Wintervel SOS: 6 Bestanddele wat jou wintervelsorgroetine nou nodig het

Klink hierdie dalk vir jou bekend? ’n Vel wat styf, droog en trekkerig voel, ’n dowwe gelaat en selfs skielike velsensitiwiteit? Hierdie mag moontlik simptome wees van ’n koue winter met ekstra warm storte, Die uiterste temperature, koue lug en laer humiditeitsvlakke stroop vog uit die vel en verswak die vel se natuurlike beskermingslaag (jou sperfunksie).

As velsorgbestanddele vir jou soos ’n vreemde taal klink, moet nie bekommer nie. Ons deel vyf bestanddele wat jy in jou wintervelsorgroetine kan insluit: Deur Justine Kroes

1. Seramiede: Die “gom” van jou vel

Seramiede is lipiede(vette) wat natuurlik in die vel voorkom en noodsaaklik is om die vel se sperfunksie gesond te hou. Produkte met seramiede kan keer dat jou vel vog verloor en dit ook teen omgewingsfaktore (soos kouer temperature) beskerm.

Wat doen dit?

Dit help om te voorkom dat jou vel vog verloor, en beskerm teen eksterne aggressors wat jou vel beskerm teen velirritasie.

Waarom jou vel dit in die winter nodig het:

Koue weer en warm storte kan jou vel se beskermingslaag (sperfunksie) verswak, wat jou vel droog, jeukerig en sensitief laat voel. Seramiedes help om dié beskermingslaag te herstel en vog binne te hou. Dink daaraan soos om klein krakies in ’n muur toe te maak voordat koue lug insyfer. Kortliks verduidelik hou seramiedes (lipiedes) jou vel se sperfunksie gesond.

Kyk uit vir: Bevogtigers wat sê “barrier repair” of “ceramide-rich.”

2. Hialuroonsuur: Die vogmagneet

Moenie deur die woord “suur” afgeskrik word nie, hierdie bestanddeel is baie sag op die vel.

Wat doen dit?

Hialuroonsuur kom natuurlik in ons velle voor en werk soos ‘n glas water vir jou vel. Die slim bestanddeel werk as ’n bevogtiger en trek watermolekules aan wat velselle opplomp en jou vel hidreer. So ’n hialuroonsuur molekule kan tot ’n 1 000 keer sy gewig in water dra.

Waarom jou vel dit in winter nodig het:

Winterlug laat jou vel dalk met ’n droë en dowwe gelaat. Hialuroonsuur besorg daardie vars, gesonde en opgeplompte glans en hidrasie terug aan jou wintergelaat.

Gebruik dit so: Wend dit op effens klam vel aan en volg hierna met ’n hidrerende bevogtiger om sodoende die vog in te sluit en jou sperfunskie verder te beskerm. Produkte wat hialuroonsuur bevat, is oor die algemeen lieflik lig en het ook nie ’n olierige tekstuur nie, dit word blitsvinnig geabsorbeer en na gebruik voel ons velle werklik asof dit een groot sluk water geneem het.

Probeer gerus:

3. Niasinamied: Die alles-in-een wintervel held

As daar een ware multi-taak produk in velsorg is, is dit niasinamied (vitamien B3). En hoewel niasinamied nie direk bevogtig nie, help dit om jou sperfunksie te verbeter, sensitiwiteit te verminder en help dit ander bevogtigende bestanddele om meer doeltreffend te werk.

Wat doen dit?

’n Ware veeldoener en ‘n moet in enige winterroetine. Niasinamied (vitamien B3) versterk die velversperring (sperfunksie), verminder rooiheid en help om enige vel- verstoppings te reguleer wat met hormonale of stresverwante winterpuisies kan opduik. Dus kalmeer dit die vel, versterk die beskermingslaag en balanseer olievlakke en veltoon vir ’n meer meer egalige gelaat.

Waarom jou vel dit in die winter nodig het:

Die winter se uiterste temperature kan jou vel se sperfunksie belemmer.  Sommige dele van jou vel kan uitdroog terwyl ander skielik olierig voel. Niasinamied help om balans te herstel en versterk terselfdertyd die vel se sperfunksie.

Bonus: Dit werk gewoonlik goed saam met die meeste ander bestanddele.

Probeer gerus:

4. Retinol: Die velvernuwer

Retinol is een van die mees bespreekte velsorgbestanddele en daar is goeie rede daarvoor. Voordele sluit in ’n vel wat gladder is, glansend is, met minder plooitjies en lyntjies en minder pigmentasie en minder puisies.

Wat doen dit?

Dit versnel die vernuwing van velselle en help om kollageenproduksie te stimuleer, wat die voorkoms van jou vel se tekstuur, fyn lyntjies en ’n dowwe gelaat verbeter.

Waarom jou vel dit in die winter nodig het:

Die winter is ’n goeie tyd om retinol te begin gebruik omdat mense dikwels minder tyd in harde sonlig deurbring.

Onthou van die gewoondmaakproses:

Hou wel in gedagte, retinol kan aanvanklik veldroogheid veroorsaak, daarom is dit belangrik om jou retinol met hidrerende produkte te kombineer. Begin ook stadig met die gebruik van jou retinol. Om velsensitiwiteit en newe-effekte te voorkom, is dit belangrik dat jy jou vel gewoond maak aan retinoïede deur dit stelselmatig te begin gebruik. Vir die eerste twee weke, twee keer per week en daarna drie of selfs vier of vyf keer per week. Dit is egter belangrik om daardie balans te vind waarmee jou vel gemaklik voel.

5. Squalane: Die vel versagter

Squalaan is ’n versagtende middel wat van plante afkomstig is en die vel se natuurlike sebum naboots. Dit is uitstekend om die vel te versag, die sperfunksie te herstel en te hidreer sonder om olierig te wees. ’n Goeie keuse vir sensitiewe velle.

Wat doen dit?

Dit help om vog in die vel in te seël, versag droë areas en laat die vel gladder en meer soepel voel, sonder om swaar of vetterig aan te voel.

Waarom jou vel dit in die winter nodig het:

Squalane help om daardie verlore vog terug te besorg en skep ’n beskermende laag wat keer dat die vel verder uitdroog. Dit is veral ideaal vir vel wat in die winter styf, skurf of trekkerig voel.

Bonus: Dit is geskik vir die meeste veltipes, selfs sensitiewe en olierige vel.

Probeer gerus:

6.  Vitamien C: Jou glansversterker

Die winter laat jou soms met ’n dowwe gelaat en ’n vaal veltekstuur wat moeg lyk.  Vitamien C is ’n kragtige anti-oksidant en help veral om jou vel te beskerm teen UV strale en besoedeling. Dit maak dit ideaal om dit bedags te gebruik.

Wat doen dit?

Vitamien C is ’n antioksidant wat help om die vel helderder te maak en teen omgewingskade te beskerm. Vitamien C neutraliseer vrye radikale wat ons vel se DNS beskadig. Vitamien C kan help om pigmentasie ligter te laat lyk, aangesien dit melanien (die pigment wat verantwoordelik is vir ons vel se kleur) produksie kan help onderdruk.

Waarom jou vel dit in die winter nodig het:

As jou vel hierdie winter moeg of ongelyk lyk, kan Vitamien C help om daardie vars glans terug te bring. Vitamien C bevat anti-inflammatoriese eienskappe wat rooiheid kan help verminder en jou gelaat meer eweredig kan laat lyk. Dit tesame met die vermindering van vlekke en pigmentasie, kan jou vel meer glansend laat lyk.

Wenk: Gebruik dit soggens onder jou sonskerm.

Probeer gerus:

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sorg en skoonmaak van jou haargereedskap
error: Content is protected !!