13 Wenke vir ’n gehidreerde wintervel

Dit is welbekend dat ons velle droër en stywer voel gedurende die lang wintermaande.  Die oorsaak hiervan is natuurlik verskeie redes soos klimaat en humiditeit wat verander, die warm binnevertrekke waar ons onsself meer dikwels bevind, uiterste koue temperature, die soorte kosse wat ons eet, en die geneigdheid om meer warm drankies te drink as net skoon, gesonde water. Kenner Zoya Nell van Isa Carstens Academy deel 13 wenke vir ’n meer gehidreerde wintervel hierdie winterseisoen. Saamgestel deur Justine Kroes

10/05/2024

1. Gereelde afskilfering is belangrik

Zoya Nell van Isa Carstens Academy verduidelik:  Wanneer die vel gedehidreer is, dan is daar ’n groter risiko van fyn velletjies wat ooglopend meer word, veral op jou voorkop, neus en wange.  Hierdie vel word ook baie maklik gestimuleer wat dan tot ’n permanente blos effek kan lei. Om hierdie te vermy, is die gebruik van ’n ligte afskilferingsproduk minstens 2 keer per week noodsaaklik.

Die gebruik van ‘n tuis afskilferaar gaan ontslae raak van al die dooie velletjies en boonop help dat jou produkte (serums en gesigroom) jou vel beter binnedring en effektief werk.

Zoya Nell Isa Carstens Academy

Die winter is boonop die ideale tyd om ’n kursus chemiese en selfs mikro afskilferingsbehandelings (chemical peels en microdermabrasion) te laat doen.  Hierdie behandelings is meer effektief as tuisbehandelings om die oppervlaktekstuur van jou vel gladder te maak, lyne minder sigbaar te maak, rekmerke ligter te maak, oppervlakkige pigmentasie uit te lig, en die “gloei” van die vel te stimuleer met sirkulasie na die vel toe. 

Met hierdie behandelinge bly sonskerm ’n daaglikse noodsaaklikheid – al reën dit! Is Zoya se raad.

Zoya Nell Isa Carstens Academy
NeoStrata® PHA Renewal Pads (R815 Dermastore)
Gatineau Age Benefit Multi Acid Peel (R925)

2. ‘n Serum is ’n moet

’n Serum is ’n produk wat ’n klein molekulêre struktuur het. Dit beteken hierdie gekonsentreerde bestanddele kan diep tot in die verskillende lae van die vel inbeweeg.  Dit word ook soms ’n ‘concentrated cocktail’ genoem wanneer daar verskeie komplementerende bestanddele ingesluit word.

Serums word aanbeveel om by jou dag of nag velsorgroetiene in te sluit. Vir die winter is ’n serum noodsaaklik en doen werklik baie meer as net hidreer.  Na gesigwas en afskilfering wend ’n hidrerende serum aan wat veral hialuroonsuur bevat. 

Lees hier vir 10 dinge wat jy omtrent hialuroonsuur moet weet

Huxley Grab Water Essence (R770 Dermastore)
The Ordinary Hyaluronic Acid 2% + B5 (R375 ARC Stores)
Norevexpert Laboratories Booster Serum with Hyaluronic Acid (R1100)

3. Probeer ’n gesigolie

Zoya verduidelik: Olie word oor die algemeen beter deur die vel ontvang omdat dit deur die haarfollikels tot dieper lae van die vel kan binnedring.  Olie het ook ’n belangrike rol om te speel in die epidermis (die boonste lagie van jou vel) se vele beskermingsmeganismes.

Baie van ons gebruik nie graag olies gedurende die dag nie omdat dit nie so lekker werk met grimering nie. Probeer gerus ’n olie om saans as nagbehandeling te gebruik, is Zoya se raad.

4. “Slugging” vir hidrasie

Die Tik Tok gewilde tendens van “slugging” verwys na die aksie om ’n redelike dik lagie petroleumjellie saans (of vir ’n tydjie) op jou vel aan te smeer. Die idee hieragter is om vogvlakke in jou vel te reguleer en te keer dat jou vel nie vog verloor nie – die petroleumjellie dien as ’n fisiese spermiddel op jou vel om niks in te laat nie maar so ook nie (vog) uit te laat nie.

Ons het vir velkenner Sonette Donker van www.skinfundi.com se raad gevra hieroor: “Slugging kan beslis gedoen word om ’n droë vel te verlig, of om vogvlakke in jou vel hoog te hou. Ek sou eerder sê dat suiwer petroleumjellie nie die beste opsie is om te gebruik nie. Ek sou aanraai dat jy eerder ’n velproduk gebruik wat dik is, soos ’n balsem met Byewas, Urea en Galambotter. Ek doen dit met die Dermaceutic Panthenol Ceutic, dit bevat Panthenol en Byewas en werk goed hiervoor” is Sonette se raad.

Zoya stem saam: Indien jou vel swaar kry, veral wanneer jy weet jy tyd voor die verwarmer of kaggel gaan deurbring, gebruik ’n balsemtipe produk vir nag of dag wat ondeurlaatbaar (‘occlusive’) is.

Dermaceutic Panthenol Ceutic (R640 Dermastore)
SBR Repair Cream (R180)
La Roche Posay Cicaplast Balm B5 (R255)

5. ’n Aanbly gesigmasker

As “slugging” dalk nie vir jou is nie, probeer dalk eerder ’n hidrerende of strelende gesigmasker. Wend altyd jou masker na jou tuisafskilfering aan. Kies ’n masker wat jy sommer lank kan aanhou of mee bed toe kan gaan.

As jy weet jy vir ure tuis voor die verwarmer of kaggel gaan deurbring, wend daardie masker lekker dik aan wat boonop sal verhoed dat daar enige trans-epidermale waterverlies plaasvind terwy die masker jou vel streel en hidreer.

Lamelle Serra Lipid Recovery Mask (R585 Dermastore)
Avène Soothing Radiance Mask (R350 Dermastore)

6. Sluit die volgende bestanddele in jou velsorgroetine in

Let op na jou produkte se bestanddelelys en maak seker jy sluit die volgende in, is Zoya se raad:

Chemiese afskilfering vir velhernuwing

Chemiese afskilfering met behulp van produkte soos alfahidroksiesuur (AHS), glikolsuur, betahidroksiesuur (BHS) en trichloorasynsuur (TCS), versnel die velvernuwingsproses en versag die voorkoms van fyn lyntjies en sonskade.

Anti-oksidante

Produkte met alfahidroksiesuur (AHS), retinol of bakuchiol help die velvernuwing aan terwyl, anti-oksidante soos Vitamien A, C en E help om die vel daardie ekstra hupstoot te gee.

Tydens die wintermaande is antioksidante, gebalanseerde olies en bestanddele wat hidrasie bevorder die fokus.  Daarmee saam is dit belangrik om bestanddele te gebruik wat die selfunksies aanhelp.  Al die antioksidante is voordelig vir die vel se selfunksies (sluit in resveratrol, niasinamied, feruliensuur, koënsiem Q10, polifenole).

7. Reguleer jou bad en stort temperature

’n Hoë temperatuur stroop die natuurlike olies van jou vel, wat moontlik ’n ongebalanseerde suurmantel van jou vel kan veroorsaak en lei tot ’n gedehidreerde vel.  Die warm temperature verhoog ook jou liggaam se temperatuur, wat sweet aktiveer en verdere dehidrasie van die vel veroorsaak.

 8. Wend dadelik na ’n bad of stort produkte aan

Zoya verduidelik “Droog slegs jou vel ligweg af voordat jy room aanwend. ’n Klam vel is meer absorberend. Dink so daaraan – water absorbeer beter op nat grond as droë grond wanneer dit reën.

Hoewel dit belangrik is om te weet ’n goeie kwaliteit room of serum gaan sy werk doen met of sonder ’n klam vel, verduidelik Zoya.

9. Moenie van jou lippe en hande vergeet nie

Uiterste koue temperature en die terugbeweeg na warm temperature binne kan ’n groot impak hê op die vogvlakke van jou hande en lippe. Indien jy voorsorg tref en gereeld ’n hidrerende lipsalf en handeroom gebruik, kan dit water en vogverlies van die lippe en hande voorkom.

Avène Cicalfate Lips Repair Balm (R155)
QMS Replenishing Protection Hand Cream (R485)

Belangrike leefstylaanpassings vir ’n meer gehidreerde wintervel:

10. Drink genoeg water

Onthou jy hidreer ook van binna na buite. Zoya sê: Om water te drink in die winter is ekstra belangrik, lou of warm water met vars suurlemoen is hoogs aanbevole omdat dit ook jou maag gesond hou.

11. Vermy verhitte vertrekke vir lang periodes

Wees attent om nie baie tyd in verhitte vertrekke of voertuie deur te bring nie. Dit sal die risiko vir dehidrasie verder verminder. Om knus voor die kaggel uit te span sal dan ook ’n impak hê tot ’n vel wat minder gemaklik en droog voel.

Jou vel gaan minder gemaklik en droog voel as jy tyd voor die kaggel

12. Aanvullings en gesond eet is belangrik

Zoya sê, met die regte aanvullings en dieet kan dehidrasie van die vel tot ’n mate voorkom word. Kies gepaste aanvullings, neem vetsure in deur gereeld olierige vis te eet, en probeer om geprosesseerde kosse te vermy.  Eet daagliks jou groen kosse om die minerale en vitamienes wat die vel ondersteun, hoog te hou. 

13. Kies jou klere versigtig

Nog ’n wenk – as jou vel reeds gedehidreerd of droog is, vermy dit liefs om sintetiese vesels te dra, of enige tipe klere wat vel irritasie veroorsaak of sweet kan aanwakker.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Lyk ryk: 10 begrotingsvriendelike wenke om afgerond te lyk
error: Content is protected !!