelings gedoen oor die jare. En alhoewel dit verskillende metodes van inspuit en doen was, was die resultaat van glansende vel altyd daar! Ek hou veral daarvan dat my eie groeifaktore gebruik word om my eie kollageen te stimuleer. Ek kan nie wag om ook te sien hoeveel fermer my vel so binne ’n maand gaan wees nie.

My rooiheid het net een dag gehou en my vel was wel effens sensitief die dag na die behandeling. Dit het amper gevoel soos daardie groot, seer blinde puisies onder die vel as ek daaraan gevat het, maar dit was natuurlik net kneusing.

Justine sê

Ek gaan nie vir julle sê ek was nie bang nie, want ek was (effense naald fobie)! Maar ek kan eerlik sê daar is niks om voor bang te wees nie. Ons is genooi vir ’n aand by vriende (die aand van my PRP behandeling) en ek het gedink ek gaan so rooi soos ’n tamatie daar instap en het hul selfs vooraf gewaarsku. Maar dit was glad nie die geval nie – hulle het eintlik opgemerk hoe glansend en gesond my vel lyk.

Direk na die behandeling

Die dag na die tyd was my gesig effens gevoelig, veral toe ek buk om iets op te tel – sekerlik net die al die bloed wat na my gesig toe gevloei het.

Dit is nou presies ’n week later en my vel lyk glansend en gesond – ek kan nie wag om te sien hoe dit oor ’n paar weke gaan lyk nie.

Die moets en moenies voor en na PRP behandeling

Voor jou PRP behandeling;

  1. Probeer om nie grimering te dra nie
  2. Staak die gebruik van enige aktiewe bestanddele soos Retinol 72 uur voor behandeling.
  3. Eet iets kleins voor jou behandeling – die trek van bloed maak party mense duiselig. Hoewel daar net ’n baie klein hoeveelheid bloed getrek word, sal ’n ete vooraf ’n goeie idee wees.
  4. Bly gehidreerd – drink ’n klein bietjie meer water vanaf 24 uur voor die behandeling, dit vergemaklik ook die bloedtrek proses.
  5. Moet nie enige anti-inflamatoriese of bloedverdunningsmedikasie 48 uur voor of na jou behandeling gebruik nie – die medikasie verdun die bloed en inhibeer of deaktiveer jou bloed plaatjies. Dit sal die effektiwiteit van die behandeling benadeel.
  6. Deel enige mediese kondisie soos diabetes byvoorbeeld met jou dokter. Jou suikervlakke sal ook vooraf geneem word.  

Na jou PRP behandeling:

  1. Moet nie aan jou vel raak of was vir ’n minimum van 6 ure of verkieslik 12 ure na jou behandeling nie.
  2. Vermy enige sonblootstelling, indien nodig wend eers 2 ure na jou behandeling sonskerm aan.
  3. Vermy enige aktiewe bestanddele, byvoorbeeld Retinol of chemiese afskilferaars, gebruik die nasorgroom of serum wat deur jou dokter aangebied word.
  4. Moet nie rook of drink vir 72 uur na jou behandeling nie.
  5. Vermy ’n warm bad of sauna vir die eerste paar dae na jou behandeling.

Meer oor dr Jan Nel

Nadat dr. Nel sy meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, het hy ’n twee jaar lange Meestersprogram in estetiese medisyne en terapie aan die Universteit van Camerino in Rome, Italië behaal, waar hy met onderskeiding geslaag het

Volg dr Jan Nel op Instagram @ctdr_aesthetics of besoek www.capetowndoctor.co.za vir meer inligting.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kopvel
Wat probeer jou kopvel vir jou sê?
error: Content is protected !!