5 van die mees algemene Botoks-mites word beantwoord. Jy is dalk huiwerig om Botoks te probeer omdat jy Botoks assosieer met een van hierdie 5 Botoks mites. Estetiese mediese dokter, Dr Carolyn Whale verduidelik hoe onakkuraat hierdie mites werklik is
Mite 1: Botoks is giftig en moet liefs vermy word.
Dr Whale sê “Botoks is baie veilig om te gebruik en word al vir die afgelope 20 jaar as ’n suksesvolle teenverouderingsmiddel gebruik”.
In Suid-Afrika maak ons gebruik van ‘Botox sub type A’ van handelsname soos Allergan en Galderma. Hierdie produkte is veilig en is al op miljoene pasiënte regoor die wereld gebruik. Daar is ook ’n groot aantal kliniese studies uitgevoer om die veiligheid van hierdie teenverouderingsmiddel te verseker.
Mite 2: Botoks is permanent
Nee, verduidelik Dr Whale; Botoks veroorsaak ’n tydelike ontspanning van jou spiervesels. Die resultaat hiervan is minder sigbare lyntjies en plooie. Omrede die gesigspiere wat gewoonlik hierdie lyntjies veroorsaak nou deur die Botoks geïnhibeer word.
Die effek van Botoks hou meestal drie tot vier maande. Hierna sal die pasiënt stadig sien hoe die fyn lyntjies en plooie terugkeer soos die normale spierfunksie weer begin toeneem.
Dr Carolyn Whale
Mite 3: Botoks laat my gesig geskok en gevries lyk
Botoks word baie akkuraat op sekere gedeeltes insgespuit om die gewenste effek te verkry. Dr Whale meen dat Botoks nooit ’n pasiënt onnatuurlik of geskok behoort te laat lyk nie, maar eerder uitgerus en verfris. Hierdie resultate word verkry deur die korrekte toediening van Botoks op spesifieke areas en deur eerder minder eenhede as te veel te gebruik.
Stylvol se raad: Nadat jy die “5 Botoks-mites beantwoord’ gelees het, Maak seker jy doen jou navorsing en maak gebruik van geregistreerde kundiges. Praat openlik oor wat jy deur die prosedure wil bereik en die eindresultaat moet wees. Begin altyd met minder en praat met jou dokter oor “baby Botox”.
Mite 4: Botoks word net gebruik vir teenveroudering?
Nee, Botoks word nie net in die estetiese veld gebruik nie, maar ook vir die verligting en behandeling van sekere mediese toestande.
Botoks word byvoorbeeld gebruik om verligting te gee aan pasiënte met oormatige sweetkliere (onder die arms, op die hande en ook voete).
Dit dien ook as verligting vir pasiënte wat sukkel met spanning, migraines en chroniese hoofpyn. Dit gee ook verligting aan pasiënte wat aan die kondisie ‘bruxisme’ (op tande byt en kners) ly. Botox word in die ‘Masseter’-spiere ingespuit om die aanhoudende kners en byt te verlig en so ook te inhibeer.
Dr Carolyn Whale
Pasiënte met die toestand ‘Bell’s Palsy’ of gedeeltelike gesigsverlamming kan deur die gebruik van Botoks meer simmetrie tussen die twee helftes van hul gesig vind, sê Dr Whale.
Mite 5: Botoks en vullers is dieselfde
Botoks en vullers is nie dieselfde nie, hoewel die twee gereeld saam gebruik word om ’n gebalanseerde estetiese voorkoms te bereik sê Dr Whale:
Botoks
Botoks word gebruik om spiere te ontspan en ’n varser, meer jeugdige voorkoms te skep. Dit word meestal gebruik op die fronsarea envoorkoplyne. Maar ook op waaierplooitjies (sogenaamde ‘crows feet’) langs die oë, fyn lyntjies langs jou mond asook sigbare lyne (bande) rondom jou nek.
Vullers
Vullers word gebruik om verlore volume te vervang wat minder raak namate ons ouer word. Ek maak in my praktyk gebruik van ’n hialuriensuurvuller. Dit skep volume op areas soos donker kringe onder die oë, hangwange (jowls) lippe en nasiolabiale voue om net ’n paar te noem. Vullers kan ook gebruik word om fyn tot diep plooie gladder te laat voorkom en laat ook die vel met ’n sigbare glansende gelaat.
Lees ook: Botoks alles wat jy moet weet